RSS

Beindruk jouself met spinasie wraps

05 May

As Thai cuisine dit kan doen, wat verhoed die Boere om ook bietjie mal te gaan en snackies te maak waar die gaste hulle eie werk kan doen?

Sorg dat jou spinasie blare behoorlik gewas, en droog is.  Dit sal darem sleg wees as ‘n gas girts-girts aan sand!

Sny die blare in redelike groottes, ongeveer 7cm x 7cm.  Dis nou net rofweg gedink – wrap jouself so ‘n paar, en besluit of jy te min, of te veel blaar het.

In klein bakkies sny jy die volgende goedjies in klein-klein stukkies:

  Suurlemoen – in blokkies van omtrent 0.5cm x 0.5cm x 0.5cm.  Dus:  skil af (asseblief, die wit moet ook weg, dis bitter), sny in skyfies, en sny ‘n skryfie of 3 in blokkies.

  Skil die gemmer af, en sny in fyn, lang repies.  Te groot stukke is ‘n skok op die ongeoefende tong.

  Klein blokkies of repies kaas.  Sagte of harde kaas.  Stink kaas, blou kaas, enige kaas – solank dit by is.

  Grondbone.  Ongesout.  Verkieslik sonder die rooi vel.

  Groen of rooi chillies, opgesny in wieletjies – pitte in, of pitte uit.

  Klapper.  Neem ‘n handvol en ‘toast’ dit in ‘n droe pan.

  Lemongrass.  Wat kan ek se.  Hierdie hemelse geur sny jy in wieletjies so dun soos jou nael, en jy eet asof more geen son gaan he nie – hierdie geur het ek leer liefkry deur Tom Yum soup, en nou besing ek die skone smaak gereeld.

    Die magic ingredient van hierdie wraps, is die sous wat jy in ‘n bakkie sit, en sodra die gaste hulle wrap gepak het met stukkies van iets, en dit toegedraai het, gooi hulle ‘n bietjie van die sous met ‘n teelepel, by die een punt van die wrap in, en hap, kou en ‘oe en aaah’ oor die lekkertes.

Souse kan wees:  ‘n sweet chilli wat jy gekoop het, of maak ‘n sous van heuning en soya sous wat gemeng is tot ‘n sout-soet heerlikheid, of selfs bietjie molasse stroop, verdun met bietjie suurlemoensap.

Nie jou gewone wrap, die ene nie, maar gewis een waaroor daar lank nog gepraat sal word.  Veral jou voorsit daarvan, moet die spoegkliere aanhelp!  ‘n Groot bak met die blare in die middel, omring met klein bakkies van verskillende vorme en verwe, en jy het ‘n wenner.  En niks verhoed jou om ander vulsels te bewerkstellig nie.

 

 
1 Kommentaar

Posted by op Mei 5, 2008 in Lekker maklike kos

 

One response to “Beindruk jouself met spinasie wraps

  1. boendoe

    Mei 9, 2008 at 1:21 nm

    Ek het nou die dag “The truth about Food” op BBC Food gekyk. Spinasie IS goed vir jou!! (vir jou oe, veral) Het jou mos gese!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: