RSS

Het jy ‘n drukkoker?

06 May

Ek kan ‘n ode skryf aan my drukkoker, en ek het noudie dag nog een present gekry van ‘n tannie wat getrek het.

As jy nie een het nie, wil ek jou ten sterkste aanraai om hierdie winter een aan te skaf.  Jy kan in ‘n japtrap sop, bredie, gevriesde vleis of taai tarentaal, in ‘n watertand ete omskep.  En jy sal nooit weer terugkyk nie.  Slowcookers is vir iemand wat die oggend al weet wat op vanaand se spyskaart is, en dit werk ook net as EKSDOM hulle deel doen.

Die drukkoker kan jy op die Cadac sit, en binne ‘n uur die monde laat water!

Moenie bang wees vir die instrument nie – dit byt nie, bars nie, en ontplof nie.  As jy eers weet hoe dit werk, is daar geen keer aan jou kullinere vaardighede nie.

 

 
7 Kommentaar

Posted by op Mei 6, 2008 in Lekker maklike kos

 

7 responses to “Het jy ‘n drukkoker?

  1. krista

    Mei 6, 2008 at 5:38 nm

    Jy kook blikkies kondensmelk 45 minute in die stoompot en siedaar: heerlike karamel!

     
  2. Skoor

    Mei 7, 2008 at 9:09 vm

    Krista, ek ken daai, maar kan van kleins af nie dit in my lyf kry nie. Ek het een maal ‘n OD op karamel gedoen, en toe het die wiele gedraai.

    Dankie egter vir die wenk – ek is nie ‘n soettand nie, behalwe tjoklits as die pms byt, so miskien kan jy laat weet of die blikkie in die water moet wees, of hoeveel water sit jy in die pot?

     
  3. krista

    Mei 7, 2008 at 6:55 nm

    Jy laat die blikkie op sy kant lê en hy moet net-net toe onder die water wees.

    Haal eers die etiket van die blikkie af en krap die ekstra gom wat aan die blikkie vassit met ‘n mes af.

    As jy dit eers so geproe het, sal jy nie sommer weer die blikkies klaar karamel wat jy te koop kry vrywilliglik oor jou lippe laat gaan nie.

     
  4. Tercia du Plessis

    Augustus 23, 2010 at 10:54 vm

    Hi Krista, ek het nou vir die eerste keer in my getroude lewe (30jr) ‘n drukkoker gekoop. Ek is DOODBANG vir die ding – die rede – op hoërskool het ons kondensmelk in die drukkoker gekook, en een meisie se drukkoker het “ontplof” en die kondensmelk het die dak volgespat! Wat dink jy het daar gebeur? Te min water ingesit? Ons het gister lekker skaapskenkels daarin gekook (soos ‘n bredie) en ek het om die hoek gestaan toe my man die pot laat stoof afblaas! Doodbang, soos ek sê! Ek het nou ‘n elektriese een, stel my asb gerus dat niks sal gebeur nie – ek moet net genoeg water inhê???
    groete
    Tercia

     
  5. Frank

    September 17, 2011 at 9:24 nm

    As jy die kondensmelk gekook ,en druk die pot onder die koue kraan en maak dit dan oop kook die kondensmelk nog en ontplof.Die pot moet self af koel tot daar nie meer druk in pot is nie dan
    oop gemaak word.Jy was baie gelukig.
    Groete Frank.

     
  6. ekmyselff

    Augustus 25, 2016 at 10:29 vm

    Ek bang die ding, as kind meer as een maal gesien hoe hy reg deur die dak trek en hoe die kos en sous teen alles sit. Ek het n elektriese een en ek het nog net 2 maal (op die stoep) met hom gekook en daar moet altyd n vriendin bywees.

     
  7. Skoor

    Augustus 25, 2016 at 11:02 vm

    @ekmyselff, dit klink vir my net na ‘n verskoning vir ‘n kuier. Slim om die drukkoker die skuld te gee. Hoekom het EK nie daaraan gedink nie🙂

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: