RSS

Chicken a la King a la Skoor (want daar is altyd ‘n twist)

07 May

Dit raak winter, en die bredies en die comfort foods skree om gemaak te word.  Min dinge so lekker soos ‘n bord kos, of ‘n bak sop om die winterreens welkom te heet!

Chicken a la King is een van die geregte wat ek nooit volgens die resep maak nie.  Daarvoor is die lewe darem net te opwindend.  As ek op die einde lus kry om ‘n blik bone of ertjies by te gooi, dan doen ek dit – resepte is riglyne.  Nie wette nie.

Dink aan die smaak van gebraaide hoender leftovers, koesterend in die witsous – dit kan mos net lekker wees, daardie rokerige smaak!  Gebruik dus jou oorbly hoender (let tog maar hoe jy hoender hanteer – drie keer se voedselvergiftiging a.g.v. restaurant hoender het my manies gelaat) of maak die gereg van voor af.

Ek marineer graag my hoenderbors filette in suurlemoensap vir so ‘n half-dag of meer.  Borsvleis is geneig om droog te wees, en suurlemoen doen net dinge met hoender – glo my net.

Maak ‘n basiese witsous met botter, meel en melk.  Gebruik ‘n hand draadklitser, en sorg dat die klonte opgelos is.  Ongeveer 2 koppies witsous sal genoeg wees vir ‘n pakkie hoenderbors filette.  Meet met jou oog.

Sny die gemarineerde filette in repe, blokkies of sirkels, wat ookal vir jou gaan werk, en braai ‘n fyngesnyde ui in olyfolie of druiwepit olie tot bruin.  Roerbraai die hoenderstukke tot gaar – dit gaan vinnig – en draai die hitte af.  Voeg ‘n koppie of 3 gesnyde sampioene by.  Roer deur.

Neem ‘n huis knoffel, sny dit fyn, en roer in.  Voeg ‘n koppie hoenderaftreksel by.  Ek maak sommer Ina Paarman of Woolies se poeier aan, en voila, jy het stock.  Gebruik groente aftreksel as jy nie hoender het nie.  Dit werk ook.

Vat die witsous, en roer dit in die hoenderpot – dit raak lekker dun.  As jy meer vloeistof wil byvoeg, doen dit met nog aftreksel, of bietjie melk.  Sit die deksel op, en laat prut vir so 15 minute terwyl jy die rys regkry vir die maaltyd.  As daar te veel vloeistof in die pot is, laat die prutwerk gebeur sonder die deksel.  Voeg sout en peper na smaak in.

Bedien op rys.

Let wel:  as jy die boring, vaal weergawe wil he, moenie die uie bruin braai nie, en maak die hoender gaar oor ‘n laer hitte.  Sodoende karameliseer die uie en hoender nie, en kry jy nie bruin stukkies in jou wit sous nie.  Dit is jou keuse!

As jy gaar hoender-oorskiet in die gereg gaan gebruik, maak die uie gaar, gooi die hoender in, dadelik die knoffel en sampioene, en nog vinniger, die sous.

Chicken a la lekkertes, hierdie een!  

 
6 Kommentaar

Posted by op Mei 7, 2008 in Lekker maklike kos

 

6 responses to “Chicken a la King a la Skoor (want daar is altyd ‘n twist)

  1. Pikkelik

    Mei 7, 2008 at 2:27 nm

    Njam, njam… Ek nooit geweet mens kan oorskiethoender weer gebruik nie. Ek gooi dit altyd vir die honde (ontbeen natuurlik).

     
  2. Zee

    Mei 8, 2008 at 8:57 vm

    Ai, ek is altyd so dankbaar om te weet waar ek kan kom soek vir ietsie… Dankie weereens Skoor!

     
  3. Pikkelik

    Mei 9, 2008 at 9:26 vm

    Hi Skoor, sê my so bietjie wat anders as sop kan ‘n mens met rape maak???? Mynick, (die liewe ding 🙄 ) het by ‘n straatverkoper ‘n aartapelsak vol rape gekoop!!!!!!!!! Bid jou dit aan!

     
  4. Dellie

    Mei 27, 2008 at 9:48 nm

    Amen vir Chicken a la lekkerste!

    Ek het so effens ge-varieer (is daar so ‘n woord?) op jou resep. Het oorskiet hoender gehad, uie en sweet peppers (groen, rooi en geel) gebraai, 250g bacon bygebraai, toe pynappelstukke (klein blikkie), die oorskiet hoender en mushrooms. Natuurlik alles in olyfolie. Toe ipv witsous, die sap van die pynappelstukke gemeng met 50ml mushroom sop en 250ml room, alles laat prut vir 10 minute, en op rys bedien. En was nogal redelik vrygewig met vars gemaalde swartpeper. Uit die boeke uit! Dankie Skoor!😉

     
  5. skoor

    Mei 28, 2008 at 9:17 vm

    Naais Dellie – dis immers wat ek hier probeer weergee: Resepte is net ‘n gids tot oorvreet! 🙂

    Ek hou van die mushroom sop idee. Dit klink of dit die smaak van ‘n KFC rounder met pynappel kon he! Daai soet/sout kombinasie waaroor Hilda so aangaan…

     
  6. Joyce Fouche

    Julie 13, 2012 at 4:39 nm

    Baie dankie vir hierdie resep om liewer metode. Ek koop altyd die pakkies geursel en ek bly op ‘n plaas, en raai? Niks in die kas nie en ek kry vanaand gaste, hoender klaar gaar. Nou gaan ek gou hierdie Idees gebruik. Gelukkig het ek sampioene in die yskas.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: