RSS

Raap en skraap

09 May

Pikkelik soek raad met die sak rape wat HaarNickdaar aangebring het.  As dit MYNick was, sou hy rape vir die res van die maand geeet het.  Wat hy self moes voorberei!

Die Britte probeer vreeslik om die turnip te laat herleef, en self hier in SA kry jy dat restaurante ‘n raap tussen die geroosterde groentes indruk, en dit smaak nie te sleg nie.

Sny al jou groentes, wat gerooster gaan word, in min of meer dieselfde grootte.  Sit dit op ‘n bakplaat en sprinkel sout, peper en olyf olie daaroor.  Rooster in ‘n 200 grade oond tot gaar.  As jy op ‘n kragspaar oefening is, stoom die groente tot gaar, en dan grill jy dit vir kleur en geur.  Ook met die sout en peper en olyfolie oor.

Jy kan ‘n bykos maak van raap wat in blokkies gesny, gekook, en eenkant gesit is.  Neem ‘n pan en braai fyngekapte uie in olie tot bruin.  Haal uit die pan, en gooi spek, in blokkies gesny in, en braai tot lekker crisp.  Gooi die uie terug in die pan, neem fyngemaakte knoffel, en roer deur.  Voeg nou die raap blokkies by, en roer stadig deur dat die geure trou.  Voeg ‘n skeut room by, laat verdik op die lae hitte, en bedien as bykos by iets vleiserigs.  Vir ekstra woema, rasper ‘n sterk kaas bo-oor!

Rape werk ook as ‘mash’ en kan saam met aartappels in gelyke hoeveelhede gekook, dreineer, fyngemaak en warm gehou word.  Neem verhitte melk, en voeg bietjies vir bietjie by om mash lekker sag en hanteerbaar te kry.  Voeg sout en peper by, en voila, jy het mash met ‘n geheime bestanddeel.

Sny rape op soos wanneer jy aartappels gaan sny vir ‘slap chips’.  Kook tot 2/3 gaar, en laat dreineer en droog word.  Verhit olie, en braai soos chips.

Kook wortels en rape, weereens dieselfde groottes, tot sag.  Dreineer, maar hou van die kook water om by te voeg as dit te styf is.  Neem ‘n groot klont botter, en aartappel fyndrukker, en druk die wortels en rape tot ‘n growwe mash met heel stukke.  Sout en peper na smaak.

 
2 Kommentaar

Posted by op Mei 9, 2008 in Lekker maklike kos

 

2 responses to “Raap en skraap

  1. Pikkelik

    Mei 9, 2008 at 4:13 nm

    Dankie, dankie, dankie – kan jy jou dit voorstel – “Edelagbare, ons is onversoenbaar – daar kan nie drie in ‘n verhouding wees nie, dis ek, Mynick en ‘n sak rape. Een van die drie moet waai!”

     
  2. netjane

    Mei 9, 2008 at 6:39 nm

    Ek dink nie ek het in my lewe al ‘n raap geëet nie, maar nou het ek darem die resepte, net vir ingeval my Liefie so iets mal soos ‘n sak rape aanvang.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: