Christine Nel soek dringend na ‘n resep vir beskuit, gebak met kitsgis. Bietjie soek en krap, en ek kry dit toe.
Christine, die enigste vereiste is dat ek terugvoer soek oor hierdie baksel. Samples ook welkom! 😉
2 kg koekmeel
2 pakkies kitsgis
2 koppies suiker
1 e sout
3/4 koppie botter
3 koppies melk, gekook en afgekoel (sommer in die mikro gedruk)
1 1/2 koppies water
Gooi meel in menghouer, voeg sout en gis by.
Meng melk en water, en smelt botter en suiker daarin. Laat afkoel. (ek het nie ‘n clue hoekom die melk aanvanklik gekook moet word nie, search me!)
Voeg nat by droog, en knie vir ‘n goeie 15minute, maak toe en rys op warm plek tot dubbel die hoeveelheid.
Knie af, maak bolletjies en bak by 180 grade tot gaar.
Vir daai ekstra geur kan jy altyd anys bygooi.
Amanda Botha
Julie 24, 2008 at 12:16 nm
Is daar dalk iemand wat my kan help met die resep vir artappel suurdeeg asb.
Vic Viljoen
Julie 11, 2012 at 7:58 nm
Hi
My ma het altyd n plantjie gehad vir wat ons as kinders as bye bier geken het n baie lekker drankie. Terloops ek is 65 jaar oud kan iemand dalk help
Vic Viljoen vicvil@lantic.net
ansie
Julie 18, 2012 at 11:12 vm
wat wil jy weet? of het j klaar raad gekry. dit is die beste suurdeeg om te gebruik as j beskuit of
brood wil bak
Vic Viljoen
Julie 18, 2012 at 5:49 nm
Hi Ansie. Vic hier baie dankie vir die suurdeeg en beskuit resepte. Het julle dalk n ordentlike boerebrood resep ( nie die brood wat so lig is die wind kan dit wegwaai nie) maar ordentlike swaar brood wat kan vul. Thanx sal dit volg week probeer en laat weet
elize
Augustus 28, 2013 at 9:34 nm
Hallo
kan ek suurdeeg by die koekmeel van die karringmelk beskuit
] ingooi.. in plaas van selfraising flour en bakpoeier
skoor
Julie 24, 2008 at 12:26 nm
Aartappel Suurdeegplantjie
Rasper 1 aartappel baie fyn.
Voeg die volgende by:
2 teelepels suiker
1 teelepel sout
1 sakkie kitsgis – sommer hierdie 10g blou, groen of pers pakkies.
Die pers rys baie goed, want dit het Vitamiene C in.
Gooi dit dan in ‘n glas houer / outydse can fruit bottel.
Maak vol met lou water (seker omtrent so 500 ml ) – te warm water sal die gis doodbrand en dan werk dit nie. Sit sommer ‘n piering bo-op om toe te maak, want die aartappels gaan na boontoe styg en moontlik oorkook.
Dit moet die heeltyd by kamer temperatuur wees Dit is die teken dat dit gewerk het. – Jou plantjie is suksesvol.
As jy nou wil afskep om te bak, kan jy dit omroer en twee derdes gebruik om mee te bak. Die een derde wat oorbly, bly in die bottel en jy gooi dan net die suiker, sout, aartappel en water weer by.
Amanda Botha
Julie 29, 2008 at 12:31 nm
Baie dankie vir die suurdeeg resep nou wil ek nogiets vra kan ek my gewone boerbeskuit resep gebruik of is daar ‘n spesiaale beskuit resep wat ek die artappelsuurdeeg by moet gebruik?
skoor
Julie 29, 2008 at 12:43 nm
Amanda, kyk na hierdie resep wat ek gevind het. Miskien los dit meeste van jou vrae op!
Aartappel Suurdeeg
1 middelmatige aartappel (geskil en grof gerasper)
[2 pakkies suurdeeg vir ingeval die aartappel nie genoeg laat rys nie!]
4 koppies kookwater
12,5 ml sout (Dis nou vir 5 kg meel; sy het gewoonlik helfte broodmeel en helfte “Nutty wheat” gebruik)
Aand:
Gooi kookwater, sout en aart. in kastrol met digpassende deksel.
Sit 3 koppies meel bo-op sonder om te roer. Maak gaatjie in middel
Sit doek oor en deksel op Maak dig toe in kartondoos uitgevoer met koerante, kastrol toegedraai in kombers.
Laat staan oornag op ‘n lou plek of sit later ‘n warmwatersak by!
Volgende Oggend oorsuur:
Klits 1 koppie afgekoelde gekookte water in
Laat staan ±i uur in lou oond of warm toegemaak.
As dit nog nie rys nie, roer 1 sakkie suurdeeg in
Die suurdeeg is reg as skuim bo-op vorm.
Knie:
Meng die suurdeeg en meel, 3 E margarien, nog sout indien nodig
1,5 – 2 liter warm water om mee aan te maak en knie deeglik
Laat rys, knie af, dan in panne en laat rys weer, en bak by 180ºC vir 40 – 45 min.
**** Dit klink vir my na vreeslike harde werk, maar as jy kans sien daarvoor, haal ek my hoed vir jou af. Sterkte
Eurika
Mei 26, 2011 at 10:00 nm
ja dis die regte manier…die lang manier..maar die lekkerste.. ek ken dit egter net nog sonder die kitsgis…lag Pamperlang hom soos ‘n babatjie… As hy koud kry is dit nag Nella…maar as jy als gedoen het en die beskuit staan op tafel soos trofee…oee aardetjie…Yummy Yum Yum
Ria van Dyk
April 25, 2009 at 4:25 nm
Ons is in die noorde van Angols, ‘n plekkie met die naam Soyo. Ek probeer met die bietjie wat ons hier kan kry(hier is geen winkels) bak. Sonder resepte is dit nogal moeilik hier en whala!!! hier kry ek die resepte. Dankie vir die hulp.
Ria van Dyk.
Skoor
April 28, 2009 at 12:24 nm
Dan hoop ek van harte dat hier af en toe ‘n resep sal wees wat jy met jou min voorraad kan aanpak en vervolmaak, Ria. Welkom!
R Herselman
Junie 29, 2009 at 11:52 vm
Ek is in d wolke oor die aartappelsuurdeeg resep maar kan ek bv die resep vir die beskuit bo aan die bl wat met wuurdeeg gebak word gebruik vir die aartappelsuurdeeg en net die aartappel suurdeeg ipv die gewone suurdeeg gebruik
Skoor
Junie 29, 2009 at 1:29 nm
Hahaha! R Herselman, ek wens ek kon jou eerlik antwoord, maar ek het nognie daardie roete gevolg nie.
Wat ek wel vra, is AS jy dit probeer, gee ASB terugvoering hierso!
Dis miskien slim om die resep eers te halveer.
Mariette
Augustus 21, 2009 at 8:08 vm
Ek het nou twee keer hierdie week hierdie beskuit probeer bak, maar dit rys eenvoudig nie genoeg nie – die beskuit lyk telkens soos kluitjies wat toegeslaan het! Het dit iets met die snerpende koue te doen? of doen ek dalk iets verkeers? Help!!!
Skoor
Augustus 21, 2009 at 8:35 vm
Mariette, my ouma het altyd in die winter gesort dat die Jewel houtstoof van vroegoggend brand, en dat die vertrekkie vuurwarm was.
Dan het sy ‘n spesiale warmsak, so ‘n swarte onthou ek, gehad om onder die knie kom, in ‘n kombers toe te draai, EN die mengsel is in 2 komberse toegedraai en skuins op die stoof se sement werksblad gesit om te rys.
Dit was op ‘n plaas waar die sneeu nie skaam was om te val nie…
So ja, ek reken die snerpende koue kelder jou pogings, en knak jou geduld. Jy sal maar met die mengsel in die bed moet klim dat dit behoorlik kan rys, of wag tot die somer kom!
Sterkte!!
Goggie
November 15, 2009 at 5:16 nm
Ek sien almal sukkel nes ek met die aartappel suurdeegplantjie. Ek sukkel ook nou al vir ‘n paar weke daarmee, maar ek het blykbaar nou die regte inligting gekry. My pa se dat as hy sy ma gevra het om brood te bak, het sy vir hom gese die plantjie is te nuut, dit moet nog ‘n paar dae staan. ‘n Regte aartappelplantjie het nie gis in nie, die smaak en tekstuur sal nooit dieselfde wees as jy kitsgis insit nie. Nog ‘n ding is dat die plantjie ‘n ruk nodig het om te groei. Gooi ‘n rerasperde aartappel, 1t sout en 2t suiker by louwarmwater en laat totdat dit borreltjies en skuim maak. Gooi nou driekwart van die water af en die helfte van die aartappel weg en sit ‘n nuwe gerasperde aartappel, lou wateer, suiker en sout by. Herhaal vir ‘n paar dae lank (3-4?) voor jy dit gebruik vir bak. Moenie kookwater gebruik nie, dit brand die plantjie dood. As die aartappel swart word, gooi weg, daar het verkeerde organismes gegroei.
Skoor
November 16, 2009 at 7:56 vm
Dankie Goggie!
Ekstra info is ALTYD welkom.
heidihaasbroek
Desember 17, 2009 at 8:20 vm
Hi,
Ek is op soek na ‘n tradisionele Anys beskuit (met suurdeeg – nie die kits suurdeeg nonsens nie 🙂 ) kan jy help?????
Skoor
Desember 17, 2009 at 11:13 vm
Heidi, nee ek kry nie iets nie. Het egter hierdie vir jou op die net opgespoor. Kyk of die smaak nie meer na jou sin is nie…
Outydse Mosbolletjies
500 g Rosyne (met pitte)
1.5 liter (6 koppies) Water
½ koekie gis (droog of saamgepers) of 7,5 ml ( ½ eetl) aktiewe droë gis
5 kg Witbroodmeelblom
500 g Botter of Margarien of 250 g elk Botter en varkvet
Kookwater of Melk
1 liter (4 koppies) Suiker
15 ml (1 eetl) Sout
30 ml (2 eetl) Anyssaad
Glaseersel:
Geel van 1 Eier
Suiker
Melk
1. Stamp die rosyne stukkend en moenie die pitte verwyder nie. Kook rosyne 10 minute in water en laat afkoel tot louwarm.
2. Plaas rosyne in ‘n emaljekan of –emmertjie en voeg 125 ml ( ½ koppie) van die louwarm water, gemeng met die giskoekie, by. Roer goed en laat op ‘n warm plek staan tot die rosyne bo-op dryf. Dit sal 24 tot 36 uur duur.
3. Syg die vloeistof van die rosyne deur ‘n klam kaasdoek en gebruik dit vir die suurdeeg.
4. Roer 1 liter (4 koppies) witbroodmeelblom by die vloeistof tot dit glad is en laat sowat 3 tot 4 ure lank op ‘n warm plek staan of tot die suurdeeg goed gerys het.
5. Smelt die botter (of botter en vet) en voeg ‘n bietjie kookwater by.
6. Meng die orige broodmeelblom, suiker, sout, anyssaad, suurdeeg, botter en genoeg warm water om ‘n stywe deeg te vorm.
7. Knie die deeg baie goed, minstens ‘n uur lank, tot die klein lugblasies egalig daarin versprei het (sny ‘n stukkie van die deeg met ‘n mes af om te toets).
8. Maak dit goed toe en plaas oornag op ‘n warm plek.
9. Die volgende oggend sal die deeg dubbel die oorspronklike grootte wees. Moet dit nie afknie nie, maar vorm balletjies van die deeg en sit hulle teen mekaar in 6-8 groot, gesmeerde broodpanne.
10. Laat die balletjies op ‘n warm plek rys tot hulle in grootte verdubbel het.
11. Vir glaseersel, klits eiergeel met ‘n bietjie suiker en melk en smeer oor bolletjies. Bak sowat 1 uur lank by 200C (400F).
heidihaasbroek
Desember 17, 2009 at 11:26 vm
Baie dankie!
Ek sal dit vir my Pa bak en kyk wat hy se 🙂
Lyk my ou afrikaner tannies hou die resep agter slot en grendel 🙂
Dorlene Terblanche
Februarie 22, 2010 at 8:15 nm
Ek is ook besig om te eksperimenteer met artappel suurdeeg. Ek het die een probeer wat die kookwater op die artappels gegooi word en meel bygegooi word. Dit het nie geruik soos my Ma se suurdeeg nie, wat beslis die een was met die louwarem water op die artappel. Aangesien ek glo dat A bloedgroep mense nie eintlik vir koring alergies is nie maar wel vir die suurdeeg wat gebruik word.
Ook gehoor wat alles in gekoopte brood by gevoeg, bv. volume maakers en meel “enhansers” wat alles chemiese middels is. Hoe goed kan dit nou wees? Dankie Goggie
Riaan
Julie 19, 2010 at 11:30 vm
Kry ook nie die resep om te rys nie. Moet iets fout wees
Myléne Fourie
November 16, 2010 at 12:48 nm
Kan iemand asb vir my wys / verduidelik hoe groot bolletjies om te maak wanneer ek beskuit bak? Ek het nie ‘n ouma gehad om my die kuns te wys nie en myne kom telkemale of te groot of te rond uit om in ‘n koffiebeker te pas! Heeeelllllp asb ek is raadop, maar wil so graag regte boerbeskuite bak! Is daar ‘n webwerf soos Ina Paarman s’n wat my stap-vir-stap kan touwys maak??
Skoor
November 16, 2010 at 12:56 nm
Meylene, ek is nie ‘n bakster van formaat nie, maar sal jou gou probeer uithelp…
Kyk om jou bolletjies so groot te maak om twee in die breedte langs mekaar in te kry in ‘n kleinerige pan. Net so effe kleiner dan ‘n tennisbal.
As hulle klaar gebak het, neem jy ‘n vurk en breek die bolletjies in 4 of in hoeveel vingers beskuite jy daaruit wil kry. Sommige mense sny sommer met ‘n broodmes. Dis vinniger, maar mens moet een maal in jou lewe die vurk metode gebruik!
Dan droog jy dit en eet voort! Hoop dis duidelik genoeg vir jou?
Gerhard
Maart 15, 2011 at 4:04 nm
Hi
Ek is alergies vir alle verfynde kosse. Is op soek na ‘n bruinbrood meel beskuit resep.
Ek het ook gehoor gis is nie goed vir ‘n mens nie, daarom kyk ek na ‘n artappel suurgeeg.
Nou kan ek nie verstaan as julle ‘n pakkie blou suurdeeg in die artappel suurdeeg sit nie.
Laat my asb. weet
Gerhard
minda van greunen
April 16, 2011 at 3:41 nm
Hi julle. Ek lees al jul comments en het gewonder ek soek ook raad.
et nou beskuit gebak maar nie die Real Mccoy. Ek soek die anys beskuit resep wat jy soos blaaie aftrek en veerlig is. Stiefma het dit gebak met baie fieterjasies daarby maar het nooit resep gevra. Sy het mieliemeel suurdeeg koekies gemaak en dit gebruik maar weet ok nie hoe nie. Wat is die regte resep vir aartappel suurdeeg plantjie. Is nou skoon deurmekaar van al die resepte lees.!!!!!
Sussie Delport
Julie 14, 2011 at 3:48 nm
Boer beskuit
2kg koekmeel
4 pk kits suurdeeg ( aartappel suurdeeg werk better)
2 kop suiker
1 blikkie kondensmelk, aangemaak met warm water, tot lou
500g strork bake margarien
4 eiers
anys na smaak
sif alle droe bestandele saam behalwe suurdeeg, vryf botter in, voeg suurdeeg by as kits gebruik
dan eiers en kondensmelk,
maak aan met lou warm water.
hou beslag warm, laat rus as kits suurdeeg gebruik, en as aartappel suurdeeg laat dubbel rys.
maak bolletjies en sit in panne laat weer panne vol rys,
MOENIE LAAT DEEG KOUD WORD NIE. WARM KOMBUIS OP BED IN WINTER WERK LEKKER,
Smeer deeg met bietjie kondensmelk water en laat bak, of smeer gaar beskuit met soet water as nog warm is, bak in warm oond teen 200 grade tot mooi bruin en los in panne ongeveer 45min tot 1 uur
Sussie Delport
Julie 14, 2011 at 3:48 nm
sorry warm kombers nie kombuis
Sussie Delport
Julie 14, 2011 at 3:50 nm
en sout moenie uit los nie.
Reline Naude
Desember 15, 2012 at 3:48 nm
Dankie vir die resep, maar hoeveel aartappelsuurdeeg moet mens gebruik?
Evert Visser
Augustus 17, 2011 at 9:45 nm
Goeie Naand !!
Warm groete uit Pretoria !!
Ek hoop iemand kan my ook asb help met raad. Dankie vir die lekker resepte wat ek hier al gelees het. Die aartappel gis plantjie resep is ook soos my Ouma dit gemaak het.
Nou my Ouma het altyd regte egte outydse Boerbrood gebak met hierdie Aartappel gis. Sy het dit dan vir my uit gedroog as ‘n treat & ons het dit soos beskuit ge eet met lekker rooibos tee. Kan enige iemand my asb help met hierdie ou Boerbrood resep. Miskien het julle ‘n familie resep wat julle weet baie lekker is. Ek is nou al baie lankal lus om hierdie brood te probeer bak, wat my so baie aan my Ouma se Liefde laat terug dink. Ons was baie Lief vir mekaar. Dis tog so jammer dat in vandag se gejaagte tyd, het baie klein kinders nie meer tyd om met hulle oumas te deel nie…
Baie dankie !! Mooi aand verder !
tessotto
September 19, 2011 at 10:32 vm
Ek het die aartappel plantjie gemaak en gebruik. Was baie bekommerd oor die brood want die deeg was baie loperig. My brood het heerlik geproe. Ek het toe my plantjie weer aan die groei probeer kry. (net 2/3 gebruik) maar dit wou nie weer rys nie! wat doen ek verkeerd?
meliza romano
September 25, 2011 at 11:43 nm
Hi. Help asseblief.
Ek is opsoek na die resep van ‘n gebakte poeding wat my ouma graag gemaak het. Sy het dit die marie dysel poeding genoem. Jy maak die deeg aan (baie bleek deeg) en gooi dan a waterige sous bo-oor. Steek dit en die oond en voila daar kry jy bruin poeding met a lekker dik jelly gemmer sous. Saam met room /ideal melk/roomys eet jy jouself lam!
Skoor
April 8, 2012 at 8:19 nm
Bestanddele:
3 k (750gm) meelblom
2 k (500gm) suiker
1 k (250gm) botter
2 eiers
2 teel (10ml) gemmer
6 eetl appelkooskonfyt
2 teel (10ml) koeksoda opgelos in n koppie melk
Metode:
Meng suiker,botter en eier tot room. Voeg gesifte droe bestanddele by. Meng net koeksoda-melk en voeg appelkooskonfyt by. Skep in sous en bak by 180C vir 1 uur.
Sous:
1 koppie suiker
4 koppies kookwater
Bak in bak met n deksel.
Flora Viljoen
Februarie 25, 2012 at 9:00 vm
Kry n mens nog saamgeperste giskoek en korrel suurdeeg. Korrel suurdeeg neem mos langer om
te gis as die kits suurdeeg. Indien wel waar is dit beskikbaar want op die winkel rakke kry n mens net kits suurdeeg. Ek bly in die Wes-Kaap, Heidelberg.
Skoor
April 8, 2012 at 7:47 nm
Ek sien dit nie in die winkels nie, net die kitsgis pakkies
Julia
Maart 1, 2012 at 9:18 nm
My baksel gaan nou in die oond. Was maklik om te maak. The proof is in the pudding! Sal laat weet hoe dit na dit uitgedroog is, lyk en proe.
Sonja
Junie 9, 2012 at 11:05 vm
Ek bak suurdeegbrode met ‘n meelbasis suurdeegplantjie, maar nou is ek opsoek na ‘n resep vir suurdeeg karringmelkbeskuit – kan enige iemand my dalk help, want ek het heelwat op die internet gesoek, met geen sukses. Ek ken nie die aartappelsuurdeeg nie, maar dit werk seker dieselfde?
Peet
Augustus 18, 2012 at 9:35 nm
Ek sukkel vreeslik om my beskuit deeg te kry dat dit behoorlik rys. Dit wil maar net nie genoeg rys nie. Ek gebruik erkende resepte (ek het selfs al n paar resepte met mekaar vergelyk) maar kan net nie die deeg kry om genoeg te rys nie. Wat is die geheim?
Vic
Augustus 24, 2012 at 7:10 nm
Middag
Kan iemand asb vir my resepte stuur vir groen tamatie konfyt en “ chutney” asb
Dankie
Vic
NIN
September 25, 2014 at 9:17 vm
kyk of jou deeg nie te styf is nie.ek het partykeer daai probleem
Yolandy
November 2, 2012 at 7:50 nm
Hi kan iemand my asb. help. Ek wil lekker LANG beskuite bak, maar weet nie hoe nie. Ek het net gewone brood panne, is daar panne wat ek kan koop of is daar ‘n geheim om lang beskuit te bak?
Dankie Yolandy
Kobus pieterse
Desember 15, 2012 at 1:29 nm
Is daar dalk iemand wat my kan help met n resep om jogurt te maak met melk kefir asb,ek gebruik dit om heerlike karringmelk beskuit te bak en dis ook gesond om dit op jou nugter maag te drink om jou liggaam te reinig van gif stowwe.dan soek ek ook n gemmerbier plantjie,baie dankie,kobus pieterse,vereeniging
Herman
Oktober 16, 2015 at 6:53 nm
Kobus
Ek’s in Pta en het Kefir plantjie gaan koop wat lyk of hy begin lewe kry …. as dit werk is jy welkom om gratis een te kom haal as jy in Pta kom. Herman jaswiel@gmail.com
Amanda
Januarie 20, 2013 at 12:47 nm
Kan iemand vir my inligting verskaf vir Hops suurdeegplantjie. Ek het saamgeperste hops pellets en wil met suurdeeg beskuit bak.
Vic Viljoen
Januarie 20, 2013 at 6:52 nm
Middag
Kan iemand help met die maak van suurdeeg met aartappels en hoe kweek n mens die plantjie of so iets vir bye bier
Dankie
Vic
(vicvil@lantic.net)
Carinha Pretorius
Februarie 1, 2013 at 1:48 nm
Hallo Vic
As jy die antwoord op jou vraag oor die aartappelsuurdeeg gekry het, stuur asb vir my ook aan. Ek sukkel net so met die plantjie.
Dankie
Carinha
Vic Viljoen
Februarie 2, 2013 at 12:39 nm
Hi
Ek maak so. Soek ook nog hard na die bye bier resep. Het in die vyftiger jare as kind in ons huis gedrink. Was ook n plantjie affere
Mooi bly Vic
lettesha.valentine
Junie 3, 2013 at 9:04 vm
Klink baje lekker! Gan dit difnetief probeer!!
Irma
Junie 8, 2013 at 6:51 nm
My ouma het beskuit gebak met ‘n plantjie waarby ek water, ‘n bietjie koekmeel, sout en suiker moes gooi en laat werk. Ek het uit die plantjie geraak en weet nie hoe om dit weer aan die gang te sit nie. Kan
kobus
Julie 27, 2013 at 3:47 nm
Hi kan eenige iemand my help met n resep om die kristal plantjie te maak vir gemmer bier.ek het al proebeer maar het tot voor n dooie mans deur gekom.ek kry dit nie reg nie.my epos addres is knel47@yahoo.com.ek sal dit wardeer as daar iemand is wat my kan help.Groete kobus
JP Smidt
Augustus 14, 2013 at 8:05 vm
JP
Hi eks op soek na n Anysbeskuit resep wat veerlig uitkom en vinnig n beker boeretroos opsuig. Ek het al menige resepte probeer en dit kom so hard soos klippe uit. Iewers in S A moet daar nog n boervrou wees met n resep om aan te stuur na n man met n liefde ve heerlike beskuit. Groot asseblief !!!!!!! My E-pos adres is jpsmidt77@gmail.com
Lukas vd Merwe.
November 2, 2013 at 9:53 nm
My ma het ‘n soetsuurdeeg plantjie gebruik vir boerbrood of beskuit. Die plantjie het sy al in 1940 by my ouma as trougeskenk gekry. Al on kinders is met daardie selfde suurdeeg grootgemaak. Van die dogters en skoondogters het ook in hul huishoudings gebak met die soetsuurdeeg plantjie. Ek sal graag self weer so ‘n suurdeeg plantjie wil he. Ons bak brood in ‘n ‘broodmaker’. Ek’s nou 53 en het as kind miljoene kere vir haar “nuwe” suurdeeg gemaak. Dit het so gewerk: Omtrent so 1/5de van die suurdeeg in ‘n gewone glas inle bottel is teruggehou om as plantjie te gebruik. Dit het net so op die werksoppervlak in die kombuis gestaan. Nie naby hitte nie. Dan het ek by die plantjie 2 hoogvol lepels koekmeel, 2hoogvol suiker en. Met dieselfde lepel half afgeskud tafelsout ingegooi. 3 koppies sterk lou water uit die kraan ook bygegooi. ‘N spesiale suurdeeg kombersie is so uur in die son gesit of voor die koolstoof warm gemaak en dan die suurdeeg bottel daarmee toegevou. Die suurdeeg is gewoonlik 4 ure voor die bakmegsel geknie word, gemaak. lukietrack@gmail.com
anniebp
Februarie 23, 2014 at 4:50 nm
Jis ek het nou van bo tot onder gelees, en besluit ek gaan maar nie die plantjie aanpak nie. Die beskuit wat ek tans bak is baie groot en lig. Sterkte.
Hettie
Junie 4, 2015 at 4:17 nm
Baie dankie vir die kitssuurdeeg resep vir beskuit soek al langkal vir n lekker en maklike resep .Kry nie meer lekker boerebeskuit nie.My innige dank
Johanita Joubert
Desember 28, 2016 at 10:59 vm
Hallo Hettie, het jy toe die resep heelbo gebruik, en was dit suksesvol??
Esmarie
Julie 21, 2015 at 5:12 nm
Goeie middag, ek het ‘n beskuit resep waar ek ‘n koekie suurdeeg moet gebruik, maar kry nie meer die koekies suurdeeg te koop. Kan iemand dalk vir my laat weet wat die grootte van die koekies suurdeeg was, ek kan die suurdeeg by ons plaaslike bakkery kry, maar het nie die hoeveelheid’gewig van die koekies suurdeeg? Baie dankie
braam
Mei 31, 2017 at 11:12 vm
WA kry mens die plantjie wat jy van praat
Lydia
Januarie 9, 2022 at 8:21 vm
susan Delport jy noem dat jy die kondensemelk met kookwater moet aanmaak, maar sê nie hoeveel water nie.
Dan noem jy dat mens die suurdeeg plantjie kan gebruik maar gee nie die hoeveelheid aan nie.
HELP ASB