RSS

Lemongrass – daai tikkie ‘iets anders’

26 May

Ek koop graag ‘n Tom Yum sop mengsel – dit is in ‘n pakkie verkrygbaar, en so maklik om te maak.  Gooi net in wat hulle se, en jy het die geurigste sop in SA.  Maar wees gewaarsku:  hierdie sop is nie vir sissies nie.  Dit het heat, en bitter baie geur, en dit is verseker iets wat jy nog nooit geproe het nie, tensy jy ‘n kullinere reisiger is.

Ek hou daarvan om lemongrass in klein, fyn wieletjies ook in die sop in te sny – dit gee die geur ‘n hupstoot.  Probeer dit gerus as jy ‘n avontuur tong het.  Jy sal nie noodwendig daarvan hou nie, maar jy sal dit nooit vergeet nie!

Vir die minder brawes, wat eers die smaak wil ondersoek – hierdie resep sal jou tastebuds op ‘n rocktoer stuur, en jy sal verstom agter die lee bord sit!

Hoenderbors met lemongrass en koljanderblare

Marineer ‘n paar hoenderbors filette in suurlemoensap, baie fyn knoffel, en lekker baie fyn gemmer.  Neem ‘n stingel lemongrass, en met die agterkant van ‘n sterk mes, kap jy dit in flardes.  Gooi by die marinade.  Marineer verkieslik oornag, want hierdie geure moet trou met mekaar, en trou met die hoender.  Onthou om die hoender om te draai in die marinade.

Roerbraai die hoender (wat jy dan natuurlik in kleiner repe sny), of kap die filette onder cling wrap met ‘n bottel so plat soos ‘n schnitsel en braai dit in ‘n bietjie olyf olie tot gaar.  Hierdie filette hoef nie bruin te wees nie – die geur is reeds in die vleis, en as dit gaar is, is dit eetbaar!

Neem koljanderblare, en sprinkel bo-op die hoender.  Bedien met ‘n vars slaai, sonder slaaisous, want jy wil nie die geure van die hoender mis nie!

Die brawes kan altyd gekapte brandrissie by die marinade voeg – daai’s nou vir jou ‘n plan!

 

 
3 Kommentaar

Posted by op Mei 26, 2008 in Lekker maklike kos

 

3 responses to “Lemongrass – daai tikkie ‘iets anders’

  1. boendoe

    Mei 26, 2008 at 1:54 nm

    Oukei, klink maklik genoeg. Sal kom rapporteer!
    Vertel meer van die Tom Yum sop? Kry mens dit by P & P en so aan, en by watter afdeling?

     
  2. skoor

    Mei 26, 2008 at 2:07 nm

    Jy behoort dit nogal by P’nP te kry, maar ek koop sommer by die Spar.

    Gewoonlik by die Thai afdeling. Dit het die grootte van die poeiersoppe, dis nou die pakkie, en is oranje/rooi. Duidelik gemerk Tom Yum soup.

    You’ll love it as jy van spicy kos hou.

     
  3. Reduction

    Junie 20, 2008 at 7:43 nm

    Somehow i missed the point. Probably lost in translation🙂 Anyway … nice blog to visit.

    cheers, Reduction!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: