RSS

Die beste mushroom sous vir jou steak/burger

02 Jun

As ek verby die souspakkies in die winkel kom, en die ‘just add hot water’ souse so kyk, ril dit reg teen my ruggraat af.  Want wat word nie alles deur daardie ‘hot water’ geaktiveer nie…

Hierdie resep is eenvoudig die lekkerste manier om ‘n sampioen sous te maak – probeer dit gerus, en se as ek jok.  Nie die gesondste nie, maar die smaaklikste.  Gewaarborg.

Maak ‘n basiese witsous van botter, meel en melk, en kook tot gaar.  Die hoeveelheid hang af van hoeveel sous jy wil maak.  Begin klein, en maak meer as jy sien iemand gaan droebek sit.

Kap omtrent 4 knopie sampioene per persoon, baie fyn.  Nie skywe nie, maar klein blokkies.  Kap ‘n ui ook baie fyn, en braai tot glasig in olyf olie.  Voeg fyngekapte knoffel by, en dan die sampioene.  Braai tot gaar.

Gooi die sous by die sampioen en ui, en geur met sout en peper.  Skep in oormaat op ‘n burger of ‘n steak, steeks selfs ‘n lagie kaas onder die sous weg, en eet jouself knoppensie.

 
6 Kommentaar

Posted by op Junie 2, 2008 in Lekker maklike kos

 

6 responses to “Die beste mushroom sous vir jou steak/burger

  1. Reisiger

    Junie 6, 2008 at 8:54 nm

    ‘n Sampioensous (definitief ook nie uit die pakkie vir my nie) saam met ‘n stukkie rump steak is darem maar njammies!

     
  2. Nina Muller

    Februarie 18, 2009 at 10:33 vm

    Ook heerlik as jy vars room gebruik in plaas van die witsous. My gaste en kinders eet sommer met lepel uit die bak as almal klaar ge-eet het. Lekker oor steak en ook gemeng met spinasie oos ‘n pasta

     
    • Eurika

      Mei 26, 2011 at 9:44 nm

      Die room word seker styfgeklits, met dan die gebraaide uie, knoffel en sampioene in ne? Ekt een gehoor en geproe…van Sampioensop poeier en room…🙂 saam met die gebraaide Sampioene en Uie (als fyn) Please Reply. Tnx

       
  3. Skoor

    Februarie 18, 2009 at 10:53 vm

    Jip Nina, room is vir my persoonlik OORDAAD, maar jy is 100% reg, die smaak is hemels.

    Ek het Desember so ‘n sousie met room aanmekaar geslaan, en dit was meer as lepels in daai bak toe ete verby was!

    Ek voel altyd dem skuldig as ek ‘n room-dis gemaak en geeet het. Weet nie regtig hoekom nie! 😆

    Dankie vir die inloer!

     
  4. annetjie

    Junie 10, 2013 at 4:22 nm

    ek soek n sampioen sous wat ek kan vries

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: