RSS

Om knoffel te skil en te bewaar

09 Jun

Die wat my ken, weet om nie in die rigting van ‘crushed garlic in oil’ te knik as ons saam sou inkopies doen nie.  Onmiddelik wonder ek oor so ‘n persoon se mens-wees.

Wees verseker, daar is nie ‘n ligter manier om die volgende stelling te maak nie.  JY SAL STINK as jy van daai gissende knoffelstukkies uit sy 3 maande-oue bakterie lig om by jou kos te voeg.

Doen vir jou liggaam iets goeds vandag, en doen vars knoffel.

As jy ‘n paar huise het, en weet jy gaan nie alles kan opgebruik nie, le dan maar die huisies in.

Neem gesteriliseerde flesse (sit dit skoongewas in ‘n oond wat klaar gebruik is, omgekeer, om vuurwarm, droog te word) en meng ‘n doppie Milton in ‘n koppie water.

Ontvel die knoffel, en gooi in die Milton water.  Tel tot 60.  Lig dit met ‘n lepel uit, op handdoek papier, om van die water af te gooi, sit in die fles, en bedek die knoffel met olyf olie.

Wanneer jy ‘n knoffelhuisie nodig het, neem ‘n tandestokkie en druk hom in sy ribbes en lig hom uit.  Sodoende sal jy nie onnodige bakterie in die olie vrylaat, en gif knoffel brou nie.

Gebruik die olie agterna as marinade, slaaisous, of by enige resep waar olyf olie vereis word.  Dis heerlik.

Gebruik die Milton water om blikkieskos se deksels en boude af te vee voor jy hulle koskas toe stuur.  Soveel kieme gaan le in daardie groefies, en word met die blikoopmaker se girtssss die kos ingedruk!  Dink net, as daardie blikkie se inhoud nie pot toe gaan om te kook nie, kan jy lelike siektes opdoen.

 
32 Kommentaar

Posted by op Junie 9, 2008 in Lekker maklike kos

 

32 responses to “Om knoffel te skil en te bewaar

  1. boendoe

    Junie 19, 2008 at 3:25 nm

    Nou wonder ek by myself: WAAR het jy die Milton en knoffel resep gekry??? Dis nie iets wat enige pleb sal kan uitdink nie! Maar ek hou verby. Gee my eerder vars knoffel. Nou dat ek so naby Spar is, is dit nie ‘n probleem om gou-gou te gaan koop nie!

     
    • das

      Augustus 2, 2015 at 6:27 nm

      het gepekelde knoffel gemaak knoffel raak blou van kleur help hoekom

       
  2. skoor

    Junie 19, 2008 at 4:10 nm

    Die Milton is om enige bakterie dood te maak voor jy dit seel in die olie. Dit is nie te ‘n bad idee nie. Moet net nie te veel op ‘n slag, vir te lank hou nie.

     
  3. boendoe

    Junie 24, 2008 at 9:38 vm

    Nee, ek glo jou, dis nie ‘n bad idee nie! Maar het jy dit self uitgedink? Dis flippen amazing!

     
  4. Skoor

    Junie 24, 2008 at 9:41 vm

    Ja, ek is mos ‘n slimmie! 😉 As dit groetes kan vars hou vir langer, en dit het ‘n kiemdoder, hoekom nie?

     
  5. Salome

    Oktober 17, 2008 at 12:35 vm

    My ma het iewers gehoor van `n apparaat wat mens kan gebruik om die skilletjies van knoffel af te haal? Weet iemand iets van so `n apparaat?

     
  6. Skoor

    Oktober 17, 2008 at 10:51 vm

    Ja, dit is ‘n silikon buisie, oop aan beide kante, waarin jy die huisies gooi, dit tussen jou palms rol, en voila.

    Jamie Oliver het ene teen 8x die prys, so kyk by Mr Price home, Ackermans Home of Boardmans daarvoor. Vra vir die garlic skin remover. The silicone one. Yes.

    Ek hou steeds van my mes metode. Iets aan gerief wat my soms grief.

    🙂

     
  7. BB

    Oktober 28, 2008 at 1:20 nm

    Jippie tog – darem een opgevoede knoffel-gourmet ini virtual kitchen… Mag ek nou maar ook raad gee oor knoffel?
    Wanneer jy die knoffelhuisie nou so met die tandestokkie uitgevis het, sit jy hom op ‘n plank of kapbord. Ok, nou slice jy hom van kop tot tone middel-twee. Daar is ‘n duidelik onmiskenbare ‘pit’ binne-in hom – partymaal liggroen, anders ook maar vleeskleurig, maar jy sal hom kan onderskei van die ‘vleisie’. Lig albei knoffelhuisie-helftes se ‘pit’helftes met die punt van die mes uit en discard.
    Nou draai jy jou mes se lem platkant neer en squash die knoffelhuisie plat met die lem. Strooi ‘n klein bietjie!!! growwe sout oor en gee hulle gas met die lem – netso fyn of grof soos jy verkies.
    Jy kan dit natuurlik ook deur ‘n garlic-press wurg, maar verwyder steeds die ‘pit’.
    ‘n Portugese antie wat my leer trinchado maak het, het my dié een geleer – dis dit einste pitjie wat die asem veroorsaak – jy kan daai hele kênfroetbottel knoffel leeg-eet (rou, gaar, maakiesaakie) solank jy die pitjie verwyder. Aftertaste, aftersmell, afterals – GONE!! 😀

     
  8. BB

    Oktober 28, 2008 at 1:25 nm

    En die hande se reukie kom maklik af met growwe sout en ‘n skootjie olyfolie, lekker ingevryf en dan met seep en warm water afgespoel… (die sout en olyfolie is in elk geval ‘n great exfoliator – twee vlieë met een klap 😉

     
  9. Skoor

    Oktober 28, 2008 at 1:32 nm

    Heita! Ek gee jou sommer ‘n sleuteltjie vir die blog, dan kan jy die TIPS gedeelte doen.

    Ek sal onthou van die snorkie in die middel van die knoffel. Ai, ek vrek vir ‘n knoffeltjie. Hou at least die muskiete op ‘n distansie.

    Klink my jy is ‘n lopende virtuele kombuishulp! Waa’s my koekie resep?

     
  10. BB

    Oktober 28, 2008 at 2:10 nm

    Oops!! 😳 sal vir jou stuur!! Is baaaaaie njammies koekies!! :mrgreen:

     
  11. Ella

    Junie 30, 2009 at 6:27 vm

    Nou wil ek net vir jul vitel: Dis die eerste keer lat ek, wat Ella is, hierdie webtuiste besoek en mensig, is dit nou uit die blou van onse jimmel!! Maggies, man! Afrikaners KAN bleddie plisierig raak, hoor!

    Ek het hoeka verlede week gehoor my kolestersehol is te hoog en moes gaan vir ‘n angiogram. Die dem dokters wat ook grou waar hulle nie moet nie! Daas toe nie fout met die kloppertjie nie, maar die kolestersehol is gevaarlik hoog.

    Hier trek ek weg opi internet en besluit om in my se eie taal te soek wat lat ek nou moet doen. En siedaar, hier kom ek by julle uit. Ek sien jy is genaamd “Skoor”. Nou Skoor, ek wil vir jou se dankie vir die knoffel raad. Nou op flippen 50 moet ek eers kan verstaan hoekom my oorle pa altyd lunchtye huistoe gejaag het, die knoffelhuisies in ‘n oondpan gesit en laat bak teen 100 grade terwyl hy ‘n uiltjie gaan knip het. As hy daar wakker geword het, het sy mond eintlik gedrool van die lus en een vir een was in die mond gepop en gesluk. Dit was sy daaglikse roetine.

    En nou remind jy my dat ek op DIE manier in my pa se voetspore moet volg. Nou ja, dan doen ek so!!

    Dankie! Ag dankie! Ag baie dankie! Ag baie baie dankie! (Is dit nou genoeg?…)

     
  12. Ella

    Junie 30, 2009 at 6:28 vm

    O ja, so by the way… wa kry julle die oulike gesiggies wat julle so vir mekaar trek, he?

     
  13. Skoor

    Junie 30, 2009 at 10:08 vm

    Welkom by my virtuele resepteboek, Ella!

    Jong, met knoffel was daar nog nooit fout nie, behalwe as dit crushed garlic in oil is. Dan krul tot my voortande neffens die wortels om!

    Jou pa het ‘n briljante idee gehad – ongelukkig vereis die huidige prys van krag meer innoverende metodes om die knoffel in te neem. Ek stoom my heel huisies soms saam met die groente in die stomer. Nou nie so gekarameliseerd soos in ‘n oond nie, maar steeds heerlik en geurig.

    Jy kan dit ook soggens heel sluk – sny ‘n medium huisie in twee, en sit die ’buitekant’ agter op jou tong, m.a.w. die gedeelte waar die mes nie was nie. Sluk dit met ‘n groot glas water af. Doen so met beide stukkies.

    Jy ruik nie iets nie, en jou maag kan rustig onttrek wat hy wil uit die gedeelte wat gesny is.

    Die gesiggies sal ek vir jou met epos stuur – dit wat ek gebruik. Daar is hordes, maar ek ken hulle nie almal nie.

    Loer weer in – meeste resepte het knoffel in, so jy sal dit kan maak! 😆

     
  14. susan

    November 17, 2010 at 9:23 vm

    As jy nie Milton het nie wat anders kan jy gebruik hey ook nie olyfolie nie te duur. Help asb

     
  15. Skoor

    November 17, 2010 at 9:32 vm

    Asyn! Baie dinge word in asyn ingele, en knoffel is een daarvan.

     
  16. Trudy Jordaan

    Oktober 18, 2011 at 8:56 nm

    Hi baie interresant die knoffel inlê gedeelte. Ek het so 2 maande gelede knoffel in olyfolie “ingelê”, die bottels gesteriliseer ens., maar nou het al die knoffel so ‘n skim lagie om – ek neem aan dit kan nie meer gebruik word nie? Die knoffel het ook begin bruinerig word – jy kan dus sien dit is nie meer “vars” nie, en as jy dit uithaal is dit redelik sag. Wat het ek verkeerd gedoen, dalk met die uithaalslag – ek het die stuk gelees van hoe om uit te haal om bakteriee te keer ens., en dit maak sin.Ek wil nou net weet moet ek maar die knoffel nou wegsmyt en vir hoe lank kan ek knoffel inlê – 3 maande?
    Verder het ek gehoor as jy knoffel by honde se kos inwerk hou dit op die langduur bosluise en vlooie blykbaar weg – is dit so want dan kan ek die “ou” knoffel vir dit gebruik?!

     
  17. Rina Human

    November 17, 2011 at 5:46 nm

    Ek koop gewoonlik die flessies knoffel wat in ‘n pekel water (dit proe so weet nie of dit pekelwater is nie) ingele is. Wil graag weet of jy dalk die resep vir my kan gee. Eerste keer dat ek by skoorkos ingaan. Baie oulik

     
  18. Skoor

    November 21, 2011 at 3:04 nm

    Rina, ek het nognie op so ‘n resep afgekom om te toets nie – ek is maar ‘n lelike gelowige in die regte ding – vars van sy ma af.

    Maar jy kan gerus kookolie as preserveermiddel probeer. En dit gebruik in slaaisouse of om mee te kook!

    Trudy, die kenners waarsku teen oormaat knoffel by honde – dis blykbaar nadelig vir hulle. So kook groenteskille en bene, en ‘n huisie knoffel daarin, maar behoede teen NET KNOFFEL. Aalwynkristalle teen vlooie en bosluise is ‘n wenner.

    Gooi jou afgeskilde knoffel eers in Milton of bleikmiddel, op ‘n handdoek papier, en dan in die olie. Probeer dit?

     
    • Jan

      Februarie 25, 2019 at 1:00 nm

      Ek is nou bietjie gerattle oor die knoffel stories. Aan die eenkant is ek n swaar verbruiker van knoffel en is ek nie bang dat die reuk my vriende sal wegjaag nie. My gestel verwerk hom vinnig reukloos maar die bleikmiddel storie. Ons word dan so gewaarsku teen ingevoerde knoffel wat behandel is met bleikmiddels.So ek isnou wild en sal maat myne vars uit die grond uit eet maar ek wil nou net weet moet mens hom uithaal en so bere of is dit veiliger as hy in die grond bly.

       
  19. Dalene Pretorius

    April 24, 2012 at 7:23 vm

    Die eerste keer wat ek op “Skoorkos” ingaan – dit is voorwaar baie interresant. Ek soek bietjie raad asb. My wederhelfte is verslaaf aan die knoffelhuisies wat in asyn en allerhande takkies en blaartjies ingelê is. Ek het dit nou vele male probeer – die smaak is ongelooflik – MAAR – my knoffel raak groen na ‘n dag of twee, soos in bottelgroen! Die laaste probeerslag was meer suksesvol, dit het eers na ‘n paar weke effe groen geword. gee raad, asb?

     
  20. Skoor

    Mei 3, 2012 at 8:13 vm

    Jissie Dalene, nou het jy my! Jou man het goeie kossmaak, maar groen knoffel laat hom dalk omdop. Ek gaan probeer uitvind…

     
  21. Skoor

    Mei 3, 2012 at 8:40 vm

    Dalene – vir jou:

    Garlic is known to contain sulfur compounds which can react with minute traces of copper to form copper sulfate, a blue or blue-green compound. The amount of copper needed for this reaction is very small and is frequently found in normal water supplies. Raw garlic contains an enzyme that if not inactivated by heating reacts with sulfur (in the garlic) and copper (from water or utensils) to form blue copper sulfate. The garlic is still safe to eat.

    If fresh garlic is picked before it is fully mature and hasn’t been properly dried, it can turn and iridescent blue or green color when in the presence of an acid. It may be caused by an allinin derivative.

    A reaction between garlic’s natural sulfur content and any copper in your water supply, or in the cooking utensils your are using (such as cast iron, tin, or aluminum) can sometimes change the color of garlic.

    The other sources of copper might be butter, lemon juice, or vinegar.

    Garlic will also turn green (develop chlorophyll) if exposed to an temperature change or is exposed to sunlight. Some people say it can be stored for 32 days at or above 70 – 80° F to prevent greening (but I’m not yet sure that is true).

    Are you using table salt instead of kosher or canning salt? That can cause the garlic to turn blue or green. Table salt contains iodine, which discolors whatever you’re pickling. Use kosher or pickling salt.

    Different varieties or growing conditions can actually produce garlic with an excess natural bluish/green pigmentation (anthocyanins*) made more visible after pickling.

    * Any of various water-soluble pigments that impart to flowers and other plant parts colors ranging from violet and blue to most shades of red. This pigment is produced after chlorophyll is destroyed due to environmental changes. This is a variable phenomenon that is more pronounced for immature garlic but can differ among cloves within a single head of garlic. If you grow your own garlic, be sure to mature it at room temperature for a couple of weeks before using it.

    Don’t worry, greenish-blue color changes aren’t harmful and your garlic is still safe to eat. (unless you see other signs of spoilage).

     
    • Dalene Pretorius

      Mei 3, 2012 at 10:57 vm

      Baie dankie Skoor! Jy het nou my dag gemaak. Nou gaan ek weer probeer. Ek sal aanhou tot ek dit regkry! Dit maak die proses net baie makliker, as mens weet waar die probleem lê. Ek gaan begin by gebottelde “still” water en die sout. hoop net ek vind die regte sout op ons dorp….. Hou duim vas! Weskus-groete. Dalene

       
  22. Mariaan

    Desember 7, 2012 at 1:00 nm

    Ek het erens gelees om die skilletjies van knoffel maklik af te kry is om die knoffel vir 1tot 2ure in water te laat lê…dan vryf die skilletjies af. Laat weet my, sal graag wil weet

     
    • Marius Pretorius

      Desember 27, 2012 at 1:52 nm

      Kyk op weg/sleep/ry se forumblogs daar is tip om skilletjie verwyder, skud glo klomp knoffele in roomysbak. weetnie as dit werk nie, lees, loer en probeer.

       
  23. Rachel

    Oktober 24, 2016 at 12:43 nm

    Wat sou gebeur het? My knoffel mooi skoon gemaak en heel in olyfolie gegooi en die volgende dag is die olyfolie gestol!! Die knoffel nog net so wit as jy dit daar uithaal en die olie smelt sommer weg. Sal die knoffel nog reg wees????

     
  24. Skoor

    November 21, 2016 at 4:38 nm

    flip weet. woon jy in die sneeu iewers? kan nie dink dat dit jou bene in die lug sal laat eindig nie…

     
  25. Marrhie

    November 29, 2016 at 2:36 nm

    Hi Jong, ek het Evers ingele in asyn en knifelike, nou is die knoffel blou? Help asb

     

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: