RSS

Bak jou eie brood – vinnig!

10 Jun

Antie Merie het weer opgekom met ‘n paar treffers, onder andere ‘n brood.  Dis nou vir as jy winkels toe was, die brood vergeet het, en besef die huidige petrolprys laat jou nie toe om gou weer winkel toe te jaag vir daai brood nie.

Dan haal jy maar ‘n kilo broodmeel uit, gooi dit in ‘n mengbak, saam met ‘n pakkie kitsgis en 2 teelepels sout.  Gooi 2 eetlepels botter by, en neem warm water, en ‘n houtlepel.  Begin die water bietjies-bietjies ingooi, en roer met daai lepel tot al die bestanddele gebind, en ‘n stewige deeg gevorm is.

Smeer ‘n broodpan, druk die brood in die voorafverhitte 180 grade celcius oond, en bak vir ‘n uur. 

Eet dadelik die brood met botter en kaas, of botter en Bovril.  En bak dan nog een vir more.  Dis mos hoe tuisgebakte brood werk!

 
15 Kommentaar

Posted by op Junie 10, 2008 in Lekker maklike kos

 

15 responses to “Bak jou eie brood – vinnig!

  1. netjane

    Junie 11, 2008 at 1:48 nm

    My brood is in die oond. Ek hoop nou net 1 pakkie kitsgis is dieselfde in SA as in Swede…

     
    • Mariaan Human

      Februarie 15, 2010 at 3:29 nm

      Antie Merie, nee wat hierdie brood sal so swaar soos ‘n klip wees. Ek wil nou nie hoes, proes of my tande breek nie, maar deeg moet eers rys……… en dan weer afgeknie word……of praat ek alles????

       
    • Iwan

      April 5, 2013 at 5:16 nm

      Hi wil he jy moet die volgende probeer.
      1. Spray “n Cook jou Broodpan
      2. voor verhit oond op 120’C
      3. voeg in ‘n meng bak die vlg. -250 ml Karringmelk, -250grm self raising flour, 1 pakkie bruin uiesop se poeier.bewerk hom lekker styf met jou hande en plaas in broodpan.
      4. Rasper bietjie kaas oor (nie TE veel nie)
      5. Sit in oond vir 40 min lank.

      NS. ek vat sommer ‘n mes endrukditin die brood om te sien of binnekant al reg is.- anders nog so paar minute terugindie oond.

      Geniet hom!

      Iwan

       
  2. Skoor

    Junie 11, 2008 at 3:54 nm

    Het die brood toe suksesvol die maag getref?

     
  3. netjane

    Junie 11, 2008 at 4:30 nm

    Umm…

    Nie heeltemal doodgooi nie, nie heeltemal brood nie, baie eetbaar, skelm in die kombuis, maar nou nie juis om aan te presenteer nie…

    Vir ‘n eerste brood probeerslag seker nie sleg nie!

     
  4. Skoor

    Junie 11, 2008 at 4:40 nm

    Ek is mos nou gladnie ‘n bakster nie, maar ek gaan vir jou Skoorlief se bierbrood resep vra.

    Daai sit ons in die chiminea, buite, in lee blikkieskos blikkies, en dit is heerlik.

    Julle het seker self-raising en bier daar ver?

     
  5. Skoor

    Junie 11, 2008 at 4:54 nm

    O my jinne, toe sien ek op die ander bladsy dat jy NIE selfraising kry nie.

    Het jy toe die resepte getoets? Ek kan vir jou pos, maar netnou dink hulle by customs dit is iets onwettigs.

    Miskien het Swede se broodmeel ook nie genoeg son gesien nie, dis die dat sy ‘n kombuis broodjie is.

    Ai man, ek dink…

     
  6. netjane

    Junie 11, 2008 at 5:04 nm

    Augustus is ek weer in my eie land dan kan ek lekker too fresh to flop byderhand hê!

     
  7. rosalindfranklin

    Junie 11, 2008 at 8:05 nm

    Ai dit klink lekker, maar ek is vreeslik lui….ek stap eerder Spar toe.

     
  8. Luzaan

    Januarie 10, 2013 at 6:42 nm

    Dit is I treffer

     
  9. nEt

    Oktober 12, 2013 at 1:49 nm

    Die brood was sleg

     
  10. skoor

    Oktober 14, 2013 at 3:46 nm

    Hey dankie nEt vir die opbouende insiggewende kommentaar!
    😉

     
  11. lenie

    April 24, 2014 at 7:16 nm

    Dit is lekker vinnig en maklik

     
  12. Hester

    Mei 28, 2014 at 9:17 vm

    Ek gaan dit beslis vandag probeer, ek is besig met boontjiesop vir my eerste keer. Glo die brood sal dit komplimenteer, en hoop my gasstoof, wat net of bo of onder warm word, doen sy ding. As jul raad het, gooi hom bokkies . . . .

     
  13. Skoor

    Mei 28, 2014 at 9:36 vm

    Ja. Waar woon jy Hester? Ek soek sop asb. Dit reen ‘n barshou hier vandag. Eks honger.

     

Lewer kommentaar op Skoor Kanselleer antwoord