RSS

Funny Tannie

11 Jun

Langs die viswaters kry jy baie dat die manne praat van ‘Tannie’.  En die plebs staan en wonder waar die tannie dan nou die see in is, en hoe die manne haar gevang het.

Maar eintlik is ‘Tannie’ ‘n verwysing na TUNA.  Die koning van sushi (alhoewel ek ‘n salm meisie is)

Antie Merie vertel van die TANNIE EN CHIPS GEREG wat so maklik, vinnig en smaaklik is, en ek kan nie help om te kwyl nie.

Neem 2 blikkies tuna in water, sny ‘n ui klein (sterkte!), kap ‘n huisie knoffel fyn, sny ‘n greenpepper of sy rooi of geel familie, in blokkies (ek het sommer geel en rooi geneem, dit lyk stunning), asook ‘n tamatie in blokkies, en maak ‘n pak Spare rib of Barbeque Simba chips oop.

Gooi die tuna en groente in ‘n mengbak, gevolg deur die chips, en meng deur (ook sodat die chips effe kleiner kan breek)

Neem ‘n pakkie mushroom poeiersop, maak dit aan met 800ml warm water, en gooi die bestanddele in ‘n oondvaste bak, meng dit deurmekaar, en gooi die sop bo-oor.

Bak vir 40minute by 180 grade celcius terwyl jy lekker rys kook, en ‘n mengelslaai maak.

Bedien by bogenoemde, of met growwe brood.

 
4 Kommentaar

Posted by op Junie 11, 2008 in Lekker maklike kos

 

4 responses to “Funny Tannie

  1. Reisiger

    Junie 11, 2008 at 11:50 vm

    Dit klink heerlik Skoor! Dankie!

     
  2. Pikkelik

    Junie 11, 2008 at 7:06 nm

    Vinnig en lekker… My soort resep hierdie… (My kinners eet nie vis nie, ek moet dit altyd kamofleer!)

     
  3. Skoor

    Junie 12, 2008 at 12:05 nm

    Pikkelik – het dit gistraand gemaak.

    Laat hulle help om die groentes te sny, en die chippies in te meng, en dan woeps jy die tuna in, en roer dit deurmekaar.

    As dit in die oondbak is, laat jy hulle die sopmengsel oorgooi, en voor die oond sit.

    Strooi sommer kaas oor voor jy dit uithaal, met paprika bo-oor vir seksie effek. Kids sal dit love, laat hulle net help, en hulle eet heerlik!

     
  4. Pikkelik

    Junie 12, 2008 at 12:11 nm

    Thanks Rissiepit!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: