RSS

Pastabuise vir die kidz

12 Jun

As jy kinders van kleins af betrokke kry by kosmaak, dink ek hulle sal ‘n liefde daarvoor he.  Of selfs as hulle saans by jou kan sit en klets wyl jy kosmaak, plant jy herinneringe in daai klein koppies, wat hulle as grootmense gaan koester en na terugverlang.

Hierdie is ‘n prettige resep vir Canneloni, maar die kortpad manier – ons is mos nou op krag bespaar modus.

Maak maalvleis gaar en geur met sout en peper.  Onthou tog die fyn ui en die baie knoffel.

Laat die vleis afkoel, en roep die stoutsterte nader om te kom help.

Neem canneloni buise, so gekoop, en maak dit een vir een staan op ‘n bord sodat die een kant ‘toe’ is.  Maar…  sit dit neer in ‘n dekseltjie van ‘n soort.  Dit maak dit makliker om op te tel, en die bord keer enige vallende vleisies.  Neem ‘n teelepel, en gooi die maalvleis in die buis.

Tel die dekseltjie op, en sit die buis plat neer in ‘n gesmeerde, oondvaste bak.  Stop jou volgende buisie.

Afhangende van hoe groot die bak is, neem jy blikkie(s) gekapte tamaties en gooi dit bo-oor sodat die buisies toe is.

Bak vir 40minute by 180 grade celcius, en kyk of die pastabuise gekook is.  Gooi gerasperde mozzarella oor, of peccorino, of cheddar as jy nie die ander het nie, en grill gou ‘n kleurtjie op die bo-laag.

Baie gebruik rou vleis, maar dit verleng die kookproses, en dan kan jy ook ‘n witsous daaroor gooi, ipv tamatie sous, of eers witsous, en dan tamatiesous.  Dit hang alles af van die sjef se geite vir die dag.

NS:  klein blokkies groente by die vleis kan ook help dat die wysneuse hulle groente innames inkry

 
3 Kommentaar

Posted by op Junie 12, 2008 in Lekker maklike kos

 

3 responses to “Pastabuise vir die kidz

  1. Zee

    Junie 12, 2008 at 1:19 nm

    Ek weet wat ons vanaand eet!!!! Saam met slaai?

     
  2. skoor

    Junie 12, 2008 at 2:14 nm

    Jip, slaai sal werk. Of lekker broodjies, gerooster of vol pitte en sade

     
  3. Pikkelik

    Junie 13, 2008 at 9:51 vm

    Dis nou ‘n blink idee!!!!!!!! Ek gaan dit beslis maak, moet net eers iewers in ‘n dorp uitkom om canaloni te koop. My kinders gaan mal wees hieroor, want so lief as wat hulle vir ‘wurmpies’ en ‘skulpies’ en ‘dassies’ en ‘twisties’ is, so moeg word hulle daarvoor! 👿

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: