RSS

My ouma se Modderpoeding

13 Jun

Ek onthou kleintyd se Kersfees en Nuwejaar, hoofsaaklik oor die lekker kos.  Frikkadelle en boudvleise en aartappelslaai en tong met mostert (waarvan ek nooit geneem het nie) en you name it.  En dan veral, Ouma se Modderpoeding. 

So ‘n mengsel tussen ‘n tjoklit mousse en tjoklit jellie.

Neem ‘n liter melk, maar hou ‘n koppie daarvan uit.  Gooi in ‘n pot en verhit.

Met die koppie melk, maak jy aan:  4 plat eetlepels Kakao, 6 plat eetlepels Maizena (mielieblom), 5 plat eetlepels suiker.

Net voor die melk begin kook, voeg jy bogenoemde by, en werk met ‘n draadklitser sodat daar nie klonte vorm nie.  Laat dit gaar en dik word.  Moenie vergeet om te roer nie, dit is baie soos witsous maak.

Roer ‘n teelepel vanilla essens, en ‘n knippie sout deur.

Gooi uit in individuele bakkies of ‘n groot poeding bak.

Neem suiker tussen jou vingers, en gooi op die poeding.  Laat afkoel en stol, en verkoel.

Eet met vla, room, of sommer net so.

 

 
3 Kommentaar

Posted by op Junie 13, 2008 in Lekker maklike kos

 

3 responses to “My ouma se Modderpoeding

  1. netjane

    Junie 16, 2008 at 7:54 nm

    Dit klink soos daai Chocolate Delight goedjies van Woolworths. Ek lek daai bakkies uit dat my hele gesig vol chocolate is.

    Hel, ek moet ophou lees hier, voor ek weet pas ek nie in my trourok nie!

     
  2. Skoor

    Junie 16, 2008 at 8:49 nm

    Dan is die prentjie hierby nie so vergesog nie.

    Ek weet nie, hierdie poeding is vir my baie lekkerder as Woolies s’n. Seker omdat dit so ‘n tradisie is.

    Maak dit, jou nerves sal die kilojoules verbrand. Not to worry!

     
  3. Wipneus!

    Junie 19, 2008 at 10:50 nm

    Mens maar hierdie klink lekker, ek gaan dit definitief maak!!!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: