RSS

Blikkiesbrood net vir Jane

16 Jun

Hierdie is ‘n foolproof resep vir ‘n vinnige, maklike broodjie.  En gaste love dit om hulle eie blikkiesbrood te kry by ete.  Begin maar al die baked beans blikkies skoon was en wegbere, jy weet nooit wanneer die gier om iets anders te doen, jou pak nie!

1kg Bruismeel

10ml Sout

2 x 340ml bier

As jy dit in die oond gaan bak, sit die oond aan op 190 grade celcius.  Spuit 6 lee blikkies met Spray&Cook.

Sif die meel en die sout saam, en meng die bier in met ‘n houtlepel.

Skep die deeg in 6 blikkies, en bak vir 30 minute tot dit gerys en gaar is.  Haal uit en laat bietjie afkoel – wikkel ‘n smeermes al langs die rante, en dop uit.  Bedien met lekker appelkooskonfyt of varkvet en aarbeikonfyt.  Of enigiets wat jou engine rev.

Ons bak dit in die somer in die chiminea en toets met ‘n sosatiestokkie van hout of die brood al gaar is.  Sit vars kruie of kaasblokkies in vir ‘n variasie op die tema.

Oom Peterjasie beaam hierdie broodjie, onderskryf sy sukses, maar hy stel dit as volg: 

Die lekker van die resep is dat ‘n mens die deeg kan ooprol en enige iets na jou smaak oor die hele oppervlakte smeer of strooi (viennas en tamatie smeer, spinasie en feta, kaas en knoffel, biltong en jalepeno, ag sommer net wat se smaak ookal in jou kieste opspring.

 
2 Kommentaar

Posted by op Junie 16, 2008 in Lekker maklike kos

 

2 responses to “Blikkiesbrood net vir Jane

  1. netjane

    Junie 16, 2008 at 7:52 nm

    Dankie Skoor! As ek terug is in my eie land met my eie goed en BRUISMEEL dan bak ek hierdie verseker. Ek is mal oor brood!!

     
  2. Pikkelik

    Junie 17, 2008 at 9:07 vm

    Dit lyk njammies. En dan bly daar ook nie eers ‘n halwe brood oor wat mors nie. Eet jou blikkie brook of…! :mrgreen:

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: