RSS

Tamatie sous vir vries

18 Jun

Blikkies tamaties se pryse het die afgelope tyd die hoogtes ingeskiet.  Toe neem ek dit maar op myself om die sous ‘home made’ te doen.

Dit is so eenvoudig, dis eintlik belaglik.

Sny tamaties, ek het 4kg gedoen, in kwarte.  Sit in ‘n pot (of drukkoker) en begin kook met 4 huisies knoffel.  Laat dit baie reduseer – omtrent die helfde van die pot gaan oorbly.  My kookproses was bietjie langer as 2 ure op die gasstoof.  Voeg sout by, en gedroogde basil (as jy het). 

Laat heeltemal afkoel.  Neem jou Braun zzzt masjien, en kap alles vreeslik fyn.  Dit is maar om die velle ook kleiner te kry.  Ek kook myne met vel en al.  Vesel is vesel.  Of is dit nie vesel nie?  Alternatiewelik kan jy die tamaties in kookwater gooi vir ‘n minuut, voor die kookproses, en die velletjies aftrek.  Of dit in kleiner blokkies as kwarte sny.  

Skep in toebroodjie sakkies wat kan toezip, en gooi in die vrieskas.

Gebruik in tamatiebredies, op pizzas, in pastas of tamatie frikkadelle.

 
3 Kommentaar

Posted by op Junie 18, 2008 in Lekker maklike kos

 

3 responses to “Tamatie sous vir vries

  1. Pikkelik

    Junie 18, 2008 at 8:11 nm

    Dis ‘n lekker plan, ek gooi gewoonlik sommer my oorbly tamaties net so in ‘n sakkie, knoop hom toe en dump hom in die vrieskas. As ek hom dan nodig het, haal ek hom uit, gooi hom in kookwater (vir die skilletjie) en tjop hom op. Dis nogal maklik as hy gevries is… Ek is maar ‘n lui huisvrou…
    Van daai Braun – zzzt masjien gepraat, ek het 2. Dis die lekkerste goed daai. Poppedyn eet nie purity nie, ek kook al haar kos self en daai ding is ‘n wenner. Dis nie soos met ‘n versapper ‘n hele spul vuil skottelgoed nie, zzzzt en die kos is fyn en wat ook lekker is, is dat jy self kan bepaal hoe fyn jy dit wil hê…

     
  2. Amarige

    April 21, 2012 at 3:53 vm

    Nou toe nou, ek gaan dit met ‘n sak vol groot ‘vegiepatch’ tamaties maak! Lekker. Ek koop nie meer graag geblikte tamaties ( of ander geblikte kos nie – verstaan die ‘lining’ in die blikkies het BPA in )

    Dankie vir resep!

     
  3. Skoor

    Mei 3, 2012 at 8:08 vm

    Amarige – wees DANKBAAR dat jy het om mee te maak. Sommige is maar afhanklik van die ‘stadige dood’ in ‘n blik. Geniet!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: