RSS

Nachos. Op die Boeremanier

26 Jun

Dis winter, dis vakansie, die kieste moet beweeg, en hierdie is ‘n lekker bederf vir enige smaakklier.

Gaan koop in die winkel ‘n pak Dorito’s.  Nachos kan jy koop, maar dit is dubbel so duur, en ek hou nie van onnodig geld mors nie. 

Neem ‘n tamatie en sny dit in baie klein blokkies op.  Gooi dit in ‘n pan, en met ‘n klein bietjie olyf olie, laat jy net bietjie eskom deur die selletjies gaan.  Gooi dit uit in ‘n sif (ja, jou meel sif) sodat die vloeistof kan wegloop.

Gooi die nachos chips in ‘n blikbord, of oondvaste bak, en gooi die tamatie bo-oor.  Die avontuurlustige eter kan groen chillies in klein wieletjies sny, en dit ook bo-oor sprinkel.

Neem ‘n blok duure cheddar kaas, en rasper asof vandag jou laaste dag is.  Druk in ‘n 100 grade celcius oond, en smelt die kaas. 

Gaan sit voor die TV, neem ‘n bier, en begin wegle aan die heerlikheid.

Vir ‘n ekstra, en as jy ‘n ryp avo het, maak ‘n guacomole daarby.  Eenvoudig!  Dop die avo uit sy skil, neem ‘n vurk en mash dit in ‘n bakkie.  Voeg ‘n teelepel of 3 suurlemoensap by, gevolg deur sout en growwe swart peper.

As jy wraps in jou yskas het, en nie weet wat om daarmee te maak nie, kliek hier.  Dan nog net die tequila uitkry, en jy is in ‘n ander wereld!

 
12 Kommentaar

Posted by op Junie 26, 2008 in Lekker maklike kos

 

12 responses to “Nachos. Op die Boeremanier

  1. Koeksister

    Junie 26, 2008 at 12:07 nm

    Hi Skoor,

    Hierdie gaan ek definitief die naweek vir my man voor die TV maak, op die prentjie wat is die wit bo-op die guacomole? suurroom?

     
  2. Skoor

    Junie 26, 2008 at 12:12 nm

    Dis lekker om Die Werf se mense hier raak te loop, welkom!

    Jip, dit is suurroom. Bietjie overkill, maar nou ja, die fotograwe glo mos die stapel kos moet hoog staan, dan maak dit ‘n aantreklike foto.

    Jy kan altyd maalvleis ook inwerk in die resep. Dit is ‘n vrye verbeelding ete/snack/aptytwekker.

    Die hoeveelheid tamaties kan jy ook volgens smaak opsit. Die lui huisvrou sal ‘n botteltjie Tomato Salsa van Dorito’s koop, en dit bo-op uitkeer.

    Grof gekapte dhanja, of koljanderblare maak ‘n welkome verandering op ‘n andersins gewone chip. Probeer dit ook.

     
  3. Reisiger

    Junie 26, 2008 at 12:18 nm

    Dit klink interessant en lekker! Ideaal vir so ‘n Saterdagmiddag voor die TV terwyl daar rugby gekyk word!

     
  4. Skoor

    Junie 26, 2008 at 12:21 nm

    Nee, met rugga eet mens ‘n ding met een geur.

    Anders verloor jy die smaaksensasie. Kyk bietjie as Habanna aan die hardloop is in die Groen & Goud, hoe vinnig kou almal!!!

    Hierdie is flirt kos, eintlik.

    Ek moet die deel van die TV uithaal en se: gaan sit onder die duvet en voer mekaar. En dan die tequila, wyl julle die sout uit mekaar se nekholtes oplek…

     
  5. koeksister

    Junie 26, 2008 at 1:30 nm

    Hehe Skoor, jy praat so reg in my man se kraal.

    Die maalvleis is ‘n goeie idee, sorry maar ek het geen verbeelding in die kombuis nie, sal jou gereeld maar besoek hoor..🙂

     
  6. Reisiger

    Junie 26, 2008 at 3:09 nm

    Skoor, jy gee mens nou idees! 😳

     
  7. boendoe

    Junie 27, 2008 at 10:23 vm

    Heita! Dit raak nou sexy verby hier! Sout in mekaar se nekholtes oplek… my man kom juis oor ‘n week…

     
  8. Skoor

    Junie 27, 2008 at 10:32 vm

    Ja, daar is Skoorbek, Skoorkos, en ek dink nog of ons moet begin met Skoorseks.

    Wat se jy Boendoe. Gaan jy help skryf? Ons begin die web se Afrikaanse Dr. Ruth!

     
  9. boendoe

    Junie 27, 2008 at 12:34 nm

    Ek sal net my stroopsoet beeld moet afgooi! Sal die lesers daarmee cope??😉

     
  10. skoor

    Junie 27, 2008 at 12:37 nm

    Waaroor worry jy! Almal weet jy slaap met jou oe oop… en stroopsoet girls doen nie daai nie.

    So jou beeld is lankal gewrap in ‘n swart mantel met rooi satyn voerings.

     
  11. Malinda Shamley

    Augustus 7, 2008 at 9:52 nm

    Wonderlik al hierdie “site” met die resepte. Gaan hierdie naweek dvan hull probeer want ons moet tussen 1uur en 3uur (AM) in Auckland (NZ) opstaan om die bokke te kyk. Mens raak honger so vroeg in die oggend.
    groetnis

     
  12. Skoor

    Augustus 7, 2008 at 9:56 nm

    Malinda, solank jy baie chillies bysit, dink ek nie jy sal sukkel om wakker te bly nie… Geniet die site, en die rugga!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: