RSS

Maak schnitzels

30 Jun

Platgefoeterde hoender, in ‘n krummel-deeg, met heerlike soet pampoen, patat of soetwortels, en ‘n paar ertjies en groenbone, en jy is so gelukkig soos my kat nou voor die heater is!

Neem ‘n pakkie hoenderborsies, en tussen twee velle cling wrap, slaan jy die bors behoorlik plat.  Gebruik ‘n wynbottel, Klippies bottel of Coke bottel.  Werk op ‘n stewige oppervlak soos ‘n dik houtbord.  Jy wil nie jou oregan pine tafelblad vol hale slaan nie.  Gooi die plat borsies in ‘n bak, en druk twee suurlemoene daaroor uit.  Marineer vir ‘n uur in die yskas.

Met ‘n lekker dungeslaande, reusegroot hoenderbors, gaan jy uit die suurlemoen, direk na ‘n geklitste eier bad, en daarna in krummels (met ou brood gemaak, of gekoop in ‘n pakkie – solank die krummels sout en peper in het).

Braai lekker bruin in vlak olie, en dreineer op handdoek papier.  Met groente, of hierdie sous,  is dit net die ding vir aandete vir die gesin. 

Ai, waar is my pub lunch vir R12.99 dae, met die beste schnitzel in Dorpstraat!

 
7 Kommentaar

Posted by op Junie 30, 2008 in Lekker maklike kos

 

7 responses to “Maak schnitzels

  1. reisiger

    Junie 30, 2008 at 11:22 vm

    Mmmmm…. My gunsteling – hoenderschnitzel met ‘n sampioensous en lekker veggies!!

     
  2. Emmabel

    Junie 30, 2008 at 12:25 nm

    Klink djeerlik!! Jy die heelnaweek kos gemaak of was dit net toevallig Sondagmiddag Lunch? Ek dink dis die suurlemooen wat die ding doen, watertandlekker!

     
  3. Lizet

    Junie 30, 2008 at 4:28 nm

    Mmmmm, ek is mal oor hoenderschnitzels! En ek stem saam met jou oor die souse, ek maak ook self my kaas en knoffel sous, koop nie die pakkies sous nie, dit smaak eenvoudig net nie dieselfde nie.

     
  4. rosalindfranklin

    Julie 2, 2008 at 2:02 nm

    Kan ek nie maar die hoener in ‘n swartsak sit en oor hom reverse nie? Voel makliker.

     
  5. Skoor

    Julie 2, 2008 at 2:07 nm

    Ja jy kan dit gerus doen. Sorg net dat hy dood is en die vere verwyder is. Dit sukkel nogal om ‘n plat hoender te pluk!

     
  6. Skoor

    Julie 2, 2008 at 2:08 nm

    Rosa, maak niemand jou ooit vies nie? Sien hulle gesig op die hoenderborsies, en moker hulle hard.

     
  7. rosalindfranklin

    Julie 2, 2008 at 4:07 nm

    haai….ek sal nooit oor ‘n lewendige hoender ry nie….aan die ander kant is daar wel 1 of 3 mense ….

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: