RSS

Anders as bone op roosterbrood!

02 Jul

Ek is seker as jy enige skoolkind vra wat al self moes sorg vir middagete, baked beans en roosterbrood in die top 5 genoem sal word.  Met kaas op.  En ‘n eier bo-op die kaas.  As die honger lyf kon hou tot die eier gaar is.

Hierdie resep is egter ‘n ander soort boontjie wat as ‘n dip gemaak word.  Eet dit saam met ‘n bruchetta, ‘n chip of ‘n sny gewone brood.

Altyd lekker op ‘n tafel vol mezze.  En dit hou in die yskas vir ‘n paar dae.

Sny ‘n ui klein blokkies, en braai in olie tot sag.  Sny ‘n blikkie tamatiepuree oop, en gooi die inhoud by die ui.

Keer ‘n blik rooi boontjies in die pan uit – met die sap waarin die bone was.  Gooi ‘n teelepel fyn komyn, ‘n teelepel fyn koljander en ‘n half teelepel fyn kaneel by, en meng.  Verhit die bone met die speserye, sodat die geure kan trou.

Rasper so ‘n bietjie suurlemoen/lemmetjieskil in, en druk ‘n halwe suurlemoen se sap by die mengsel.

Proe vir die soutgehalte, en bedien teen kamertemperatuur. 

 
3 Kommentaar

Posted by op Julie 2, 2008 in Lekker maklike kos

 

3 responses to “Anders as bone op roosterbrood!

  1. boendoe

    Julie 3, 2008 at 9:55 vm

    My soort resep! Ek sal dit ‘n go gee.

    By the way. Het jy gesien dat jy no 1 is op Today’s Hot Blogs?? Ek dink dis in afwagting vir Skoorseks! 😆

     
  2. skoor

    Julie 3, 2008 at 10:07 vm

    Ja Boendoe, dit is sekerik in afwagting. Ons laat hulle maar wag terwyl ek en jy nognie besluit het wie skryf waaroor nie…

    Sit jou URL op jou blog ‘n slag in sodat mens op jou naam kan kliek en op jou blog uitval!

     
  3. boendoe

    Julie 3, 2008 at 12:09 nm

    Oukei, oukei, volgende keer, hoor!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: