RSS

‘n Keteltjie Wyn

04 Jul

Ek sal my eersgeboorte reg verkoop vir ‘n Welcom Dover stoof.  Ingebou in my dubbelverdieping huis.

Ek het my Welcome Dover – hy staan in die garage.  ‘n Jaar al.  Ek het my huisplanne.  ‘n Jaar al.  Maar onbevoegde mense staan in die pad van my en my eersgeboorte reg se verkoop.  Daarom droom ek voort, wyl ek voor my kaggel sit en die stoom by die enamel ketel se bek sit en dophou, en sien waar die stoom deel raak van die ewigheid rondom die ketel.

Die Duitsers noem haar Gluwein.  Met ‘n ” op die u.  Ek noem dit sommer net moeilikheid.  Want as jy begin het, hou jy nie sommer op nie.  En as jy nie ophou nie, is jy spyt.

Dis winter, en as jy ‘n enamel keteltjie het, en ‘n kaggel, word deel van die vuurstaarders!  Die alternatief is die gasstoof of die elektriese stoof.  Maar moenie die ervaring misloop nie.

Neem ‘n botteltjie lemoensap – so 300ml met stukkies lemoen in.  Of druk jou eie lemoene uit – voeg bietjie suiker by as die lemoene suur is.  Gooi dit in die ketel, en verhit op die stoof/gasstoof tot die eerste borrel ‘bloep’ maak in die ketel se pens.  Voor daai ‘bloep’ gehoor word, moes jy al 3 naeltjies, 1 stuk kaneel en ‘n skyfie gemmer (as jy wil) ingegooi het.

Draai die hitte af, gooi 750ml rooiwyn (uit ‘n bottel of uit ‘n doos) by die sap, en kyk, as die eerste stoompies die tuit verlaat, neem jy vir ketel kaggel toe, vir ‘n staanplekkie naby die hitte.  Die ketel moet nou nie verder kook nie, die vloeistof moet net warm bly.

Neem jou blikbeker of kristal glase, en teug aan die heerlikheid.  As jy na die eerste glas besef die een batch gaan te min wees, staan dadelik op, en sit die bestanddele reg vir die 2de rondte.  Dit raak al hoe moeiliker om op te staan met die warm heilsaamheid in jou are.

Skoor se manier van doen:  maak haar dubbel aan van die eerste gedagte aan Gloeiwyn.  Dit spaar jou die verleentheid van ‘n lee ketel.

 
5 Kommentaar

Posted by op Julie 4, 2008 in Lekker maklike kos

 

5 responses to “‘n Keteltjie Wyn

  1. Wipneus!

    Julie 4, 2008 at 8:37 nm

    Skoor ek is so bly oor die resep!!!

     
  2. Emmabel

    Julie 4, 2008 at 11:23 nm

    Ek se vir jou, my mond water! Ekt nogal in die week gewonder oor my verlore resep. Nogal jammer ek kan nie die vakansie Kaap toe gaan. Keep on dreamin’!

     
  3. koeksister

    Julie 8, 2008 at 4:53 nm

    Ek spog ook met ‘n Dover stofie, hy staan nog nie waar ek my hande op hom kan lê nie, maar eendag is eendag. Daar staan op hom uitgegrafeer ” Patented 1895″.

    Gaan definitief jou gluwein maak, my man het dit eenkeer vir my gemaak toe hy van Namibie afkom, maar hy ken nie hierdie resep nie..

     
  4. skoor

    Julie 8, 2008 at 9:20 nm

    Die resep bestaan uit vele komponente – ek kies altyd die kortpad. Jy kry ook gluwein sakkies, met al die speserye in ‘n moeselien sakkie, en dan sit jy dit in die wyn, maar ek hou maar van die ding so van sy ma af doen – en ek gee nie om as ‘n naeltjie in die glas land nie.

    Dit bepaal jou vlak van nugterheid – solank jy nog ‘om’ die naeltjie kan drink, kan die ketel vol gemaak bly. Die oomblik as jy hom insluk, moet jy gaan le.

    Gee jou Dover ‘n soen. Ek het in my ouma se huis voor een grootgeword. Is vir my meer werd as ‘n gasstoof.

     
  5. koeksister

    Julie 9, 2008 at 11:28 vm

    hehe, sal dit onthou🙂

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: