RSS

Marinades

06 Jul

‘n Klassieke sous, wat deesdae baie in oosterse kookkuns gebruik word, is TERIYAKI.  Dit werk wonderlik as jy veral steak daarin laat marineer, en die suiker in die sous, veroorsaak heerlike karamelisering wanneer die vleis op warm hitte neergelaat word.

Sit 2 koppies soya sous (die light is gesonder – die sout inhoud is laer as die gewone soya sous), 1 koppie suiker, 6 knoffelhuisies en ongeveer 5cm gemmer, saam in die voedselverwerker, en maak alles baie fyn.  Hou in die yskas as alles nie gebruik word nie.

 

Suurlemoen, suurlemoen, suurlemoen.  Dit maak alles sag.  Taai steaks oornag in suurlemoen, hoender oornag in suurlemoen of vark oornag in suurlemoen.  Wit vis, in klein blokkies gesny, het net suurlemoen nodig om dit te kook – kyk hoe die kleur verander!  Die wenner wenk vir hoender kry jy hier, en hierdie is my absoluut gewaarborgde wenner.  Jy sal met ‘n swaar gemoed ooit weer ‘n hoender net so uit die winkel in die oond druk! 

 

‘n Wonderlike marinade vir skaaptjops, en ‘n welkome verandering in die geur van gebraaide lam/skaap, is om gedroogte roosmaryn te neem, en dit fyn te maak in die vysel en stamper, en oor die tjoppies te sprinkel.  Skeut ‘n skoot worcestersous aan beide kante van die vleis, en vrywe die krui en sous lekker oor die vleis.  Ten minste vir ‘n uur voor dit die kole tref.  Vars roosmaryn werk ook, sny dit baie fyn met ‘n skerp mes.

 

Fyngesnyde knoffel, heel takkies tiemie en suurlemoen tussen hoenderstukkies, verrig wondere vir die geur van die dis.  Kneus die tiemie effens sodat die olies vrygestel kan word.

 

Kinders is gek oor die smaak van tamatiesous, blatjang, worcestersous en ui oor gebraaide hoender.  Neem ‘n koppie tamatiesous, ‘n half koppie blatjang, ‘n groot lepel worcestersous en ‘n gerasperde ui, meng saam en marineer hoender hierin voor dit kole toe gaan.  Volg hierdie wenk en kook die hoender oor baie lae hitte in die marinade om die braaiproses te verkort.  Neem ‘n lepel en bedek die boonste stukke hoender met die sous gedurende die kookproses.

‘n Lekker steak marinade, en persoonlike gunsteling van my is om ‘n suurlemoen oor die steak uit te druk, gevolg deur ‘n goeie klomp olyf olie, en ‘n eetlepel sesame olie.  Na ‘n paar uur by is daardie steak sag en baie geurig.  Die waaghalsiges kan altyd ‘n ‘rub’ maak van knoffel en sout, wat met ‘n mes platgedruk, en tot ‘n pulp gemaak word, ook oor die vleis smeer.  Voorwaar ‘n heerlikheid!

 

Varkvleis wat gebraai gaan word, kry sommer ‘n eersteklas smaak as 1 teelepel kerriepoeier, 2 teelepels borrie en 2 teelepels suiker gemeng word met 2 teelepels asyn, en ‘n bietjie water, om ‘n pasta temaak.  Verdun verder met bietjie water of witwyn, en sorg dat al die vleis van die marinade oor kry.  Neem dungesnyde uieringe, en sit dit onder en bo die stukke vleis, en marineer vir ‘n paar uur voor daar gebraai word.  Braai vleis met die uie op – die geure is heerlik.

***Let dat ek feitlik nerens sout noem nie – elke kok het sy smaak vir sout.  Hierdie is slegs riglyne vir ekstra geur.  Sout en peper na smaak, en die smake kom bymekaar.

 
6 Kommentaar

Posted by op Julie 6, 2008 in Lekker maklike kos

 

6 responses to “Marinades

  1. Emmabel

    Julie 8, 2008 at 12:00 nm

    Weet jy, jy kan darem mens se mond laat water. Die skaaptjops en roosmaryn – ek vryf my tjops in met bietjie olyfolie en ‘n druppel suurlemoen en dan die roosmaryn. Gooi sommer die roosmaryntakkies in die kole ook.

     
  2. skoor

    Julie 8, 2008 at 9:23 nm

    Emmabel, die idee is om mense lus te maak vir kook!

    En ek jok nie oor een van die resepte nie. Dis lekker eenvoudig, ek het geen kook opleiding nie, en ek glo om ‘n ding vinnig, dog keurig voor te sit – en dit is wat ek hier probeer weergee.

    Probeer bietjie daai worcestersous – dit maak ‘n reuse verskil!

     
  3. Paula

    Julie 9, 2008 at 10:58 vm

    Klink heerlik!

     
  4. Emmabel

    Julie 10, 2008 at 8:51 vm

    Sou nog nooit dink jy jok nie!
    Wag nou net vir die reen om op te klaar, dan doen ek die Worcestersous ding.🙂

     
  5. Melani van Zyl

    Augustus 12, 2008 at 2:14 vm

    Ek is opsoek BAIE DRINGEND vir n baie lekker spitbraai marinade resep. Kan iemand my help asseblief. Al my resepte boeke is nog in SA en ek sit in Australie.

    Baie dankie
    mel

     
  6. Skoor

    Augustus 12, 2008 at 10:07 vm

    Melanie, ek het nog net in die tuin gespit.🙂

    Ek stel voor dat jy kyk na die marinades in die blog inskrywing, en maak dit dan in grootmaat aan.

    Mens kan nooit verkeerd gaan met roosmaryn, olyfolie, suurlemoensap en soyasous, vir ‘n lam nie.

    Pasop vir ‘n marinade met suiker in, want dit kan vroeg in die gaarmaak proses aanbrand.

    As jy gedroogde roosmaryn gebruik, maak dit fyner in ‘n vysel en stamper om die geur beter vry te stel, en die gedroogde stokkies van roosmaryn kan mens in die mond steek.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: