RSS

Pampoenkoekies

10 Jul

Een manier om die kinders te kry om pampoen te eet, is om bietjie moeite daarmee te doen, en genoeg kaneelsuiker oor te strooi, en stil te wees oor wat verorber word!

Neem 500ml gaar pampoen (sorg dat dit nie nat is nie – sit dit in jou meelsif as daar water is wat moet dreineer) en gooi by:  1/2 koppie koekmeel, 5ml bakpoeier, knippie sout en 2 geklitste eiers.  Roer goed deur om ‘n slap mengsel te vorm.  As jy vind dat die mengsel ‘n stywe affere is, gooi bietjie melk by.  En as dit te slap is, gooi nog meel by.

Braai hopies in olie, bruin aan albei kante, en dreineer op handdoek papier.  Sit warm voor.

 
9 Kommentaar

Posted by op Julie 10, 2008 in Lekker maklike kos

 

9 responses to “Pampoenkoekies

  1. krista

    Julie 11, 2008 at 10:12 vm

    Ek het so ‘n vermoede dat Lyfie my hierheen gaan stuur . . . gereeld . . .😉

     
  2. Wipneus!

    Julie 11, 2008 at 4:08 nm

    Ek is ook ‘n kinders, dis darem die lekkerste manier om pampoen te eet😉

     
  3. Skoor

    Julie 14, 2008 at 8:21 nm

    Ek eet enige pampoen, net so van sy ma af, of in koekies of gestoom. Dis nou een ding wat my nog nooit dikkeel gelaat het nie.

    Krista, ek sal dan maar moet perform vir die her-besoeke!

     
  4. neykie

    Julie 16, 2008 at 1:24 nm

    hmm klink lekker

     
  5. Johan

    September 19, 2008 at 1:03 nm

    Lekker, baie lekker!

     
  6. skoor

    September 24, 2008 at 10:43 vm

    Johan, nou moet jy net ‘n mild lamskerrie kook en die pampoenkoekies daarby eet. En geroomde spinasie daarby – hemels!

     
  7. Adelene

    Oktober 27, 2008 at 11:38 vm

    Hi daar daai beskuit (die gesondheidsbeskuit) is BAIE LEKKER – baie dankie man dit het heerlik uitgekom!

     
  8. Skoor

    Oktober 27, 2008 at 11:48 vm

    Fantasties Adelene! Dankie vir die terugvoer. Ek waardeer dit.

     
  9. crossforge

    Desember 15, 2015 at 3:19 nm

    Neem aan met bietjie kaneel suiker.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: