RSS

Soutribbetjie

14 Jul

Ek lees noudie dag in ‘n resepteboek wat ek as boekprys op skool gekry het (ja, hulle moes jaaaare vooruit gesien het!) van ‘soutribbetjie’.

As jy gedink het soutrib is ‘n rib met baie sout, en kole toe, is jy verkeerd.  Soos wat ek was.

Soutrib het verseker in ‘n ‘koelkas’ gehang, en dit is nie ‘n koelkas soos ons vandag ‘n yskas ken nie. 

Op my oupa se plaas was daar nog ‘n koelkas.  ‘n Regop steenstruktuur met ‘n dammetjie bo-op wat maar kon lek, want dit het die proses vergemaklik.  Die dik mure, en die lekkende water teen die mure af, het gesorg dat die binne-kant van die koelkas yskoud was.  Hier-in is die slaggoed gehang, en het niks oorgekom nie.

O, die nostalgie as ek aan die oumense se praktiese dinge dink.  En die lewensstyl wat ons vandag het…

Die skaapribbetjie is ingevryf met 1/2 koppie growwe sout, 1 eetlepel suiker, en ‘n 1/2 teelepel salpeter.  Dan is dit vir 2 dae gelos, maar telkens omgedraai (seker as ouma soggens en saans die hoenders gaan kosgee het).

100_5998Na dag 2 is dit opgehang om winddroog te word.

Dan is dit afgewas, opgekook tot dit sag was, en oor die kole gerooster.

Magtag, ek kan dit proe!

Ek bou sommer ‘n koelkas.  Of maak plek in my yskas vir die rib om te hang.

 
Lewer kommentaar

Posted by op Julie 14, 2008 in Lekker maklike kos

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: