RSS

Wraps, Rooties en Poppadums

18 Jul

Bederf bietjie die mede-eters met iets volksvreemd by kerries en bredies.  Ek het die Toskaanse maal gemaak, met heerlike poppadums as byknibbel.

Poppadums kan vreeslik moeite wees, omdat jy dit moet braai in warm olie, en die idee my nog nooit aangestaan het nie.  Totdat ek gemerk het dat ‘n maatskappy in die Kaap, poppadums vervaardig wat jy vir 90 sekondes in die mikro druk, en net sulke wonderlike sukses het as om dit te diepbraai.

‘Spice and all things nice’ is in die Kaap, en as jou Spar of Pick ‘n Pay dit nie aanhou nie, vra die bestuurder om dit te bestel.  Dit is ‘n wenner!

‘n Maalvleis kerrie hoef nie net op rys bedien te word nie.  Met Basmatiese rys deesdae teen R80 vir ‘n pakkie, is dit wragtag belaglik om enigsins van die soort rys aan te skaf.  Ek het ophou Tastic koop, omdat gewone witrys net nie die smaak het wat ‘n Basmatiese- of Jasmynrys het nie.  Probeer soms ander rys soorte by jou geregte, en beleef ‘n nuwe smaaksensasie!  Dis nou wanneer die ryspryse eendag weer daal…

As jy klein blokkies aartappel by die kerrievleisies sit, kan jy dit altyd toedraai in ‘n Rootie, wat meeste winkels in hulle koue- of vriesrakke aanhou, of as jy so gelukkig is soos ek om ‘n speserywinkel naby te he, sal die tannie vir jou tuisgemaakte rooties uit die vrieskas aanbied.  Gooi ‘n lyn kerrievleis in die middel van ‘n warmgemaakte rootie, gooi die vleislyn toe met die een kant, en rol van die plat kant af, styf op.  Heerlik.  Wraps kan ook soos rooties gebruik word.  Enigiets is moontlik in jou eie kombuis!

Wraps word ook by kerries geskeur om soos ‘n poppadum geniet te word, en lek die laaste brediesousies met ‘n stukkie wrap op.  Ander wrap idees is hier, as jy dit as ‘n ete op sy eie wil maak.

As jy naan brode kan opspoor, moenie huiwer om dit te koop nie.  Wat ‘n absolute ongesonde heerlikheid.  Eet dit op sy eie, of met ‘n bredie.

 
2 Kommentaar

Posted by op Julie 18, 2008 in Lekker maklike kos

 

2 responses to “Wraps, Rooties en Poppadums

  1. boendoe

    Julie 20, 2008 at 10:49 nm

    Hoe weemoedig voel ek nie nou nie! My oorle ex het elke Saterdag ‘n ‘authentic Indian curry’ gemaak, poppadums and all. Ek sal bietjie uitkyk vir daai mikro-outjies. Ek en olie was nog nooit maters nie.

     
  2. Skoor

    Julie 23, 2008 at 4:20 nm

    Dis ‘n kosbare herinnering! Ek hoop jy kom reg, anders weet jy mos…

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: