RSS

‘n Vinnige pasta vir stadig eet

23 Jul

Daar is niks soos ‘n vinnige pasta wat proe of daar dae se voorbereiding in is nie, en mens kry dit net reg met room!

‘n Regte tamatiesous moet ure kook.  Maar met die verneuksous gaan jy nie tweede kom by jou geliefde nie.  Daar gaan met ander oe na jou gekyk word.

Die pasta om te gebruik is fettuchini, maar spaghetti werk ook.  Of tagliatelli.

Sny ‘n ui in klein blokkies en neem ‘n pak spek en sny dit ook in klein blokkies – gevriesde spek en ‘n skerp mes is ‘n dodelike kombinasie. 

Kyk vanaand:  as die ontdooide spek le en stoei soos twee varke in ‘n streepsak onder jou mes, IS DIE MES TE STOMP, en kort jy vir eens en vir altyd ‘n goeie sjef’s mes.  Bele een maal in ‘n duurder produk, en stres nooit weer oor snywerk nie.  Kyk bietjie na die Victorinox reeks (boervroue, se julle mans moet een by die kooperasie op die rekening koop!) wat fantastiese messe het.

Braai die spek tot bruin en bros in bietjie olie.  Gooi nou die ui by, en net voor dit heeltemal glasig word, twee huisies gesnyde knoffel. 

Druk ‘n pakkie tamatiepasta uit in die pot, en meng deur.  1 Teelepel suiker so vir die ekstra liefde, en draai die hitte laag.  Teen die tyd moes jy al gemulti task het en die pasta begin kook het!

Gooi ‘n houertjie room in, roer deur, en as jy dit in die tuin het:  fyngesnyde spinasie.  Ek het ‘n pak gevriesde spinasie gekoop, en nou loop alle geregte deur!  Jy kan dus gevriesde spinasie ook ingooi.  Of as jy dit nie like nie, dan gooi jy niks op die punt in nie.

Laat die room bietjie verdik, en dreineer die pasta.  Roer nou die pasta by die sous in, sit die hitte af, en roep die eters nader.

Teen die tyd dat die tafel gedek is, het die pasta weer 30% van sy gewig in sous geabsorbeer, en is julle in vir ‘n treat.

Variasies kan chillies, songedroogde tamaties, fyngesnyde repies soetrissie of sampioene ook insluit.  Wees avontuurlustig.  Wees kreatief.  Mens leef net een keer, en as dit jou laaste maal is, bedien wyn daarby!

Ek is weg vir ‘n seekos en ‘n bubbly, geniet die kook!

 
6 Kommentaar

Posted by op Julie 23, 2008 in Lekker maklike kos

 

6 responses to “‘n Vinnige pasta vir stadig eet

  1. reisiger

    Julie 23, 2008 at 7:16 nm

    Dit klink heerlik Skoor! Ons het onlangs oorgeskakel na gas en hierdie gereg gaan sommer baie vinnig gemaak kan word!! En daar’s lekker spinasie in my tuin… So ek dink hierdie gereg is op môreaand se spyskaart!!

     
  2. Wipneus!

    Julie 23, 2008 at 9:16 nm

    Skoor die resep klink lekker en vinnig. Dankie ek gaan die een probeer!!

     
  3. Marisa

    Oktober 30, 2008 at 4:29 nm

    nadat die spek lekker gebraai het, gooi ‘n halwe gekapte ui en ‘n paar wiele murgpampoentjies by, braai ligges , meng die room en pasta by. heerlik. nog lekkerder met vars rolletjies met lekker baie botter

     
  4. Skoor

    Oktober 30, 2008 at 4:40 nm

    Mmmm Marisa, my murgpampoentjies staan kordaat in die beddings, en sodra hulle hul kant bring, sal ek dit sowaar probeer!

    Ek en Skoorlief het vanoggend gese dat botter enigiets sal laat beter smaak! Lyk my jy ken van.

     
  5. BB

    November 5, 2008 at 3:45 nm

    BB se eier (volstruis-eier):mrgreen: :
    Goeie, ordentlike down-to-earth basiese resep dié (sonder die spek). Net ter inligting: die teelepel suiker is briljant (ek weet nou nie of jy so slim gebore is en of iemand jou dit geleer het, maar hier is die ware rede vir die suiker toevoeging) – en nee, dis nie vir ekstra liefde nie:mrgreen: : tamaties is acidic en die suiker counteract die ‘suur’ en ‘tart’ smakie van die vrug.
    (Onthou net om die knoffel te ont’pit’ soos elders bespreek op hierdie yummy blog😉 pasop vir knoffel braai (dit raak bitter as dit verby ‘glaserig’ kom).
    (Niks fout daarmee om ‘n blik geskilde tamaties of selfs ‘n goeie skoot All Gold tomato sauce ook by te voeg as jy die sous wil rek nie. Alhoewel vars (ietwat oorryp tamaties steeds ‘n wenner bly). Doop hulle in ‘n bak kookwater – skil kom dan maklik af en kap met daardie nuwe skerp veeldoelige Victorinox fyn of plaas in voedselverwerker. As jy genoeg oorryp tamaties het kan jy sommer almal verwerk en in bakkies vries vir anderdag se pasta of pap & sheba (niks so *yuck* en ‘kommin’ soos stukkies tamatieskille selfs in sheba nie!!)
    Goedkoop pasta benodig olie tydens die kookproses om te keer dat dit aanmekaar vassit – 100% Durum Semolina pasta het nie olie nodig nie (die olie ‘coat’ die pasta en beperk opname van die sous later). Neem jou tyd (pasta neem ongeveer max 12 minute om te kook – roer versigtig elke minuut of wat met ‘n houtlepel om te keer dat dit oorkook… (as dit dreig om oor te kook en jou ma’t jou geleer van olie by die water – well, she was wrong!! Kry ‘n groter pot! Jy’t ten minste 250ml water nodig vir elke 100g pasta)
    Moenie pasta te veel afspoel nie! Haal van die hitte af en gooi ‘n glas yskoue water in die pot om die kookproses te stop sodra dit gaar is. Gooi in ‘n vergiettes – skud ‘n bietjie, maar moenie spoel nie!
    Bedien die pasta altyd vars en góéd warm – niks se ge-louerig nie. Dus, kook jy die pasta terwyl almal om die tafel lekker kuier en ‘n glasie op jou klink – die sous kan jy selfs die dag voor die tyd maak – die pasta nie!
    As jy pasta liefhebber is móét jy ‘n basil plantjie in jou kruietuin of op jou vensterbank hê – it’s a perfect threesome: pasta, tamatie en basil😆
    As jy gedroogde kruie gebruik, moet jy dit nie uit die botteltjie in die souspot gooi nie – gooi ‘n teelepel of twee in jou hande en vryf jou hande bo-oor die pot teen mekaar – dit stel die geur vry.
    Onthou gebruik minder gedroogde kruie (in volume) as varses – jy kan nie overdose op vars nie, maar as daai fyn herb-poeier eers jou pot getref het kry jy dit nie sommer daaruit nie!
    Goeie pastasous kook 1-2 ure!!😯 Jip, jeppa, waaragtig so! Ek weet die average tong het al verleer om die verskil te proe, maar ek weet wat ek weet en ek weet as dit sommer ‘n wam-bam-thank-you-mam kinda pasta was.
    Moet nou nie gaan staan en wonder hoe jy gaan tyd kry om vanaand vir liefie pasta te kook nie – ek sê mos: maak ‘n groot pot van die sous aan en kook genoeg vir môreaand se onverwagte gaste…
    Niks fout met ‘n 100ml rooiwyn in die sous nie – die alkohol kook afterall weg en die geur maak ‘n moerawiese verskil.

    Skoortjie – ek sal die (gestoofde – nie doodgekookte) murgpampoentjies roerbraai in ‘n skootjie olyfolie en ‘n eetlepel of twee botter met uie en ‘skoon’ by die pasta eet – ja ok, jy kan die room byvoeg (of selfs buttermilk – ehhhm kan nie nou onthou wat dit in Afrikaans is nie), maar ek voel marrows se hele smaak gaan verlore in tamaties – jy kan wel sampioene daarmee saambraai – die twee compliment mekaar. As jy die dis ‘top’ met fyngekapte roosmaryn is dit divine!

     
  6. Skoor

    November 5, 2008 at 3:58 nm

    Is so Bee Bee, is so.

    Maar ‘ekstra liefde’ klink darem net baie beter as om die acidity te balance, en dit is nie ‘n wetenskap klas nie, maar ‘n cyber resepteboek.

    Maar verder is alles waar. Behalwe die AllGold toevoeging…

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: