RSS

Wat maak jy met jou oorskiet rys?

28 Jul

Ek het eend take aways gehad Vrydag aand, en die porsie rys was te groot om alleen klaar te maak.  Wat maak jy met dure rys wat oorstaan, ‘n lus vir kook wat ook met naweek getref is, en die gebrek aan lus om vir een mens kos te maak?

Jy neem die rys, sny ‘n blikkie tuna in water oop, dreineer dit, gooi dit by die rys, neem gewone Raja kerriepoeier, sprinkel daarvan in, bietjie borrie en rooipeper, gevolg deur ‘n girts of 2 swartpeper.

Gil nie en vrees nie – meeste droe bestanddele se hitte word geaktiveer wanneer dit met hitte en sous in aanraking kom, en dit gaan nie in jou bak rysslaai gebeur nie.

Nou neem jy tamatie en sny dit kleintjies op, gooi dit in, gevolg deur ‘n skep mayonnaise.  Meng deur, gryp jou stokkies wat jy laas met die chinese take aways gekry het, en gebere het vir ‘n dag soos vandag, gaan sit langbeen voor die vuur, en eet lekker aan jou maal.  Sit wat oorbly in die yskas, want jy gaan netnou weer lus voel daarvoor.  Dit is ietwat verslawend.

 
5 Kommentaar

Posted by op Julie 28, 2008 in Lekker maklike kos

 

5 responses to “Wat maak jy met jou oorskiet rys?

  1. boendoe

    Julie 29, 2008 at 12:11 nm

    Ja, oorskietrys is ‘n pyn innie alie. Gewoonlik neuk ek dit weg. Ek sal hierdie een probeer.

     
  2. boendoe

    Augustus 1, 2008 at 2:13 nm

    Reminder…kyk na jou spamboks….

     
  3. Skoor

    Augustus 1, 2008 at 3:03 nm

    As jy gelukkig is om hoenders te he, hoef jy dit net oor die agterdeur te skiet…

     
  4. HELENA

    Januarie 21, 2009 at 12:48 nm

    dis nogal ‘n oulike resep, want gooi ook my rys weg,wantrys wat in die yskas gevries word smaak nie lekker nie.

     
  5. Skoor

    Januarie 21, 2009 at 12:55 nm

    Helena, ek het altyd ‘n swaar hand as ek rys afmeet.

    En om kos deesdae weg te gooi is soos sonde! Dan is ek verlig as ek iets daarmee kan doen.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: