RSS

Tamatiebredie wat enigiemand kan kook – drukkoker of pot metode

05 Aug

As jy ‘n drukkoker het en jy het nie baie tyd nie, is hierdie tamatiebredie net vir jou.

Neem jou vleis waarmee jy graag bredies kook – in ons huis word dit beentjievleis genoem – en verwyder die vet.  Daar is min dinge so aaklig soos ‘n bredie met ‘n laag vet op. 

Sit die drukkoker op die stoof/gas, en maak sy boom solank warm.  Sny ‘n ui in blokkies en braai tot glasig.  Gooi die vleis in.  Die hoeveelheid hang af van hoeveel mense, of hoeveel keer se eet jy daaruit wil kry.

Gooi 2 blikkies heel tamaties, en een pakkie of blikkie tamatie puree in die pot, met so een tot 2 blikkies se waarde in water, en sit die deksel en al die bybehore op, en laat die pot toe om sy druk op te bou.

Kook vir 45 minute, verminder die druk soos jou pot dit toelaat, en sit terug op die hitte.  Gooi aartappelblokkies of baba aartappels in half, in, en kook sonder deksel vir nog ongeveer 40 minute.  Die sous sal verminder en verdik, en ‘n hartlik heerlik bredie sal vorm aanneem.  Sout en peper na smaak.

As jy te lui is om rys hierby te kook, neem ‘n pakkie Two Minute Noodles, breek dit in kleiner stukke, en roer deur.  Die sous van die bredie sal dit vinnig kook, en dit maak ‘n lekker afwisseling.

Gooi 2 teelepels suiker in, roer deur en skep op!  Dis om die suur van die tamaties ‘n dwars-klap toe te dien. 

Dinge wat jy kan bysit:  Knoffel, wortel wiggies, ertjies – die opsies is eindeloos, maar as jy nie tyd of krag het vir variasies nie, is die basiese bredie iets wat jou gladnie sal teleurstel nie.  Gewaarborg!

Bedien met geroosterde ciabatta as daar ‘n lang sousie is wat opgevee kan word.  

As jou sous lank en maer is en die woede uit jou irriteer, maak so ‘n lepel meel met kouewater aan en laat in die pot plons.  Kook stadig deur.  Die meel sal die sous bietjie kuite gee.  

As jy nie ‘n drukkoker het nie, en ‘n pot gebruik, sorg dat jy ‘n bottel wyn of goeie geselskap het.  Dit gaan effens langer neem, maar die eindresultaat bly lipklap!  Probeer bietjie ‘n tamatie pot op die vuur… 

 
2 Kommentaar

Posted by op Augustus 5, 2008 in Lekker maklike kos

 

2 responses to “Tamatiebredie wat enigiemand kan kook – drukkoker of pot metode

  1. bytjie

    Augustus 6, 2008 at 5:55 nm

    Hi skoor, Dellie het gesê ek moet hier by jou kom resep soek, kan jy help asb. ek soek `n kopkool en maalvleis resep mens draai die maalvleis in die kool blare toe en maak dit gaar, maar hoe, kan jy asb help dankie

     
  2. skoor

    Augustus 7, 2008 at 11:56 vm

    Bytjie, ek weet presies waarvan jy praat, en as ek my ma in die hande kan kry, kan ek die resep vir jou gee. Hopelik voor die naweek, hou net moed.

    En Dellie het nie gejok nie, al skiet sy baie spek!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: