RSS

Daar’s chocolate mousse op die draadloos!

19 Aug

Amore Bekker van RSG (Die Bek) het haar blessing gegee dat ek die resep kan plaas, so thanx Bek.  🙂

Amore het ‘n manier waarop sy die volk aan die kook wil kry, of die liefde in haar lewe wil leer kook met die volk se idees, ek kon dit nognie uitfigure nie, maar dit is nietemin ‘n treffer.  Luister mooi, jy mag Helen Zille hoor resepte gee, of ‘n boetebessie hoor giggel.  Anyway, dit is gatskop draadloos, vol verassings.  Weeksdae na 16:30 kan jy begin uitluister vir haar resepte oproep.

Sy bel Vrydag ‘n tannie, ene Minette, en die gee die wonderlikste mousse resep oor die lug.  So lekker, ek proe sommer die mousse, en toe die tannie amen se, toe gooi ek sommer in my gedagtes ‘n doppie 10 Jaar KWV ook by daai mousse.

Neem 18 marshmallows (nie die geure van druiwe en mango en daai twak nie, nee, die gewone wittes en pienkes), ‘n groot blik Ideal Milk, en ‘n slab tjoklit, by name Midnight Velvet.

Sit marshmallows, tjoklit en 100ml Ideal Milk in ‘n glasbak, en smelt stadig in die mikro.  Klits gereeld met ‘n draadklitser om die klonte uit te kry, en te sien dat alles smelt en vermeng.

Verkoel die res van die Ideal Milk, en sodra die mikro-mengsel afgekoel is, klits jy die Ideal Milk styf, en meng in by die tjoklit-mallows.  Dit is ook nou net hier waar ek vir ekstra geur ‘n doppie KWV inwerk.  Verkoel en val weg.

Dankie tannie Minette, ek gaan dit probeer met die eerste buite ete van die lente, waar ons die tafel op die grasperk kan uitdra!

 
23 Kommentaar

Posted by op Augustus 19, 2008 in Lekker maklike kos

 

23 responses to “Daar’s chocolate mousse op die draadloos!

  1. reisiger

    Augustus 19, 2008 at 5:23 nm

    Ek luister ook graag in die middae as Amore iemand bel vir ‘n resep maar ek het nie Vrydag geluister nie. Hierdie resep klink na ‘n treffer!! En soos jy sê – vir die eerste buite ete van die lente!! Kan nie wag nie!

     
  2. Krista

    Augustus 19, 2008 at 5:37 nm

    Hmmmmmmmmmmmmmmmm . . . .

     
  3. Krista

    Augustus 28, 2008 at 5:03 nm

    Ons het toe laas naweek hierdie een gedoen, maar nie room gehad nie. Toe gebruik ons sommer kondensmelk en idealmelk. Njammies!

     
  4. skoor

    Augustus 29, 2008 at 8:00 vm

    Salig Krista, salig! Ek lees netnou die gesegde: I’d give up chocolate, but I am NOT known to quit!

    Hoes daai vir ‘n naweek voorneme…

     
  5. Emmabel

    Oktober 2, 2008 at 10:34 vm

    Godorie Skorie, daai mouse is lekkerrrrr. Dit was ons vakansie bederf, het dit gister gemaak. Vrek lekker en maklik. Ek beveel aan dat mens dit sommer uit die staanspoor dubbel maak. My seuntjie praat vanoggend nog van daai lekker poering wat ons gister geeet het! Sal dalk vlg keer meer van die donker tjoklit bysit. Maar dis yti jimmel!!

     
  6. skoor

    Oktober 2, 2008 at 11:12 vm

    Ek is bly dit was ‘n treffer. Ja, toe ek die resep aanhoor, het ek geweet hier kom ‘n ding.

    Maak maar vir hulle nog, pasop net vir die tjoklit rush, netnou soek jy weer ‘n resep om hulle aarde toe te bring, en daai is nie op die blog nie.

    Laat hulle bietjie pampoenkoekies bak. Met baie suiker oor, dan kyk jy of hy weer rave daaroor.

    Solank julle saam kook en speel hou jy die belangstelling geprikkel, en ek moet se, in my huis, as die jongeling help, eet hy tot spinasie. Met moeite, maar hy moet sy eie handewerk proe, anders kan hy nie vouch daarvoor nie.

     
  7. Emmabel

    Oktober 2, 2008 at 12:13 nm

    Bye, gaan nou pampoen koop! 🙂

     
  8. BB

    Oktober 28, 2008 at 1:03 nm

    How’d I miss this one??? 😯
    Seker weer half aanie slaap gewees.
    Wel, ek gaan die naweek vir Helge hierdie maak – hmmmm… d’ya think mens kan dit met ‘n kwassie aanwend ook?? :mrgreen:

     
  9. Skoor

    Oktober 28, 2008 at 1:29 nm

    Ja BeeBee, as ek julle kiekie so kyk, het jy ‘n roller kwas vir daai groot man van jou nodig!

    Hoe het jy dit gemis? Jy’t seker nooit gekyk nie!

    🙂

     
  10. BB

    Oktober 28, 2008 at 2:12 nm

    Ek doen floor to ceiling murals op hom :mrgreen:

     
  11. Skoor

    Oktober 28, 2008 at 2:17 nm

    En op hierdie KOStelike noot, volstaan ons, voor dit ‘n gruwelike storie raak.

    😉

    NS: ek het nie besef jy verf ook nie…

     
  12. BB

    Oktober 28, 2008 at 2:34 nm

    Ek isse true artist! Ek paint hoendervleis!! 🙄

     
  13. Skoor

    Oktober 28, 2008 at 2:47 nm

    Jy paint hoendervleis?

    Dat dit staan, of as dit staan?

    Dit=hoendervleis, natuurlik. 🙂

     
  14. BB

    Oktober 28, 2008 at 2:52 nm

    😯 Wie’s nou gruwelik!?!? :mrgreen:

    /me zips her lips

     
  15. Skoor

    Oktober 28, 2008 at 2:54 nm

    Kyk, wat ‘n Dui(st)er begin, kan geen Boervrou net so los nie!

    Lekker verf…

    😉

     
  16. BB

    Oktober 28, 2008 at 3:08 nm

    Waarvoor dink JY staan BB??? 🙄

    BoereBors!!! :mrgreen:

    (ek’s ‘n aangetroude, stief, skoonkind van die Afrikaner – toe ek my oge op hulle lê, toes’it klaarpraat – ek’t hulle adopt – die hele bleddie spul.)

    I ♥ Afrikaans 😀

     
  17. Skoor

    Oktober 28, 2008 at 4:28 nm

    Jy stel dit so mooi! En dit het alles begin by bodypaint thoughts.

     
  18. BB

    November 3, 2008 at 11:28 vm

    Ok terugvoer: die Mousse is DIVINE!! AWESOME!! DE(VI)LICIOUSLY SINFUL!!
    Ek het die GROOT blok midnight velvet gebruik – een vraag: vir die hoeveelheid Ideal en Marshmallows is die klein blok (200g??) dalk genoeg? Want die mousse was so ryk en ‘thick’ – ek kon hom nie opgeverf kry nie… maar ek het hom gepleister daarmee – my talente as sculptor tot die uiterse gedryf en absolute perfeksie geskep. :mrgreen: Only problem: ek moes dit met ‘n eierspaan afeet, want soos reeds gesê was die mousse so dik, dat my tong se spierkrag my liederlik in die steek gelaat het :mrgreen:
    (ek gaan die ding beproef elke liewe naweek – if it takes me the rest of my existence to perfect it!!!) 😀

     
  19. Skoor

    November 3, 2008 at 11:36 vm

    Jis jis my entertainment joernalis, BeeBee.

    Ek ken die hoeveelhede nie, want dis nie my resep nie.

    Jou vertelling het my wel laat dink dat dit soos ‘n wax session kon gelyk het, vir enigiemand wat deur die venster sou loer.

    Ek hoop jou eierspaan was van silikon en nie metaal nie, die arme man se lyf.

    Julle het seker ‘Ghost’ gister op MovieMagic gekyk, en toe het jy die idee gegryp om te sculpt…

    Net ‘n tip: ‘n warm man laat tjoklit smelt – jou tong sal beter doen as jy hom (die man) eers bietjie heat in die microwave voor jy verf en lek…

    L.O.L!!!

     
  20. BB

    November 3, 2008 at 1:31 nm

    LOL@Ghost!!! Nee jong, klei het ‘n ááklige nasmaak, skat!! 😀

     
  21. Skoor

    November 3, 2008 at 1:35 nm

    En hiermee sal ek nou volstaan, want ek kan nou ingaan op wrywing en slytasie, maar dis ‘n resepteblog en ons speel nie met klei nie…

    BeeBee, gedra jou, maar hou aan resepte toets en reviews skryf 😉

     
  22. BB

    November 3, 2008 at 2:54 nm

    Will do!!
    /me loer vir die ‘vinnige pasta vir staaaaaaarrig eet’ hmmmmm – spaghetti is soooooooooo sexy :mrgreen:

     
  23. Skoor

    November 3, 2008 at 4:17 nm

    Jinne BeeBee, jy het net nie einde nie! Ek hou van die dikker pasta. Of die canneloni buise. DIS nou sexy verby.

    Maar jy sal nie spyt wees indien jy wel besluit om daardie pasta aan te pak nie.

    Of search vir ander souse in die search blokkie, en gooi dit oor jou spaghetti.

    Die alternatief is natuurlik as jy die spaghetti, na dit gekook is, biejtie olyf olie gee, en fyn groen of rooi chilies. Mmm, dan bedien jy dit waar ook al, hoe ook al, en jy sien hoe heat die dinge op…

    !seksie was nog nooit so lekker nie!

     

Lewer kommentaar op BB Kanselleer antwoord