RSS

Gemmerkoekies

27 Aug

Desember kom nader, en die koekblikke skree vir ‘n kermis of bazaar om hulle weer vol te kry, maar met die regte resep en ‘n paar gewillige hande, is daar geen verskoning hoekom jy jouself nie kan vestig as tuisgebak meester in jou eie spasie nie!
500 g sagte botter
500 ml sagte bruinsuiker
250 ml goue stroop
sowat 80 ml gemmerkonserf, gedreineer en fyn opgekap

1 kg bruismeel
10 ml elk koeksoda en kremetart
5 ml sout
2 ml gemaalde gemmer
2 eiers, geklits
ekstra koekmeel, indien nodig 

 

 

Sif die droë bestanddele by die bottermengsel in en meng goed saam.
Voeg die eiers by en meng saam tot ‘n sagte deeg.  Neem ekstra meel op die hande as die deeg te onhanteerbaar is.

Vorm klein balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat, of rol uit en druk vormpies uit.  Die gemmerbroodmannetjie vorms is soms by Mr Price Home, Clicks of Boardmans te kry.  Soek net.  Anders moet jy maar jou eie vormpie buig, maar ek weet nie regtig hoe nie.   

Bak sowat 8 tot 10 minute. Lewer sowat 80 koekies.

Let op dat die deeg `loop’.  Laat genoeg ruimte tussen elke balletjie.   Of rol deeg dun uit om ‘n heerlike bros koekie te kry.

 
15 Kommentaar

Posted by op Augustus 27, 2008 in Lekker maklike kos

 

15 responses to “Gemmerkoekies

  1. Nelba

    Augustus 27, 2008 at 3:48 nm

    Aag nee, waar was ek al die maande wat die blog oop is?

    Dankie, dit laat selfs ‘n bra gemiddelde kok soos ek geinspireerd voel.

     
  2. maxie

    Augustus 30, 2008 at 8:48 nm

    Kan nie wag om dit te probeer nie! Is mal oor maklike, vinnige resepte.
    Net 1 vraag: wat is “gemmerkonserf”? (ja ja, ek is nie ‘n kok se dinges nie!). Maar ek probeer…

     
  3. skoor

    September 1, 2008 at 5:06 nm

    Maxie, dit is gemmer stukke wat soos versuikerde vrugte, bitter soet kan wees.

    Illovo maak gemmer stukke in gouestroop. Dit is lekker njam. As jy nie so iets het nie, kan jy altyd eksperimenteer en net gemaalde gemmer gebruik.

    Toemaar, ek is ook nie ‘n kok se dinges nie, maar dit bly lekker om lekker te eet en daarvoor moet mens soms lekker kan maak, as jy my volg!

     
  4. maxie

    September 1, 2008 at 8:13 nm

    Dankie, het dit vermoed maar was nie seker nie.

    Het jy nie dalk ‘n reseppie vir lekker romerige Trinchado nie?

    Ons het die heeeerlikste Trinchado geëet in ‘n restaurant paar jaar terug maar al die resepte wat ek kon opspoor was loperig, nie romerig nie.

     
  5. skoor

    September 2, 2008 at 3:55 nm

    Maxie, Trinchado kry nie room in nie, so die restaurant waar jy dit gehad het, het ‘n variasie gemaak, of per ongeluk die room in die sous omgestamp!

    Ek glo dat so ‘n sous ‘n kooktydjie moet kry om dit die moeite werd te maak. Daar is ‘n paar sterk bestanddele in wat moet trou met mekaar om ‘n nuwe heerlikheid te vorm. ‘n Vinnig aanmekaargeslane sous doen dit nie.

    Ek plaas later vir jou ‘n goeie Trinchado resep, hoop dit sal jou laat smaail.

     
  6. maxie

    September 2, 2008 at 9:33 nm

    😆 room in die sous omgestamp!
    Dankie, sien uit daarna.

     
  7. Krista

    September 9, 2008 at 11:01 vm

    Skorie, mag ek vra vir ‘n maklike viskoekie-resep? Ons het op ‘n stadium hake medallions gekoop, en dis redelik gruesome as jy dit gaarmaak soos hulle op die pakkie aanbeveel. Ek het laasweek sommer my eie konkoksie met uie, eier, meel en redpepper gemaak. Dit was ok, maar ek is seker daar is ‘n beter resep . . .

     
  8. waterstroom

    September 24, 2008 at 12:03 nm

    my klein dogtertjie bak en brou deesdae … ek sal vir haar jou reseppie gee…sy los net vir my die skottelgoet! oe!😉

     
  9. Skoor

    September 24, 2008 at 12:29 nm

    Hou haar lief vir kook, maar leer haar die verantwoordelikheid van skoonmaak terwyl sy speel.

    En as sy te veel mors, stuur haar maar vir my! As sy tienerjare bereik sal ek haar weer terugbesorg!
    🙂

    Tik ‘koekies’ regs bo in die geel blokkie in – dan kan julle verder speel, en jy kan haar miskien lief maak vir pampoen!

     
  10. emmadixon

    Oktober 19, 2008 at 2:59 nm

    Sjoe, jy kook lekker! Ek is nou rasend honger. Dink ek sal gereeld hier by jou draai.

     
  11. Skoor

    Oktober 19, 2008 at 4:05 nm

    Ja Emma, dis soos om te gaan shop as jou maag leeg is – jy koop hope onnodige goed.

    Eet maar eers volgende keer ‘n broodjie met ‘n eiertjie op voor jy hier kom snuffel. Dan dink jou maag nie later jou slukderm is dalk afgeknoop nie!

     
  12. Roer

    Oktober 25, 2008 at 2:26 nm

    Kan nie wag om hierdie een met die seuns te probeer nie.

     
  13. Skoor

    Oktober 27, 2008 at 11:49 vm

    Ek plaas binnekort lekker kleinkoekie resepte – sal jou die link stuur.

     
  14. Skoor

    Oktober 27, 2008 at 11:51 vm

    O ja Roer, search aan die bo-kant van die blog vir die tjoklit hawermout koekies. Hulle sal back-flips doen vir daai koekies…

     
  15. Elaine Potgieter

    September 17, 2010 at 4:01 nm

    Ek is nou op pensioen en wil leer bak en braai en kook. Ek kan ‘n bydrae maak met resepte indien julle dit verlang. Baie dankie. Elaine Potgieter

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: