RSS

Paul Krugerkoek

19 Oct

Paul Krugerkoek

Met die dat Oktober die maand is waarin hierdie belangrike leier van die Boerevolk, se verjaardag herdenk word, het ek op oom Peter Thomas se webwerf, www.peterjasie.co.za, gaan steel, en plaas ek dit vir die onthou.  Moet tog net asb. nie vir Luke Watson van die koek aanbied nie, hy stik te gou aan enigiets Afrikaans!

 

500 g botter

625 ml bruinsuiker

10 eiers, geskei

750 g koekmeel

5 ml koeksoda

5 ml sout

5 ml kaneel

8 ml foelie

5 ml fyn naeltjies

5 ml gemengde speserye

300 ml brandewyn

2 ml amandelgeursel

500 g korente

250 g gemengde skil, gesnipper

 

Klop botter en suiker tot lig en romerig. 

Voeg eiergele een vir een by en meng goed na elke byvoeging. 

Sif droeë bestanddele saam. 

Voeg geursel by die brandewyn. 

Voeg droë bestanddele om die beurt met brandewynmengsel by bottermengsel. 

Skud korente en gemengde skil saam met ‘n bietjie koekmeel in ‘n sakkie. Voeg by mengsel. Meng goed. 

Klits die eierwitte styf en vou in. 

Gooi in goedgesmeerde uitgevoerde pan. Sprinkel bietjie melk bo op om barste te voorkom. 

Bak 2½ uur by 180ºC. 

Plaas bruin papier bo op koek nadat dit 1 uur lank gebak het.

 
5 Kommentaar

Posted by op Oktober 19, 2008 in Skoor kook oor!

 

5 responses to “Paul Krugerkoek

  1. Krista

    Oktober 24, 2008 at 8:36 vm

    Hmmmmm, lekker!

     
    • Tina

      Oktober 5, 2012 at 9:05 vm

      sal graag wil weet wat is die 8ml foelie wat in die koek moet inkom.Is daar ‘n ander naam dalk??

       
      • Skoor

        Oktober 5, 2012 at 12:05 nm

        Mace. Nie muis nie, mace. Dis die buitenste netwerk wat om neutmuskaat is.
        Jy kan neutmuskaat gebruik pleks daarvan, net bietjie-bietjie. Lekker
        naweek!
        – dankie Dine van Zyl DIE ULTIMATE BOEREKOS TANNIE! http://www.dinevanzyl.co.za

         
  2. Skoor

    Oktober 24, 2008 at 9:18 vm

    Krista, ek is gladnie ‘n bakker nie. Wat van jy poog om vir ou Jakkals sy verjaardagkoek in die vorm van ‘n Paul Krugerkoek te bak, en laat weet? Of is dit te veel gevra🙂

    Vanaand maak ek braaibroodjies en steak – jy’t my darem te veel opgetjaarts die afgelope tyd.

     
  3. Johan Swarts

    November 11, 2008 at 1:36 nm

    Baie geluk! Jy het die Silwer Ponie gewen!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: