RSS

Marshmallows en Pynappel Tert

18 Nov

Hierdie sal seker die laaste inskrywing vir die jaar 2008 wees, aangesien dinge mos nou sonder brieke voortsnel na ‘n seisoen van son, see en suid-oos (as jy ‘n Kaapenaar is).

Die tert is hemels, maar so soet, jy voel om ‘n suurlemoen agterna te snuif, net om die balans te herstel.

Maar dit is die seisoen van oorboord gaan, so ons doen dit dan met ‘n ‘bang’!

Pak ‘n laag tennisbeskuitjies in ‘n tert pan – reghoekig werk beter, omdat tennisbeskuitjies nie so lekker met ‘n ronding breek nie.  Tupperware houers werk ook uitstekend.

Neem 1 blik kondensmelk, en ‘n 1/2 blikkie suurlemoensap (dis nou die lee kondensmelk blikkie) en meng met ‘n klitser, of draadklitser tot dik. 

Klits ‘n yskoue 250ml houertjie room tot dik, en gooi 5ml vanillageursel by.  As jy ‘n vanilla saad in die yskas het, sny hom in 2 en skraap die swart goud in sy maag uit, en voeg dit ook by.

Knip ongeveer 20 marshmallows, van die gewone pienkes en wittes, in kwarte met ‘n kombuissker.  Sny sal jou net frustreer.

Meng nou die dik kondensmelk mengsel met die room mengsel, gebruik ‘n houtlepel, en meng stadig – dit is nie ‘n meng kompetisie nie, meer ‘n invou aksie word vereis.

Neem ‘n blik fyn pynappel, gooi die sap af (daai sap smaak heerlik met sodawater gemeng.  En vir die grootmense ‘n knertsie iets by…) pynappel2

Gooi die marshmallows en pynappel by die kondensmelk/room mengsel, en vou alles saam in.

Gooi die mengsel oor die koekies, en gooi fyngemaakte koekies bo-oor.

Sit in die yskas vir ‘n uur of drie, sodat die tert kan stol en koud word.  Die beste is om op hierdie punt dorp toe te gaan…. dit spaar krag, want jy sal elke 5 minute in die yskas wees met ‘n ‘toetsvinger’ en dit is fataal!

Soos ek se, sit die eindproduk voor met ‘n suurlemoen.  Maar lekker sterk tee in die oggend, of ‘n koue koeldrank in die middag, werk net so goed!

Geniet, en lekker eet.

 
5 Kommentaar

Posted by op November 18, 2008 in Lekker maklike kos

 

5 responses to “Marshmallows en Pynappel Tert

  1. Wipneus!

    November 20, 2008 at 11:31 vm

    Dankie Skoor ek gaan definitief hierdie een probeer!😛

     
  2. Skoor

    November 20, 2008 at 3:18 nm

    Jy sallie spyt wees nie – dis gewaarborg Wipneus.

    Ek lus nou so ‘n yskoue roomys met flake in die 35 grade wat ons het, ek gaan sommer aan die kwyl.

     
  3. maxie

    November 24, 2008 at 9:44 nm

    Ek het glad nie ‘n soet tand nie, gril vir suiker.
    Maar met die lees van dié, kon ek dit actually PROE, en die proe was lekker…
    Kon nie verstaan hoekom, totdat die onthou teruggekom het: my oorlede ma het dit (of iets soortgelyks) gereeld gemaak.
    Jou resepte geniet ek verskriklik baie, dis soos om ‘n storie te lees.
    Dankie!!

     
  4. skoor

    November 25, 2008 at 7:59 vm

    Dankie vir die kompliment Maxie.

    Vreemd hoeveel mense al gese het sekere resepte laat hulle na hul ouers verlang.

    Hier is darem genoeg minder soet resepte om jou mee besig te hou – geniet!

     
  5. ilze

    Februarie 13, 2014 at 9:47 nm

    Hello, kan U dalk help. Ons is opsoek na ‘n resep om Appels te droog.
    Baie dankie, hierdie resepte is puik.
    ilze

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: