RSS

Prawns op die Rooster

24 Nov

prwnsDis somer. 

En in die Skoor woning is dit buite kosmaak tyd.

En wat beter as om ‘n rooster prawns (garnale vir die taalpuriste soos ek sou wou wees) voor te sit, en te sien hoe almal vingers aflek na die ete!

Prawns is vir een of ander rede redelik goedkoop by kettingwinkels die tyd van die jaar, so kry jou boks of twee, en gooi die gevriesde lyfies in water om te ontvries – dit gebeur sommer vinnig.

Wenk:  moenie lui wees nie – bly weg van deshelled and deveined prawns – die geur is saam met die doppe die ewigheid in.

Druk die kombuissker agter die nek in, en knip deur dop en vlees tot onderkant uit.  Neem ‘n tandestokkie en verwyder die dermpie wat sigbaar is as jy die ruggie ooptrek. As die sker nie diep genoeg geknip het nie, neem ‘n skerp mes en vlek die prawn verder.

Ek sny gewoonlik op hierdie stadium die koppe ook af, maar jy kan dit onder die kraan uitspoel en saam met die lyf gaarmaak.  Dis net dat ek nie koppe eet, of die inhoud daarvan nie, en die voelers in die pad is.

Nou neem jy ‘n peri-peri sous, of ‘n soet chili sous, of ‘n eenvoudige fyngekapte knoffel en prawnssuurlemoensap, sommer in ‘n ou roomys bak, en marineer die prawns vir ten minste ‘n uur in die marinade.

Oor baie ligte kole (anders brand hulle lelik) braai jy die prawns gevlek, of toe, totdat die doppe pienk raak.  Moenie oorbraai nie, want dan raak die vleis melerig en yukkie.

Bedien met slaai en hierdie fantastiese broodjies!  En baie koue witwyn.

 
2 Kommentaar

Posted by op November 24, 2008 in Lekker maklike kos

 

2 responses to “Prawns op die Rooster

  1. Manna

    Maart 10, 2009 at 11:43 vm

    Skoor, ek het nou die ander dag by mense gekuier en die tannie sit toe saam met die prawns – pap en beet voor – jy sal nie glo hoe lekker was die ete nie – en glo my ek is een van daai wat nie alles eet nie – nou ja die beet was nie in ‘n slaai nie maar nog so lekker warm gekook. Probeer gerus jy sal jou vingers afeet (pap en al)

     
  2. Skoor

    Maart 10, 2009 at 11:54 vm

    Ja, daai klink vir my effe soos my koshuis dae toe ek die wit poeding met beetslaai sous opgejazz het, net sodat die res van die tafel nie van die poeding sou wou he nie!

    Ek vrek vir beet. Vars of ingemaak deur ‘n tannie wat weet hoe.

    Maar as stoere Kolonialer, sukkel ek met die idee dat pap enige tyd na 9am bedien word!

    So ek vat jou woord hiervoor, en onthou om nie oopmond te lag na ‘n mond beet nie. Die beet tande is skrikwekkend😆

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: