RSS

Komyn hoender in ‘n wrap met dhania en yoghurt

19 Mar

Vrees nie. Skrik nie.

Hierdie resep is so maklik om te maak, jy sal nie eens veel van 7de Laan mis as jy dit in daardie tydgleuf sou aanpak nie!

Inkopielys:   ‘n Houer bulgaarse yoghurt – No of Low Fat – en koop maar ‘n grote, ek gee ander dag ‘n magic resep vir hierdie yoghurt.   Hoenderborsies, komyn – heel of klaar fyn, suurlemoen sap, ‘n pakkie vars koljander/dhania blare, en wraps. 

Kyk tog asb die wraps se pryse, aangesien die Spar wraps het vir ongeveer R19 vir 8, en Woolworths ‘n hele R43 vra.  Ook vir 8!!! 

Sny die hoenderborsies in strokies (strips) en laat oornag, of dan vir ten minste ‘n uur, in die sap van ‘n suurlemoen baai.  In die yskas natuurlik.

Spoel die hoender af, en gooi 3 teelepels komyn oor die hoender, asook sout en bietjie peper.  Vars komyn wat jy self in die vysel en stamper fyn maak, se geur is 100 maal beter dan klaar gekoopte fyn komyn.

Marineer so vir 15 minute in die komyn, en verhit bietjie olie in ‘n pan of wok, en braai die hoender tot gaar.  Moenie verbruin of oorgaar maak nie.

In ‘n ander pan verhit jy die wraps droog (geen olie word gebruik, net die warm pan sewrap boom), en gee hom ‘n effense ekstra kleurtjie, maar pasop as dit droog braai in die pan, dit sal breek dit as dit gerol moet word.

Sit die wrap oop op ‘n bord, rangskik ‘n lyntjie hoender daarop, neem yoghurt en plaas ‘n lyntjie al op die hoender se rug, en sit dhania blare op die yoghurt neer.  Rol op soos ‘n pannekoek en val weg!

Daai geure is to die for, moenie vrees nie, jy sal NIE spyt wees nie.  Los die koljander blare as jy nie kry nie, maar dit rond die dis perfek af.

 
8 Kommentaar

Posted by op Maart 19, 2009 in Lekker maklike kos

 

8 responses to “Komyn hoender in ‘n wrap met dhania en yoghurt

  1. Mavis

    Maart 20, 2009 at 11:12 vm

    dankie dankie banja mies ek weet nie altyd wat om vir die baas te kook nie dankie

     
  2. Skoor

    Maart 20, 2009 at 11:18 vm

    hahaha Mavis! djy moet ma’ meer hie ko kyk wat alles hier gakoek wore.

    Daai baas gan banja van djou hou, en ‘n galikkage baas maak die miesies ook galikkag!

     
  3. Flip

    April 13, 2009 at 6:42 vm

    nou struikel ek so onverwags oor hierdie gawe blog en heerlike respte maar laat my toe om dit vir die miesies vandog te doen dalk word die baas net gelikkag!

     
  4. Skoor

    April 14, 2009 at 8:08 vm

    Flip, ‘n gelikkage baas maak ‘n gelikkage miesies. Die huishouding is rustiger, die vlooie byt nie die hond nie, en die kinders gee nie probleme nie – moenie huiwer nie: kook broer, KOOK!!!

     
  5. Nikita

    Junie 11, 2009 at 8:50 nm

    jissie, ek vrek oor hierdie wraps, my man koop Fennel…weet nie of jy daarvan weet nie/ken nie. Ek’s mal oor die fennel wat hy in repies sny en saam met die groente braai. Probeer dit bietjie.

     
  6. Skoor

    Junie 11, 2009 at 8:54 nm

    Ek ken fennel, ja, maar het dit nognie in ‘n wrap probeer nie. Altyd ‘n eerste keer!

    Skoorlief het vanaand kick ass rooties met gisteraand se leftover hoender en koljander blare gemaak. Kaas ingesmelt, en ek was in die wolke!

    Jou man klink gladnie lam in die hande nie – wonderlik.

     
  7. Nikita

    Junie 11, 2009 at 10:15 nm

    🙂 Hy het “kookkuns” wat hulle hier “foodtechnology” noem ingestel by sy vorige skool! Hy is besig om dit by sy huidige skool te implementeer en is gedurig besig om nuwe dinge uit te probeer..wanneer hy tyd het. Hy is “Design and Tech”-onnie en dit dek hier nogal ‘n wye spektrum wat foodtech insluit. Probeer gerus die fennel. Dis nogal lekker. Ons maak sommer die wraps in die mikrogolf warm, paar sekondes.

     
  8. Skoor

    Junie 12, 2009 at 2:59 nm

    Dit klink lekker – jy moet dat hy daai kids leer beskuit bak. Versprei die goeie goed in die lewe.

    Ek hou daarvan om my wrap ‘n ekstra kleurtjie te gee in ‘n droe pan – die mikro maak egter ook sin.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: