RSS

Yoghurt. Strelende flirtasie!

26 Mar

Daar was aarbei en appelkoos en tjoklit geure.  En dit was yoghurt genoem.  Ek het meeste van tjoklit geur gehou, want ek was ‘n kinders.  Ek is seker steeds ‘n kinders, want tjoklit los my nie uit nie!

Nou as jy iemand wil verlei, of jouself wil bederf, gaan koop ‘n houer ongegeurde yoghurt.  Bulgaars, Grieks, volroom, geen room, vetvry, net soos die gier jou pak.

En ‘n houer heuning.  En ‘n sakkie neute.  Gemengde neute, ongesout.

Kry ‘n brandewyn glas, of een van ouma-se-glas-erfstukkies, gooi ‘n skeut heuning onder-in, en in ‘n droe pan (droog beteken geen olie, maar wel op die stoof warm gemaak) braai jy die neute. 

Hou jou vingers uit die heuning, en jou oe op die neute, skud die pan aanhoudend, yoghurtsodat die neute nie swart rooster nie.  As hulle ‘n mooi geur en kleur het, skep half daarvan in die glas met die heuning. 

Vul die glas tot amper bo met die ongegeurde yoghurt.

‘n Verdere skeut heuning, en die res van die neute.

Nou moet jy iewers loop sit waar jy nie gepla gaan word nie, want grend musiek sal jou ore doof maak.  Sagte beelde sal voor jou oe inloop, en wilde gedagtes sal deur jou lyf tintel.

En dit alles van die poeding/ontbyt/liefdeskos!

 
16 Kommentaar

Posted by op Maart 26, 2009 in Skoor kook oor!

 

16 responses to “Yoghurt. Strelende flirtasie!

  1. maxie

    Maart 26, 2009 at 9:11 nm

    Oh, yummy!!!

    Toe ek ‘n tiener was, was daar ‘n yoghurt op die mark met muesli en heuning.

    Ek was glad nie baie lief vir yoghurt nie maar hierdie was hemels….

    Maar net toe ek mooi verslaaf is, word dit van die mark gehaal.

    Tipies.

     
  2. Mavis

    Maart 27, 2009 at 10:03 vm

    Miesie bedonnerd hierie kossies is net wat daai vrek sipho norig het mavis sal hom bietjie voer die weekend

    banja dankie miesie

     
  3. Skoor

    Maart 27, 2009 at 10:21 vm

    Maxie, hier is nou jou kans om ‘n ander smaaksensasie self te skep. Ek onthou die soort, Woolies het soms nog nog muesli and yoghurt brekvissies op die rak, maar ek hou nie so baie daarvan nie.

    Mavis, pasop, daai neute gee vir Sipho netnou ‘n hupstoot – en Maandag is jy nie op die job nie! Dink net wat gaan jou merrim se as Mavis nog in Sipho se arms le en die wasgoed le voor die masjien 😆

     
  4. mykopop

    April 11, 2009 at 7:36 nm

    Ja, klink heerlik! Snaaks lyk my party mense is tjoklit-mense en die ander aarbei-mense. As dit by roomys, melkskommel of joghurt kom kan ek tjoklik nie uitstaan nie, ek verkoop my siel vir vanilla-roomys, aarbei melkskommel of joghurt. Daar’s net een dink wat ek laaik in tjoklit-geur: tjoklits.

     
  5. Skoor

    April 14, 2009 at 11:47 vm

    Ooo Kop, daar is net een tjoklit, en dis ‘n TJOKLIT. Moenie my laat begin nie.

    Van Beacon se yukkie olierige tjoklits, tot Cadbury’s wat in my oe, enige dag stof in oorseese tjoklits se pampiertjies skop!

    Ek weet regte tjoklits word van bone gemaak, en Cadbury’s s’n van ‘n glas en ‘n half melk, maar sowaar, daai glas en ‘n half laat my tone krul, seriaas!

     
  6. Pikkelik

    April 14, 2009 at 12:28 nm

    Skoortjie, HELP!!!!! Ek is opgesukkel. Mynick kerm nou-al vir JARE dat hy wil souskluitjies hê. EN jy weet hoe ‘n tsoenami ek in die kombuis is, maar hoe ook al ek maak toe Sondag souskluitjies… Daar was bokkerol kluitjies net so ‘n dik sous…. Alles het uitmekaar uit gekook en dit nogal met Kook en Geniet se resep…. Help vir my!!!

     
  7. Skoor

    April 14, 2009 at 12:33 nm

    Hang net vas! Skoor is goed met Kluitjies Bak, maar om SOUSkluitjies te maak, is my tande nognie geslyp nie.

    Ek sal my tot moeder wend – soos ek se…hou net vas, jouNick SAL sy kluitjies kry. Rondborstig aan’t dobber in ‘n dem lekker sous!

     
  8. Alta

    April 14, 2009 at 3:38 nm

    Klink heerlik.

     
  9. Alta

    April 14, 2009 at 3:41 nm

    Skoor, ek soek n lekker en vinnige peppermint crisp tert.
    Onthou net om vir my alternatiewe te gee vir room want ons room hier is up to … okay jy weet wat ek bedoel.

     
  10. Skoor

    April 14, 2009 at 3:46 nm

    Alta, ek jok nie, ek is besig met ‘n peperment crisp resep in drafts!

    Dis die beste wat jy ooit sal eet – gewaarborg.

    Dis easy, en ek sweer, jy gaan my laat weet hoe cool dit gesmaak het, en watter klomp soene jy daarvoor gekry het!!!

    Hou vas, dis op pad.

     
  11. Alta

    April 14, 2009 at 4:44 nm

    Ek hou. Sal kom afskryf.

     
  12. Pikkelik

    April 16, 2009 at 8:41 vm

    Blikskottel Skoorttjie!!! ‘n Wenner!!!! Njammies, goudbruin, aanmekaar, heerlik, almal het second helpings gekry!!!!! 😆

     
  13. Skoor

    April 16, 2009 at 8:54 vm

    Pikkelik, ek neem aan jy praat van die souskluitjies?

    Ek is bly dit het gewerk. Sal dit binnekort blog.

     
  14. Pikkelik

    April 16, 2009 at 12:19 nm

    Jip Skoor!!! Dit is ‘n wenner, en to be quite honest as ek dit kan regkry, wel dan kan enigeen dit regkry….. Thanks a 1000000!

     
  15. Skoor

    April 16, 2009 at 12:23 nm

    Dankie weereens vir die terugvoer. Ek blog die resep volgende week.

    Try bietjie hierdie yoghurt resep hierbo op jouNick, of wat van die peperment crisp tert!

    Jy weet nooit wat hy kan vra as seconds nie!
    😆

     

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: