RSS

Pepermint Crisp Tert

16 Apr

300px-crispypartsEk staan op my kop en eet my hoed onderste-bo op as iemand my laat weet hierdie resep is nie lekker nie.

Ek dare jou, maak dit, en laat my weet of ek ‘n jokker is.  My ma het haar kinders daarmee bederf, en dit bly ‘n treffer.

Hier volg dus ‘n familie resep.  Vir my om te onthou.  En vir julle om te probeer.

Sit af winkel toe, en koop 1 pakkie tennis beskuitjies, 1 blikkie karamel kondensmelk, 2 stafies regte Peperment Crisp tjoklit, 1 pakkie Orley Whip (vra daarvoor), en gelatien.

Gooi 2 dessertlepels koue water in ‘n bakkie, en strooi ‘n teelepel gelatien daaroor.  Sit in die mikro vir ‘n paar sekondes, en roer vinnig deur.

Rasper die peperment crisp tjoklit, en moenie proe nie…

Pak ‘n laag tennisbeskuitjies in ‘n groot bak.  Nou volg die geheim:  neem ‘n bottel brandewyn, en met jou duim oor die oop bek om die vloei te beheer, sprinkel jy brandewyn oor die beskuitjies.

Klits nou die Orley Whip tot styf, en meng met die karamel kondensmelk.  Gooi 2/3 van die gerasperde peperment crisp by, en meng deur.  Die gelatien kom heel laaste in – meng goed deur, en skep die helfte van die romerige mengsel op die beskuitjies. 

Pak nog ‘n laag beskuitjies bo-op die inhoud, gevolg deur die res van die mengsel. 

Strooi die 1/3 peperment crisp bo-oor, verkoel, en val weg.

Ongelukkig kan jy nie stop as jy begin het nie.  Wees dus gewaarsku!

 
53 Kommentaar

Posted by op April 16, 2009 in Lekker maklike kos

 

53 responses to “Pepermint Crisp Tert

  1. Wipneus!

    April 16, 2009 at 10:00 nm

    So maklik??? So min werk? So min skottelgoed!!!

    Dankie Skoor!! Ek kan sommer sien hierdie is ‘n wenner, hierdie naweek toor ek weer met my manne se koppe.

    Jy moet net die maag vol hou met lekker goed, dan eet hulle uit jou hande, alles wat jy vra …. kom die antwoord vinnig ja… is daar dalk nog ‘n stukkie van daai tert. MMMmmm ja, ek dink so.. maar doen net gou eers vir my die werkie klaar!!! 😆

     
  2. skoor

    April 17, 2009 at 7:56 vm

    Hahaha Wipneus! Ek is bly ek kan veeldoelige resepte gee vir mense soos jy wat kreatief met die kop is om meer uit die situasie te pers as wat aanvanklik bedoel is.

    Weet tog, die hoeveelheid brandewyn kan ook help met die ‘kopsmokkel’ gedeelte van die dag!

    Soos ek geseg het: pasop as die gesin gaan sit neem rondom daardie bak…sorg maar dat al die werk gedoen is VOOR julle die lekkerte tref – daar mag dalk geen leverage oorbly vir later nie.
    xxx

     
  3. Dellie

    April 17, 2009 at 11:21 vm

    Ek gaan netnou afsit winkel toe – ek het hierdie vreeslike lus vir iets lekkers, en dit het sopas ‘n naam gekry.

    Thanx, sal kom verslag lewer!😉

     
  4. roer

    April 17, 2009 at 2:36 nm

    OmyVET! Met die klem op VET… Shirbit Skoor. Dit lyk vrek lekker. Gaan hom Sondag probeer. Sondae mag ek crook. My oudste het ook ‘n soettand, so Sondag hoor ek dalk weer ek is die beste ma op hierdie planeet.

    NS Help ‘n bietjie daar met ingelegde slaai toe. Ek is op ‘n mission. Het resep gekry vir die heerlikste ingelegde noedelslaai, maar wil graag koper pennie (en enige ander lekker slaai) inlê.

     
  5. Dellie

    April 18, 2009 at 3:17 nm

    Ek het dit toe gisteraand gemaak – en ek proe wat jy bedoel… as jy eers begin, kan jy nie ophou nie… dit kry beslis ‘n ere-plek in my resepte boek.

    Heerlik, heerlik! Thanx😉

     
  6. skoor

    April 20, 2009 at 12:27 nm

    Roer, hou op stres – sover ek weet, trap jy baaisiekil teen die vet. Maak dit, en boul die huismense se eetlus vir ‘n 6!

    Dankie vir die terugvoer, Dellie. Onthou om dit gereeld te maak – netnou verslaan die res van die brandewyn! 😆

     
  7. Alta

    April 21, 2009 at 3:08 nm

    Baie dankie Skoor. Gaan hierdie een more maak.

     
  8. Skoor

    April 21, 2009 at 3:33 nm

    Alta, gaan stem net eers, ne!
    😉

     
  9. roer

    April 21, 2009 at 4:36 nm

    Ok, ok, maar wat nou van my ingelegde slaai?!

     
  10. Skoor

    April 21, 2009 at 4:58 nm

    My happy pills maak my vergeet!

    Resepte volg binnekort, hou net vas Roertjie. Hang aan ‘n tak. Bly in die saal!

    Ek wag egter nog om te hoor of jou tert ‘n sukses was, mmmmm?

     
  11. BB

    April 28, 2009 at 2:10 nm

    My Helge doen nie alkohol nie – soos in GLAD nie – nog nooit – hy weetie hoe proe dit nie – nog nooit eers ‘n happie tipsy tert (ok, ek was al tipsy, maar ek issie ‘n tertie😉 – nie…
    So, wat de hel sprinkel ek oor daai koekies?😕

     
  12. Skoor

    April 28, 2009 at 4:07 nm

    Tipsy, aag sorrie, BeeBee, die idee van die drank is tweeledig:

    1. lekkerte weggesteek tussen die peperment smaak

    2. om die koekies nat te maak, m.a.w dat hulle gouer sag raak. Jy sien, die tert staan nie lank na sy voltooiing nie, en die koekies kan nog bros wees!

    Stel ek dus appelsap voor. Dink jy dit sal werk?

    NS: so jou Helge staan in die oggend op – and that’s as good as he’s going to feel today? Want met ‘n babelas kan mens darem nog bargain op beter voel sooner of later 😆

     
    • BB

      April 29, 2009 at 9:13 vm

      Waaaaaaaahahaha!! @ as good as he’ll feel all day… die voordeel is hy voel sooner EN later nogal amazing these days. Man!! Hy voel góéd!!
      Appelsap???? *bleeeeegh* – oggenee man Skoortjie – gimme something that’ll go with peppermint!!! Hmmm – wee jy wat? ek dink ek gaan ‘n stropiesousie maak van water en suiker en ‘n eetlepel vanilla (or dalk kondensmelk verdun met kookwater… gaan peppermint geursel dalk bietjie over the top wees???)
      Sondagoggend vir breakfast: 2 Croissants, 2 English muffins, heuning, koffie en sy eie-eie peppermintcrisp tert – he’ll be in heaven! And when Helgie’s happy – I’m happy😛

       
  13. Skoor

    April 29, 2009 at 9:21 vm

    Nee man, appelsap is gladnie oordonderend nie – gaan kyk bietjie in ander sappe – dis die basis van vele. En jy ‘sprinkel’ mos, nie ‘soak’ nie! 😉

    Peperment geursel dra by tot wat dit is: ‘n peperment crisp tert. Moenie bang wees nie, hierdie is ‘n egte resep. Volg hom, en kyk hoe meer lief jou Lief jou het!

    Ja, jy kan stropies maak, dit sal ook werk, maar wees gewaarsku, hierdie tert is sooooooet!

    Jou brekvis klink devine. Jy kan vir my cater, any day.

    Lekker eet!

     
  14. BB

    April 30, 2009 at 7:41 vm

    Ko’ kuier dan i biekie hie’ by ons!! ons sal vi julle bederf!! (ek het ‘n Vriending wat (blykbaar) ‘n awesome Pot Roast maak😉

     
  15. Skoor

    April 30, 2009 at 8:16 vm

    Jy sal nie glo nie, maar ek het vannag gedroom ons kuier saam. Omdat Jaco aan ‘n marathon deelgeneem het, en ons hom moes ondersteun!!!!

    Crazy wat mens in jou onderbewussyn uitdink.

    Nietemin, ek is bly jy ken iemand wat pot roast kan maak – dit beteken jy ken handige mense.

    Nou moet ons net vir Jaco aan die hardloop kry, en die droom word waar!😆

     
  16. BB

    Mei 13, 2009 at 2:09 nm

    Jaco?? Ons Jaco?? Ons Narciepit??? Aan ‘n marathon??!!😯 weet die Vriending dit??!!🙄

     
  17. Krista

    Mei 13, 2009 at 2:16 nm

    Bwhaaaaaaaaaaaaahahahaha!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Julle’s funny! die Narcie in ‘n marathon! Wag ek net die trane afvee . . . snaaks genoeg, hy het nogal gehardloop op skool, sy knieë wil nie meer byhou nie . . .

    /me kan nie potroast maak nie . . . maar ek kook lekker kondensmelk!

     
    • BB

      Mei 13, 2009 at 2:21 nm

      Nou wie maak dan die potroast reseppie waarmee jy so loop en spog het, hm???

       
  18. Krista

    Mei 13, 2009 at 2:28 nm

    Ekke het nie! Jy was seker oppi trip van al die paintfumes lat jy jou verbeel jy’t gehoor . . .😉

     
  19. Skoor

    Mei 13, 2009 at 3:10 nm

    Julle twee is komieklik op hierdie kos blog.

    Paintfumes
    Potroast
    PMarathon
    PNarcie

    Jimmil!
    😆

     
  20. Krista

    Mei 14, 2009 at 6:30 vm

    Ek weet die Narcie doen maraton-pc en maraton-TV en . . . o ja, ons loop elke 4de dag 4km, tel dit?

     
  21. Krista

    Mei 14, 2009 at 6:33 vm

    sorry *elke 2de dag 4km*

     
  22. PlaasJuppie

    Mei 14, 2009 at 8:39 vm

    Hardloop is vir mense wat iets gesteel het. Wil jy nie maar oordroom en my eerder aan ‘n peppermintcrisptert eet kompetisie laat deelneem nie?

     
    • BB

      Mei 14, 2009 at 9:00 vm

      Ko’ kuier Sondag!! Ek maak een AWESOME PMC tert!! (ek sal nou nie sê waar ek die reseppie gekry het nie – disse familiegeheim😉 Ek maak een virrie Helge (sonner alkolhol) en een vir ons (met Helge se share alkohol):mrgreen: (want hy weier om syne te deel!! al vertel ek vir hom selfsug isse LELIKE ding…👿 )

       
      • PlaasJuppie

        Mei 14, 2009 at 9:17 vm

        En dan moet ek Maandag loop weeg en weer 1 1/2 kilo optel?
        No fair!

         
  23. BB

    Mei 14, 2009 at 10:34 vm

    Gaan weeg Donderdag!!!:mrgreen:

     
  24. Skoor

    Mei 14, 2009 at 10:35 vm

    Ek droom niks oor nie Jaco, netnou droom ek een van julle 3 is minister van gesondheid, en beveel tert ipv knoffel aan as aids cure! hau!!

    Krista, julle kry meer oefening as ek. Welgedaan. Ek is jaloers. Maar steeds te lui om my gai te lig. Miskien kan jy my motiveer?

    BeeBee, onthou ekstra peperment crisp tjoklit op jou lief se tert!

     
    • BB

      Mei 14, 2009 at 11:36 vm

      Ek weet Skoortjie!! Dit kos my 3 van hulle op syne!!

       
  25. Krista

    Mei 14, 2009 at 11:49 vm

    Skoor, as jy saam met Skoorlief gaan loop deur die neighbourhood dan gebeur dit soos ons so gesels-gesels en jy sien baie interestink goed!

     
  26. Skoor

    Mei 14, 2009 at 12:26 nm

    Krista, vir my lief is stap moeite. So ons sit met ‘n probleem. Ek stap graag dorp toe.

    Skoorlief HAAT daai pad. WTF!? Dis baie interessanter as om dieselfde ou huise elke dag te moet verby. Ek meen….ten minste kan jy darem waai as bekendes verby jou ry.
    😆

     
  27. PlaasJuppie

    Mei 14, 2009 at 12:43 nm

    Lekker lieg my Lyfie nou. Sy gesels, ek het nie genoeg asem om nog terug te antwoord ook nie. Net om by te bly is ‘n fulltime job. Ek het ook ‘n redelike renons in loop (waarvoor het ek dan ‘n bleddie kar?), maar die steeds waaaaaay beter as enige eliptical, fiets of treadmil in die gym

     
  28. Skoor

    Mei 14, 2009 at 12:47 nm

    Stap ‘n slag agter-uit, dan raak jy nie so moeg nie.

    Ja-nee, ek was in my dag des lewens nog nooit in ‘n gym nie. Om so te sit en trap op een plek, en hardloop en nergens uitkom nie, werk nogal nie vir my nie.

    Jy moenie vertel van jou gesukkel vir antwoord gee nie, vanaand vra sy jou miskien iets wat sy weet jy NEE voor sou se, as jy asem gehad het!

    Dan moet ons ‘n huweliksberader blog begin. Ek en BeeBee.

     
    • BB

      Mei 14, 2009 at 1:16 nm

      🙄 Jy willie my references sien of interview nie skat…😦 alhoewel my ex’e ammal vir jou sal sê dat dit nie ekke was nie, en dat hulle spyt is en dat hulle jammer is en dat hulle my sal terugvat – ja, ja – nee ekke jokkie vir jou nie en ek seg dit quite humbly… point is, they didn’t give a flying rat’s fart at the time. And then it was too late…😦
      Dalk moes ek soosie Narcie gemaak het en hulle blou oë gegee het… maar nee, issie my way nie. I leave quietly and bow out gracefully… Heng!!! hierdie PMC tert resep raak nou ‘n DEEP dish:mrgreen:

       
  29. PlaasJuppie

    Mei 14, 2009 at 12:55 nm

    Huweliksberader . . . ag nee wat, ons sort sommer ons eie moeilikheid uit. As julle vir Lyfie met 2 blou oë sien dan weet julle ek moes haar 2 keer sê. En as julle vir my met 2 blou oë sien dan weet julle sy het by die piksteel in die bakkie uitgekom voor ek haar 2 keer kon “sê”
    En as ons elkeen een of 2 blou oë het het ons skietstilstand

     
  30. Skoor

    Mei 14, 2009 at 12:58 nm

    Ek het nou so gelag, Jaco. Jou beskrywing het my nou aan ‘n joke laat dink wat ek die week gehoor het.

    Eendag as jy groot genoeg is, dan mail jy my en ek stuur dit vir jou aan.

    Die fights is nodig – dis die OPMAAK wat bepaal of dit die blou oe werd was…

     
  31. PlaasJuppie

    Mei 14, 2009 at 1:04 nm

    Lyfie reken ek mag dalk eendag grootraak, maar sy sê sy kan niks belowe nie.
    Hoe lus is ek nou vir PMC tert!

     
  32. Krista

    Mei 14, 2009 at 1:11 nm

    Jy raak so lus omdat jy hier uithang . . .

    Jy jok lekker vir die mense van uitasem en agter-raak, nê? Wie moet kort-jort vir my wag as my kort beentjies nie wil by bly nie?

     
  33. Skoor

    Mei 14, 2009 at 1:26 nm

    Ja nee julle, nog nooit in die resepte blog se geskiedenis het ‘n gesprek sooo gedraai en geswaai nie.

    Kort beentjies en moeilike x-e ingesluit!

    Ek is ook nou lus vir PCT! Ek bel sommer my ma en plaas ‘n bestelling. Ek hiberneer mos in die winter…

     
  34. Krista

    Mei 14, 2009 at 2:41 nm

    Bestel sommer vir ons ook een daar – vir viering van die target weight! Mind you, jy sal die bestelling eers moet terug hou vir ‘n jaar!😉

     
  35. Krista

    Mei 14, 2009 at 2:41 nm

    *bright idea*

    Wat van ons kom eet by jou PCT Februarie 2010?

     
  36. Skoor

    Mei 14, 2009 at 4:16 nm

    Wat van ons kry mekaar op die strand met koue bier en PCT!!!?

     
  37. Krista

    Mei 15, 2009 at 6:37 vm

    Cool!!!!!!!!!!!!!!!!!

     
  38. BB

    Mei 16, 2009 at 4:18 nm

    Psssst Skoortjie – ek het nou net ‘n PMC tert ini yskas gesit… EN ‘n Crunchie tert as toegif (met ‘n Nutty-crust-cookie korsie saggies gedoop in Amarula – dan weet ek at least die Helge gaan hom uitlos en daar gaan genoeg wees virrie Narcies ook😉 )… Lekker naweek Skoortjie!! x

     
  39. Skoor

    Mei 18, 2009 at 11:53 vm

    Mmmm, ons het in die reenweer self ‘n gelukkie geslaan! Ete by ma – snoek, patats en…peperment crisp tert!

    Hoop die Narcies het die moeite geniet?

     
  40. Krista

    Mei 18, 2009 at 3:51 nm

    Hmmmmmm, dit was njammies!!!!!!!!!!!!!!!

    Assit nie vir inweeg op Maandae was nie, het ons wragtag alles op geeët!👿

     
  41. kaneelsuiker

    September 17, 2009 at 6:07 nm

    O, maar natuurlik. Die LEKKERSTE lekker. Hierdie resep is baie bekend aan my, aangesien ek dit elke jaar vir my verjaarsdag maak. Ek verkies dit egter sonder die gelatine.

     
  42. Barbara

    Desember 29, 2009 at 7:22 nm

    Ek bly in die buiteland en kry nie Orley Whip hier nie, kan ek ook room gebruik?

     
  43. Skoor

    Januarie 11, 2010 at 3:51 nm

    Jammer ek kom nou eers by jou uit – vakansie gehad.

    Probeer room en laat ASB weet – ek is seker dit sal werk. Jimmil, dit klink heerlik, net die gedagte.

     
  44. Saartjie

    Januarie 29, 2010 at 1:46 vm

    Ek bly ook in die buiteland, hoeveel room sal die orley whip vervang, thanks!

     
  45. Skoor

    Januarie 29, 2010 at 8:09 vm

    Hi Saartjie

    Probeer ‘n koppie room (250ml) en sien of dit jou tong laat saamsing.

    Groete

     
  46. Andre

    September 21, 2010 at 1:09 nm

    waaaar is die resep vir ingelegte noedelslaai??>?????????BLIKSEM

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: