RSS

Koper Pennie Slaai

23 Apr

wortels2Pennies en Ponde, myle en gellings. 

Alles woorde waarvan ek gehoor het, maar ‘n era waarin ek nie geleef het nie.

Daarom reken ek die koper pennie slaai is ouer as wat ons dink – miskien was dit selfs eens op ‘n tyd toe die leeus nog in Adderleystraat geloop het, iets anders genoem!

Trek jou flesse nader, laat die met hande help, en maak bietjie slaai in vir ‘n bykos as jy nie vars slaaigoed in die yskas het nie.

Maak 1kg wortels skoon, en sny in ringe.  Die grootte sal afhang of jy eters met groot monde kosgee, of delikate bekkies voed.

Kook die wortels vir so 15 minute in water waarby ‘n opgehoopte teelepel sout gevoeg is, maar moenie dat dit te sag word nie. 

Sny 3 medium uie in ringe, en kook hulle sommer in die wortel water.  Net so 6 minute.

Neem 2 groenrissies (greenpeppers) en sny dit in kleinerige blokkies.

Pak die wortels, uie en groenrissies in lae in ‘n bak – nie ‘n metaal bak nie, netnou gebeur daar ‘n chemiese reaksie en val jou voortande uit!

wortels5Gooi 250ml water, 1 pakkie tamatie roomsop, 200ml asyn, 250ml suiker, 125 sonneblom olie, 10ml Worcester sous en 7ml mostert in ‘n pot en kook vir 5 minute saam oor ‘n lae hitte.

Gooi die warm sous oor die wortels, uie en groenrissie.  Laat afkoel en sit oornag in die yskas.  Bedien met die volgende ete.

Let wel:  jy kan ook die groente in gesteriliseerde flesse inskep nadat jy dit deurgemeng het, en die warm sous bo-oor gooi en dit dan toedraai, onderste-bo draai en laat afkoel. 

 
2 Kommentaar

Posted by op April 23, 2009 in Lekker maklike kos

 

2 responses to “Koper Pennie Slaai

  1. roer

    April 23, 2009 at 2:40 nm

    BAIE dankie vir die Skoortjie. Waardeer.

     
  2. kauna

    Maart 6, 2014 at 11:42 vm

    Halow, ek het hierdie resep probeer en dit was baie lekker, my kinders vra altyd mummy wanneer maak mummy weer daai wortel slaai, ek sal nie omgee as u my nog een resep gee.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: