RSS

Frikkadelle/Meatbolz

30 Apr

frikEk het in st. 6 by my ingilse boyfriend gehoor dat hy my ma se frikkadelle ‘meatballs’ noem!  Was ek verontwaardig.  Dadelik besluit om ‘n Boer van hom te maak, en vandag het hy meer tyd vir Afrikaanses as Souties.  Wys jou net.

Frikkadelle het nie eintlik ‘n resep nie.  Dis ‘n gevoelentheid en ‘n weer-probeer tot die smaak reg is.

Een ding staan egter uit soos ‘n paal bo water:  die tipe vleis wat jy gaan gebruik, sal die smaak en tekstuur grotendeels bepaal.  Enigiets anders as extra lean mince sal ‘n vetterige affere tot gevolg he.  Gee daai ekstra R5/kg uit, en koop maalvleis met minimum vet in.

‘n Bietjie ui, sommer gerasper, gee ‘n absolute ongelooflike lekker geur aan ‘n frikkadel.

My ouma het geglo aan soetsuurdeeg beskuit krummels.  As jy egter nie jou hande daarop kan le nie, gebruik winkel krummels.  Nou nie ‘n koppie krummels per koppie vleis nie, maar net so vir die bind en geur slag.

‘n Eier deurgemeng, ‘n bietjie fyngekapte pietersielie en natuurlik sout soos jy verkies, en jy het nie veel meer nodig nie.

Meng dit altyd met ‘n vurk deur.  Hoe meer jy dit met die hande hanteer, hoe ‘taaier’ raak die mengel, en hoe meer gaan dit voel op jy ‘n rubber bal kou, al is die geur hemels.

frik2Rol vinnig in balletjies – die grootte bepaal jy self.  Braai in bietjie olie tot goudbruin, of bedek met foelie, en druk in ‘n 180 grade oond.  Na ‘n uur kyk jy of dit vir jou gaar genoeg is, en haal sommer die foelie af sodat die gereg kleur kan kry in die oond.

Frikkadelle is ‘n private aangeleentheid.  Sorg dat joune ‘n kwaliteit smaak het!  En onthou tog wat jy gedoen het om die unieke smaak te kry.

Ander byvoegings:

Fyn naeltjies – ‘n knippie

Fyn gedroogte koljander – ‘n klein bietjie

‘n Blokkie feta of cheddar in die middel toegedraai

‘n Stukkie sampioen in die middel toegedraai

Kerriepoeier of chillies vir skop en geur

Mrs. Balls by die vleismengsel omdat jy ‘n chutney freak is

‘n Cherry tomatoe in die middel van ‘n groterige frikkadel

Die opsies is eindeloos.  Ek verkies egter die ou metode van so min as moontlik.  Agterna kan jy souse en pastas en dips maak om daarby te geniet.  Maar as jou basiese smaak reg is, is jou ete ‘n sukses.

 
29 Kommentaar

Posted by op April 30, 2009 in Lekker maklike kos

 

29 responses to “Frikkadelle/Meatbolz

  1. BB

    April 30, 2009 at 12:18 nm

    Ek love frikadelle!! Ek onthou frikadelle met klonte-mash (dis mash wat gaar maar nie fyn is nie – met botter in) en groen boontjies in wit sous soos my ma altyd gemaak het. Resep is dieselfde, moeder het net nie krummels gebruik nie, maar ‘n sny of 2 brood wat in water gedoop is en weer uitgedruk is, ‘n papperysel wat excellent bind.
    My kinders vrek daaroor as ek kleinerige ‘meatballs’ maak met fyngemaakte ‘bacon kips’ cookies – ek rasper dit sommer in – dan los jy die sout en peper en spices – die bacon smaak is nogal divine – werk ook mooi op ‘n spagetti met ‘n tamatiesousie…
    hmmmmmm ek gaan net vanaand frikadelle maak!!!

     
  2. skoor

    April 30, 2009 at 4:27 nm

    Klonte mash laat mos die ‘la-di-dah’ ingilse op BBC Food na hulle pentierekke gryp. En dis tog so lekker. Ek gooi sommer wortels ook by daai mash.

    Ek gaan daai bacon kips ene ‘n probeer gee – dankie vir die wenk BeeBee.

    Vanaand is ek lus vir frikkies en soetpatats. Mmmm…

     
  3. Kotie Wagner

    Mei 4, 2009 at 8:51 vm

    ‘n Gerasperde appel in die mengsel help dat dit lekker klam is en gee ook aangename smaak.

     
  4. Skoor

    Mei 4, 2009 at 8:56 vm

    Lekker idee – dankie. Ek gaan dit volgende keer probeer!

     
  5. BB

    Mei 5, 2009 at 9:23 vm

    Skoortjie laaiks appels… appelsap…. 😉 – hiert!!! ek moet jou nog terugvoer gee oor jou peppermintcrisptert!!! ‘n Ode aan PMC :mrgreen:

     
  6. Pikkelik

    Mei 8, 2009 at 12:17 nm

    Ek is mal oor frikkadele, nie alleen omdat ek dit actually kan regkry sonder om ‘n gemors daarvan te maak nie, maar ook omdat dit ‘n lekker manier is om groente in die kinders se kos in te smokkel. Ek rasper sommer ‘n wortel fyn en dit gaan by… blomkool en brokkolie vlieg ook sommer deur my woerts masjientjie met die steeltjie en gaan ook daarin… Tog te slim, al moet ek dit self sê en dan maak ek sulke lekker klein balletjies wat hulle so in een of twee happies kan opeet… Oi, dit werk elke keer….

     
  7. Skoor

    Mei 11, 2009 at 8:39 vm

    Hahaha BeeBee, noem my sommer EVA!

    Pikkelik, ons sal nog van jou ‘n wonderlike kok maak, oefen jy maar net getrou op jouNiek!

     
  8. BB

    Mei 13, 2009 at 1:59 nm

    “jouNiek” – og, Skoortjie, jy’s té skerp vir één mens!! 😛

     
  9. Skoor

    Mei 13, 2009 at 3:18 nm

    Miskien is dit jouNiCk? Gits, BeeBee, maybe het sy nou aanstoot geneem oor ek sy naam verkeerd gespel het, die dat sy nou sommer wegbly.

    En daar dog ek sy en haarNi(E/C)k gaan lekker pampoen eet…die dat ek toe ‘n easy reseppie vandag plaas. Met haar in mind!

    Sjoe.

     
  10. rosalindfranklin

    Mei 24, 2009 at 8:39 nm

    dis vreeslik ek gril so vir vat aan maalvleis. ai tog.

     
  11. Skoor

    Mei 26, 2009 at 4:10 nm

    Frankie, regtig! Laat jou lief dan die kos maak, maar eet ten minste ietsie ordentliks!

    😆

     
  12. Amanda

    Junie 9, 2009 at 2:45 nm

    Baie dankie vir die nice resepte. Ek volg jou resep en rasper wortel ook by. Natuurlik die sny witbrood, eier, ui – moet geen sout ens bygooi nie. Pak die ‘balls’ in ‘n oondbak. Meng nou ‘n pakkie tamatieroomsop met water en gooi dit bo-oor! Die tamatiesop het oorgenoeg sout en wallahhhh die lekkerste frikkadelle.

     
  13. Skoor

    Junie 9, 2009 at 3:09 nm

    Hi Amanda, dankie vir die idee!

    Ons het gisteraand Bobotie gehad waarin daar ook wortel bygesit was – ek was heel beindruk met die kok se manier van vleis ‘rek’ en dit het gladnie sleg geproe nie.

    Sjoe, dis ‘n lekker plan. Ek proe sommer ‘n bed uie en knoffel onder-in die oondskottel, en dan bedien op stampmielies! En vars tiemie oorgestrooi wanneer dit uit die oond kom, en jy draai die smaak rondomtalie in jou mond.

     
  14. Pikkelik

    Junie 10, 2009 at 11:11 vm

    Ek giggel nou so vir jou se ge -Jounick op Mynick!!!! Whahahahaha!!!! Julle hou ‘n hele conversation oor Onsnick sonder dat ek dit weet!!!! Hiegiegiegie…

     
  15. skoor

    Junie 10, 2009 at 12:50 nm

    Ten minste skinner ons in die oopte, en heel onskuldig.

    WIl jy vir my se jy het tot nou toe net Cup a Soup en toast voorgesit? Die dat jy NOU eers weer kom kos soek?

    Eish!!!

     
  16. ANGIE MARAIS

    Junie 19, 2009 at 7:49 nm

    Hi There

    Do you roll the meat balls in flour as well?
    When you do it in the cabbage as well do
    you roll it in the flour as well?

     
  17. Skoor

    Junie 19, 2009 at 8:50 nm

    Angie, hi. Rolling meatballs in flour is a matter of personal taste. I never do it, but know of people who sometimes do it that way, so whatever you prefer, you do!

    Breadcrums is another option, in stead of flour.

    Cooking isn’t about following a receipe – it’s about listening to your tastebuds.

    Thanx for popping in!

     
  18. ANGIE MARAIS

    Junie 23, 2009 at 5:32 nm

    Hi Thanks for the info

     
  19. Julianna

    April 23, 2010 at 12:06 nm

    Wil maar net weet wat het geword van Afrikaans? Daar is baie woorde in ons taal wat ons kan gebruik in plaas van ‘Ek LOVE frikadelle???” dis mash (kapok aartappels) ‘n papperysel wat excellent bind. (uitstekend bind)
    die bacon smaak is nogal divine – (Die spek smaak is nogal hemels!)

    Hoekom bodder ons nog om Afrikaans te praat as ons so wil mors met ons taal?? Praat dan Engels en kry klaar!

     
  20. Skoor

    April 23, 2010 at 12:12 nm

    Fanks vir jou positiewe insette Julianna!!! Kom kuier gerus weer en praat saam in suiwer kookterme.

     
    • Krista

      Mei 6, 2010 at 3:55 nm

      Oh, for crying in a freakin’ bucket!!!!!!!!!!!

       
      • Skoors

        Mei 6, 2010 at 4:29 nm

        Nee vriendin! Vir wat wil jy nou in emmertjies tjank? Kom liewers af vanaand en ons 4 doen die sushi ding. Bogger Portugees, ons doen rou vis en BAAAAIE rooiwyn en gesels heerlik. Of wag, J&M gesels, ons sal luister 😆

         
  21. Cupcake

    April 23, 2010 at 2:16 nm

    Gelukkig is oonde tweetalige goodies, hulle verstaan elke kok se taal. Of jy nou loving meatballs wat uitstekend bind met mash potaties of devine smaaking spek insit, gelukkig kom alles gaar ne Skorie?

     
  22. Skoor

    April 23, 2010 at 3:29 nm

    True Cupcake. Oonde is nie kieskeurig nie. Maar dit sal slegs gaar wees as jy jou lektriek betaal het 😆

     
  23. Krista

    Mei 6, 2010 at 5:58 nm

    Ek boek sommer een van kulula-se-amper-pasella-vlugte en kom kuier vir die mooiste mense in die mooiste kaap!

     
  24. Kobus

    Januarie 12, 2011 at 9:20 vm

    Hie hie… Ek wonder waar kom die woord “bodder” vandaan….

     
  25. skoor

    Januarie 12, 2011 at 10:04 vm

    Maklik Kobus!

    Die ‘th’ klank in die ingilse woord bother, het menige Boer ore aangesit. En toe vat hulle mond ‘n kortpad en huppel oor die boTHer, direk na boDDer.

    Te bleddie pragtig!

     
  26. Karen

    Januarie 17, 2011 at 12:04 nm

    Soek lekker resep vir frikkadelle met vleissous bedien saam met spagetti…..!

     
  27. Skoor

    Januarie 17, 2011 at 12:32 nm

    Gebruik bg resep en maak die frikkies gaar in ‘n kastrol. Verwyder wanneer dit gaar is. Voeg beesvleis aftreksel (beefstock) en ‘n eetlepel meel by en laat dit lekker vinnig kook tot dit verdik. Gebruik dit as sous. Proe net vir die sout en peper gehalte!

     

Lewer kommentaar op Skoor Kanselleer antwoord