RSS

Kersie bekoring

06 May

Sou enige afsluiting tot ‘n goeie ete saam met lekker vriende dan nie meer volmaak gewees het met iets so verruklik cherries2soos rooi kersies wat slinks oor ‘n roomys helling tuimel, en ‘n stroperige pienk sous agterlaat nie?

Koop dadelik versuikerde rooi kersies.  Sommige winkels hou dit groot-maat aan, kyk wat jou beursie kan bekostig.

In ‘n skoon fles laat jy hulle een vir een inval, taaisels en al, en maak slegs 3/4 van die fles vol.

cherriesNeem ‘n bottel Monis Medium Cream Sherry, en vul die fles.  Vir die volgende 3 weke mag jy slegs kyk hoe die kersies aan jou sherrie slurp.  En jy moet sonder om te murmureer, die sherrie bly aanvul.

Na 3 weke mag jy egter wegspring en daai kersies een vir een uit die fles oppik, en daarmee doen wat jy wil. 

Die beste is egter oor ‘n berg spierwit roomys.  Maar laat jou verbeelding gaan – liefdeskos soos die het nie heinings nie…

Dis maak ook wonderlike geskenke as jy genooi word vir ete by vrinne.  En hoe langer dit trek (maande selfs), hoe beter word die smaak.

 
4 Kommentaar

Posted by op Mei 6, 2009 in Lekker maklike kos

 

4 responses to “Kersie bekoring

  1. Wipneus!

    Mei 9, 2009 at 11:30 vm

    Yes Skorie my gunsteling, ek maak enige iets sommer mooi ook met kersies!! Dit pas soms nie eers daar nie, maar ek gooi dit!! 😆

    Ek sal hierdie een verseker bottel in die Sherry!!! Sommer baie, want dit is ‘n fantastiese gasvrou geskenk!!!

     
  2. Skoor

    Mei 11, 2009 at 8:35 vm

    My kersies trek nou al amper ‘n week Wipneus – die lus daarvoor le al op die vloer!

    Shop bietjie rond – hier by my het ek kersies die goedkoopste in die self-help afdeling van Fruit & Veg gevind. Per kilo goedkoper as klein boksies op die rak.

    Geniet die smul – blykbaar is daar mense wat hierdie resep op hulle pap eet as die vakansie in hulle lywe is! Weet darem nie of ek so ver sal gaan nie🙂

     
  3. BB

    Mei 13, 2009 at 2:06 nm

    Og!! Ek sal ook maar vir my sellers moet maak… Helge… ja toema, ammal weet nou al… is net wonderlik dat hy nie omgee dat ek die drank-ding doen nie… watwou omgee??!! Hy koop die goed by die bottelsvol net om te sien hoe ek dit drink!!:mrgreen: (ek isse ware sweetie-pie as ek alkohol inneem. liefdevol. snaaks. en slim. baaaaaie slim!!:mrgreen:
    (Ek love dronk vrugte!! Wee jy hoe lekker lê lietjies in OBS?? Hmmmnjam!!! ook virre maand of twee en net voor serving (op ‘n berg roomys natuurlik😉 verhit jy die spulletjie stadig en liefderyk – (ons wil mos nou nie die alkolohol-LOL!!! verdamp nie!! )

     
  4. Skoor

    Mei 13, 2009 at 3:15 nm

    Helge VERKYK hom seker aan jou en al jou sights as jy dit proppe so een vir een afknak!

    Dronk vrugte is ‘n lekkerte. Ek het Sa’rag middag effe ‘af’ gevoel, toe vat ek so 3 van die cherries, en slaap ‘n salige slaap soos ‘n bybie.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: