Die winkels le vol chillies – alle soorte, kleure en sterktes.
As jy jou eie bos in die agterplaas het, en wil wegsit vir die dae wat jy dit gaan nodig kry, maar die bos nie dra nie, is hierdie wenk vir jou.
Pak flessies vol met chillies van verskillende kleure en vorms. Skat hoeveel asyn jy sal nodig kry om hulle te bedek, en bring die asyn tot kookpunt. Gooi ‘n skeut suurlemoensap in die flessies, gevolg deur die kokende asyn.
Maak die flessies tot heel bo vol met die asyn, draai die deksel styf op, keer om, laat afkoel, en voila, jy het jou eie oes bewaar.
boervrou
Junie 10, 2009 at 6:00 nm
Hoekom moet jy die asyn kook?
Skoor
Junie 10, 2009 at 6:14 nm
Die temperatuur van die asyn maak kieme aan die chillies se lywe dood, en dis soos blansjeer – die eindproduk hou effe langer.
boervrou
Junie 10, 2009 at 8:28 nm
Dit wat ek wil weet het niks met chillies uit te waai nie, maar hoe kry julle die mooi tel goedjies dat dit ‘n knoppie wys soos joune, en nie net text wys soos myne nie? Hoe ‘sit jy dit in’ die page? Sorry ek vra, maar ek het al moed verloor.
boervrou
Junie 10, 2009 at 8:31 nm
Sjoe ek sien eks al een wat vrae vra, sorry! 🙂
Skoor
Junie 10, 2009 at 8:31 nm
Jinne jong, ek het mos daardie ding reggekry, en toe ek my nuwe Skoor skep, is dit ook net die code wat wys, en tot op hede het ek nognie daai uitsorteer nie.
Ek gaan jou die naam van ‘n boffin mail – vra haar. Hou vas. O, en ek soek asb ‘n copy van jou antwoord na my email, deal?
boervrou
Junie 10, 2009 at 8:33 nm
Reg so!
Skoor
Junie 10, 2009 at 8:35 nm
Toemaar, gewoonlik ken mens iemand wat iemand ken wat kan help. Hou net vas, ek het gou gemail en toestemming gevra dat ek jou kan verwys.
Maniere, sien. Wil nie more vertel word ek is sonder daai nie 😆
boervrou
Junie 10, 2009 at 8:38 nm
Of jy kan my mail adres gee. Dis nie ‘n malletjie nie,nê???
Skoor
Junie 10, 2009 at 8:42 nm
Ja, sy is ‘effe af’ maar ons gooi haar maar met kokende asyn – dan hou sy langer…
Nee, sy klink heel kewl, moenie worry nie 😉
boervrou
Junie 10, 2009 at 8:56 nm
thanks anyways lekke slaap
Skoor
Junie 10, 2009 at 10:22 nm
Jy ook, lyk my daai antie loop le met die hoenirs, maar nou ja, miskien surface sy vroegerig more.
ciaobella
Krista
Junie 11, 2009 at 8:12 nm
En wat van peppadews? Kan mens dieselfde met hulle doen? En hoekom brand die vars peppadews se vleis so VERSKRIKLIK as die in die bottels net spicy is?
Hê Skorie?
Skoor
Junie 11, 2009 at 8:37 nm
Ek weet nie of jy hulle ook so kan bewaar nie, as jy jou hande daarop kan le, doen so en laat ons weet.
Ek gaan my ma vra vir haar pepadew resep – sy is baaaaie slim, die Skoormamma.
Okei Krista 😆 😆 😆
Skoor
Junie 11, 2009 at 8:38 nm
Nikita, ek verwyder jou resep, as ek weer lekker op die been is gaan ek dit maak, en blog dit met die nodige ‘name calling’
Dankie daarvoor.
Nikita
Junie 11, 2009 at 8:47 nm
ok! goed so!
maankind
Junie 20, 2009 at 5:40 nm
Ek gooi myne sommer net so in die groentebak, en dit word lieflik droog en bly mooi rooi daarby.
Wys my ‘n makliker metode…
Skoor
Junie 20, 2009 at 7:59 nm
Ek het! Hier bo!
😆
kaneelsuiker
September 10, 2009 at 8:21 nm
Ek het ‘n paar chillies geoes en nie geweet wat om met hulle te maak nie. Toe vat ek maar ‘n leë agurtjie bottel en lê hulle in vodka (so aaklige goedkoop soort) en hulle hou nou al vir 6 maande mooi. Al probleem is nou die vodka smaak, maar ek reken ek sal dit kan afwas. Ek gaan nog ‘n mean mexican pizza met hulle maak.
Skoor
September 11, 2009 at 8:28 vm
Onthou, as jou ore nie steek as jy daai pizza eet nie, is daar nie genoeg chillies op nie!!!
Nelba
September 18, 2009 at 9:55 vm
Sien ek nou eers hierdie. Julle kan my chillies kry. Almal! Ek sit nie weer my bek of hanne aan een nie…
Skoor
September 18, 2009 at 10:03 vm
Hooit Nelba! Lyk my jy’t effe ‘n bloutjie geloop met chillies? Aan jou ogie gevat of so iets??
Lol, dis nie so erg nie, maar stuur maar aan. Smeer net buite op die pakkie, dat die posbliksems wat so steel ook darem iets kry om oor te kla 😆
ANDRE
Desember 7, 2009 at 2:10 nm
Skoor, Kan jy vir my sê hoe n mens “pickle chillies” maak? Ek het n resep gekry wat behalwe asyn en die gemengde speserye sê daar moet olie en bruinsuiker inkom. Ek het n groot bottel vol gemaak met die chillies, nou is dit pap en die skilletjie is bie taai! Help asb…
Skoor
Desember 8, 2009 at 8:10 vm
Hallo Andre
Volg die resep hier bo, met klein bietjie chillies, en kyk of dit nie beter uitkom nie?
Hierdie metode is alom bekend vir chillies inle.
Jou skilletjies sal maar altyd taai wees, dit lyk mos of daar ‘n plastiek lagie betrokke is!
Flintie
Februarie 11, 2010 at 1:01 nm
Ek gaan nou eers die try, ek glo ek kan darem asyn kook sonder om dit op te neek…
Flintie
Februarie 11, 2010 at 4:07 nm
Een woord…..
Ja, daai een, vaderweet, ek gee op.
Skoor
Februarie 11, 2010 at 4:22 nm
Aag nee man, dis nie fair nie. My resepte is veronderstel om fun te wees. Funky en maklik en dat dit sal werk. Gewaarborg.
En nou wil jy EEN woord hier kom neertik…
Wat? Het jy nie asyn in die huis nie? Is die ESKOM weer nasty met kragvoorsiening? Sien jy dat dit greenpeppers en nie chillies is nie.
Wat, huh?? Hit me!
Nanje
Julie 25, 2010 at 2:39 nm
Moet die chillies heel in die bottels geplaas word, of kan ek dit opkap?
Skoor
Julie 25, 2010 at 7:50 nm
Nes jy wil, Nanje, nes jy wil 😆
Alta DURAND
Augustus 20, 2016 at 2:57 nm
Pak jy die botteltjie vol greenpepper repies en gooi kokende asyn tot bo vol, en maak behoorlik toe
Sandra Mulder
Augustus 28, 2022 at 12:35 nm
Dit lyk baie lekker. Ons is baie lief vir chillirs noem maar op.. Kan ek dit inle in plastiej houers. Ek het plastiese flesse gekoop met dtrrk chillies in Portuguese sous en garlic sous.. Moet dit eers afkoel voor ek ingooi.. Sandra Mulder..