RSS

Kaaskoek

30 Jul

kaaskoekMy ma is vreeslik oor kaaskoek in ‘n restaurant eet.  Maar dan MOET dit ‘n gebakte kaaskoek wees.  Die drilsels wat restaurante soms vir R30 ‘n stukkie voorsit, wat gou in 5 minute uit ‘n boks saamgeflans is, steek haar dwars in die krop.

Hier is ‘n resep vir ‘n vinnige gebakte een, sonder groot omslagtigheid of sweetdruppels.

Breek ** ‘n 300g pakkie tennisbeskuitjies (hoekom is dit Tennisbeskuitjies genoem?), en meng met 250g gesmelte margarien.  Druk dit onder-in ‘n oondvaste bakding vas as kors.

Klits 400g suiker, 400g roomkaas, 250ml room, 6 eiers en 10ml vanilje geursel saam, tot die suiker opgelos is. 

Skep dit bo-oor die kors, en bak vir 15 minute teen 180 grade celcius, OF 25 minute teen 150 grade celcius.

** as jy neute of koekies of iets dergliks moet fyn kry, gooi dit in ‘n sakkie, en le in met ‘n wynbottel.  Dit is die gouste, en skoonste manier.

 
5 Kommentaar

Posted by op Julie 30, 2009 in Skoor kook oor!

 

5 responses to “Kaaskoek

  1. Nikita

    Julie 31, 2009 at 10:35 nm

    Yum, hoe lekker lus het jy my nou!

     
  2. BB

    Desember 10, 2009 at 10:41 vm

    Re jou vraag m.b.t tot Tennisbeskuitjies se naam)
    Loer bietjie hier in Skoortjie: http://teriton.co.za/
    Scroll af tot “Last thoughts – Origins of names” aan die linkerkant.

     
  3. Skoor

    Desember 11, 2009 at 3:28 nm

    Tog te oulik, jy, BeeBee!

     
  4. BB

    Desember 14, 2009 at 7:01 vm

    😳:mrgreen:

     
  5. Annie Pretorius

    April 19, 2016 at 8:32 vm

    Ek het die kaaskoek Saterdag gebak, heerlik, maar hy wou nie stol nie, het hom in yskas gesit, moes ek hom dalk in vrieskas gesit het. Wat het ek verkeerd gedoen?

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: