RSS

Dik sop teen die Winter se Byt

13 Aug

spiceLente is tradisioneel die tyd wat kieme heerlik kom nesmaak in mens en dier se lyf.  Daarom moet jy voedsame, kiemdodende geregte eet so met die seisoenswisseling saam.

Die medisinale voordele van baie kruie en sommige speserye word oral besing, en hierdie sop/bredie/chowder is geen uitsondering nie.

Wees effe avontuurlustig en pak die resep met ‘n klingel van oosterse klokkies om die enkels aan.

Neem ‘n koppie lensies, kyk goed deur vir klippies, en spoel af.  Gooi in ‘n pot, saam met 1/2 teelepel borrie en 1/2 teelepel seesout.  Gooi 3 koppies water by, en bring tot kookpunt. 

Ontvel ‘n groot tamatie, en sny fyn en gooi die helfde by die lensies.  Sny ‘n kwart groot butternut in blokkies, en voeg ook in die pot.  Sit die deksel op, draai die hitte na prut, en doen binne 30 minute die volgende:

butternutsopVerhit olie in ‘n pan en voeg by:  1 teelepel mostert saadjies, 1/2 teelepel komynsaadjies, 1/2 teelepel koljander saadjies (maak die komyn en koljander effe fyner in ‘n vysel en stamper), 1/4 teelepel chillievlokkies.

Wanneer die mostertsaadjies begin pop, voeg jy ‘n opgehoopte teelepel fyngemaakte vars gemmer, en ‘n opgehoopte teelepel fyngemaakte knoffel, asook ‘n medium ui, fyn gesny, by die speserye.  Roer aanmekaar oor laer hitte totdat die uie gaar is.dhania

Sny twee hande vol spinasie in repe, en gooi dit in die lensie en butternut pot.

lentilsKrap die spesery pan se inhoud in die pot uit, roer versigtig deur sodat die butternut nie opbreek nie.

Bedien met die res van die tamatie bo-op, asook vars koljander blare as jy jou hande daarop kan le!

Se nou net dit klink nie fantasties vir ‘n koue lyf nie…

 
3 Kommentaar

Posted by op Augustus 13, 2009 in Lekker maklike kos

 

3 responses to “Dik sop teen die Winter se Byt

  1. Nikita

    Augustus 16, 2009 at 10:30 nm

    Oeeeee, Skoor! Nou praat jy my taal! Ek is dol oor sop en veral sulke heerlike dik groentesop of lensie of ertjie. Sjoe! hoe proe ek nou my ma se ertjiesop in my gedagtes! heerlik! o ja, moenie die sousboontjiesop ook vergeet nie! Ai! maak ek myself so lus terwyl ek daaraan dink!

     
  2. Skoor

    Augustus 18, 2009 at 11:29 vm

    Jong Nikita, ek DARE jou om die komende winter op die blog te soek na die ‘Boere Toskaanse Porkies & Beans’ en die ‘Pasta en Bone Sop’ en dit te maak.

    Dan klets ons weer oor dik, heilsame etes teen ‘n bekostigbare prys!

    Mmmm

     
    • Nikita

      Augustus 18, 2009 at 12:16 nm

      Hi Skoor! Ek maak so, soms voel ek dat ek sop sommer enige tyd kan eet..winter of somer, maar net saans. Manlief maak sulke heerlike groentesop ook. Hy het “kookkuns” (Food Technology) by sy vorige skool begin (is besig by sy huidige skool om dit in te bring) en hy moes maar (met sy beperkte kennis) hou by eenvoudige geregte (hierdie Engelse kenners kan in elk geval nie meer ingewikkelde goed maak nie..haha) en sop was op sy lysie en hulle het dit net so geniet. Dis byna die enigste gereg (se hy) waar almal (soos in almal) alles na die tyd helemal op geeet het en nog wou he…lol!

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: