RSS

Pistachio Fudge

08 Sep

pistachioNigella Lawson verskyn gelukkig nie te baie op my TV nie. Sy is nie goed vir die hart nie!

Maar noudie aand kom loer sy weer onder haar wimpers deur, met Kersversierings in die agtergrond (jip, ek se mos altyd die ingilse is nie lekker nie, en hier sien ek dit in September as ‘n feit) en sy konkok daar ‘n dekadensie wat ek net my eie MOES maak deur dit hier neer te sit vir anderdag se onthou…

Jare se dae terug, het ons mos net geweet van rys, vleis en aartappels.  Rou vis gedoop in soya sou bloomers se rekke laat skiet het, en coke met rooiwyn in was iets wat net die Transvalers geken het.  Dis nou nog so, alhoewel ‘n reuse klomp van bo, afgetrek het, met die vreemde konkoksie nie agtergelaat nie! 

‘Neute’ was amandels en salted coctail peanuts, en ‘n pistachio het jou laat rondkyk of iemand dalk gehoor het hoe lelik jy praat toe jy die woord probeer uiter het!  En ook net die ryk mense wat oorsee gereis het, sou daarvan in die huis he.

Nou kan jy ewe grend vir jou ‘n pistachio fudge aanmekaar slaan, mense vermaak met jou uitspraak, en beindruk met jou vermoens.  Jy moet net die regte bestanddele kry.fudge  Daar is niks soos om weg te breek van die ou resep fudge wat in elkgeval almal dieselfde proe nie!  Al seg mense watookal, fudge is fudge is fudge.  Maar NIE die ene nie…

Smelt 350g donkerder as donker, 70% ten minste, se sjokolade, saam met ‘n blikkie kondensmelk en 30g botter.  In ‘n swaarboom pan natuurlik, terwyl jy roer en jouself weerhou om met jou vinger in die warm vloeistof te karring!

Neem 150g UITGEDOPTE pistachio neute, gooi dit in ‘n sakkie, en kraak hulle met ‘n wynbottel of ‘n koekroller, sodat daar groot en klein stukkies rondspring.  Moenie dit in ‘n pulp voeter nie.

Sodra die sjokolade en botter lekker gesmelt is, roer die pistachio neute daarby in, en neem ‘n foelie houer van omtrent 23cm, spuit vinnig met spray and cook, en druk die mengsel styf en eweredig daarin vas.  Laat afkoel, en sit in die yskas om te stol.

Haal dit uit na ‘n uur of 7, en merk die blokkies wat jy verlang daarin af.  Buig die tinfoelie bak se kante om en dop die plak uit, en sny met ‘n skerp mes die afgemerkte blokkies deur.

Kyk hoe lank kan jy vashou aan jou voorraad…

 
10 Kommentaar

Posted by op September 8, 2009 in Lekker maklike kos

 

10 responses to “Pistachio Fudge

  1. kaneelsuiker

    September 8, 2009 at 2:52 nm

    Uhm…yum! Ek moet dit mos probeer, sommer nou🙂

     
  2. wipneus

    September 9, 2009 at 7:09 vm

    Nou Skorie ek kan omgekoop word met fudge!!

    En ek kan nogal ‘n mean bak fudge aanmekaar slaan!!! Tong smelt fudge.

    Ek gaan definitief hierdie pistachio fudge probeer. Ai tog daar gaan die diet, want hoe kan jy al die lekker goed vir ander maak en diet pleit?? 😆

     
  3. Skoor

    September 9, 2009 at 9:58 vm

    Wip, ek ken nie van tong smelt fudge nie, maar ek reken ek kan jou woord neem vir jou prestasies!

    Jip, hierdie is ‘n vloekstorie as mens minder wil weeg. Maar ons is net een maal jonk, ne!!!

    En toe Kaneelsuiker? Alles mooi opgeeet?

     
  4. kaneelsuiker

    September 10, 2009 at 8:31 nm

    Wil jy van my ‘n diabeet maak?!😆 Ek het dit netnou eers aanmekaar geslaan. Ek het Bournville dark choc gebruik in plaas van 70% nagdonker, want my begroting(student) sluit nie Lindt in nie. My boetie kwyl al oor sy handboeke. Ek sal môre kommentaar kom lewer oor die eindproduk.

     
  5. Skoor

    September 11, 2009 at 8:27 vm

    Jy moet daai boetie van jou laat inchip vir die saam eet. Het dit toe lekker uitgekom??

     
    • kaneelsuiker

      September 11, 2009 at 12:28 nm

      Goeiste Skoorel, ek sal nie skroom om van jou ander baksels te probeer nie. Hy het heerlik uitgekom. Dit is maklik om te maak en baie vinnig.
      Die pistachio smaak slaan deur die donker sjokolade, met stukkies om agterna uit die tande los te wikkel.
      Die vorm van die blokkies was nou nie so afgerond soos gewone fudge nie, maar ek gaan dié resep beslis onthou.

       
  6. Skoor

    September 11, 2009 at 12:41 nm

    Ja, die alewige honger student sal heelwat nuttige potte kos hier kan raaklees…

    Jong, be daring en rol hulle tussen jou palms, dan in kakao, en sit dit voor as truffels!

    Gits, skryf ek nou vir myself ‘n plan uit hierso.

     
  7. boerinballingskap

    September 12, 2009 at 4:14 nm

    Yummy!

     
  8. Skoor

    September 14, 2009 at 12:04 nm

    Ja Boer, miskien moet jy kyk of ‘n Kimono-draertjie vir jou so iets kan aanmekaarslaan…

    Kaneelsuiker, kry ek nou ‘n blink gedagte: kyk bietjie regs bo op die blog is ‘n ‘search’ blokkie. Dan tik jy TJOKLITS daar in. Almal van hulle sal jou en boeta se smaak bevredig, maar die een met die hawermout in, is kick ass wonderlik. Jy sal klasse bank om by daai bak te bly sit 😆

     
    • kaneelsuiker

      September 17, 2009 at 6:03 nm

      Hehehe, ek sal nog so maak. Vir nou moet ek maar met koshuis kos tevrede wees…

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: