RSS

Vanaand se Resep

23 Sep

Vanaand MOET jy jou geliefde vat en uitgaan.

Omdat dit more Erfenis dag is. En ons het ‘n Erfenis van LIEF WEES VIR DIE EEN WAARVOOR ONS LIEF IS.

eetEk wil vir ‘n oomblik vergeet van egbreuk, mishandeling, teistering, seerkry. 

Gaan sit om ‘n bak prawns, of oorkant ‘n stuk tjoklitkoek, en vier die lewe.  Doop ‘n sushi in soya, of trek ‘n kreef se stert uit sy lyf.

Omdat dit ‘n voorreg is om te lewe.  En omdat dit ‘n voorreg is om te kan eet.

Geniet dit!

 
11 Kommentaar

Posted by op September 23, 2009 in Lekker maklike kos

 

11 responses to “Vanaand se Resep

  1. Sonkind

    September 23, 2009 at 1:36 nm

    Vanaand is mince kerrie aand in onse huis 😦

     
  2. Farmer A

    September 23, 2009 at 1:41 nm

    Stuur my die kruieplantjie se nommer dat ek hom kan aanspreek!!!

    Maar jy maak mos darem lekker mins. En biki wyn daarby, geniet in die agterplaas, en dis soos honeymoon.

    Anyway, die is mos jou tipe weer wat nou weer begin, so jy kan nie ALLES in een dag kry nie.

     
  3. Skoor

    September 23, 2009 at 1:49 nm

    LOL Son, antwoord ek jou nou wyl ek as wurmboer ingeteken is! Moenie verder frons nie…

     
  4. Plaasjuppie

    September 23, 2009 at 2:49 nm

    Broccoli anyone?

     
  5. Skoor

    September 23, 2009 at 4:09 nm

    PJ, djy’s sieka leka bedonit!!!

    Sjame julle, is daai Graatjie en haar man, Spiere, steeds die dorings in julle 2 se smaak kliere??

     
  6. Plaasjuppie

    September 23, 2009 at 4:13 nm

    Dis beter as honger gaan slaap.
    Eendag . . .

     
  7. skuilhoek

    September 23, 2009 at 7:49 nm

    Ons het Steersburgers en Chips gehad. Dit was lekker.

     
  8. Sonkind

    September 23, 2009 at 9:11 nm

    Vertel my van daai wurms, Skoor 🙂

    My kruieplant se shares is hoog vanaand, hy het belowe om more vir my sushi te koop. Deesdae wil hy nie eers meer saam my Fruit en Veg toe gaan by Somerset Mall nie, want ek haak net op een plek vas, die sushi bar!!!

     
  9. Skoor

    September 24, 2009 at 8:14 vm

    Druk op die Farmer A vir meer inligting! Ek gaan gereeld vir brekvis by die sushi bar by F&V. As ek daar opstaan het ek niks geld vir shop oor nie!

    Skuilhoek, ‘n Wacky Wednesday is nooit te versmaai nie. Ons het borde sushi gehad, en lekker vonkelwyn… en ek het soooo aan die Wosonkies gedink. Die arme broccoli bekkies! 😆

     
  10. ding

    September 25, 2009 at 5:46 vm

    Al wat Ding van daai Mall onthou, is presies hoe vinnig manman kan moet loop en dat daar ‘n paar Cats iewers in ‘n venster staan met Ding se naam op… dank die Oubaas vir klein wonderwerkies – genadiglik is Ding nie gemartel met rou vis nie :mrgreen:

    Maar Skoor, volpunte vir jou idee! Ouding sou nogal iewers in ‘n dal kon stilraak met rooiwyn, gawe kos, bene in Ouding se skoot, oë wat verdrink in mekaar en uiteindelik sorgelose, spontane dans, druk, lag en kuier saam met wildvreemdes voordat Rebel ons ontvoer na ‘n koutjie geveer met – jawel.

     
  11. Skoor

    September 28, 2009 at 10:29 vm

    Die stilraak, Ding, dis wat ‘n bakkie pap sal spesiaal maak.

    Ek vertrou jy sal tot ander insigte kom teenoor rou vis – miskien kan jou ander half jou oorreed – mits sy natuurlik daarvan hou!

    So nie, is daar altyd die ‘verdrink in mekaar se oe’. Beter as enige stuk salmon!

    😆

     

Lewer kommentaar op Plaasjuppie Kanselleer antwoord