RSS

Mikrogolf Koek

06 Okt

Ek is ‘n self-verklaarde nie-bakker.  Kook ja, potte en potte lekker kos.  Maar bak maak my senuweeagtig, en my spasie is te min vir afmetings, sif en knie.

Daarom verwelkom ek altyd maklike resepte wat dalk kon lyk asof dit tyd kon vat, en meet, sif en klits betrokke was.  En wat ek in my klein ko’buisie kan aanmekaarslaan.

Meng 1koppie meel, 1 koppe suiker, 2 eiers, 2 teelepels bakpoeier, 1 koppie kookwater, 3 eetlepels kakao, 1 eetlepel mayonnaise en ‘n 1/4 teelepel sout saam.micro

Gooi in ‘n mikro bak of mikro koekvorm, en bak op hoog vir 7-8 minute.

Versier soos jy daarvoor lus het, of dit nou bedek met ‘n dekandente gesmelte sjokolade sous is, of versiersuiker, onthou net om nie skaam te wees daarmee nie.

Let wel – as jy ‘n wit koek wil bak, vervang die kakao met maizena.

 
17 Kommentaar

Posted by op Oktober 6, 2009 in Skoor kook oor!

 

17 responses to “Mikrogolf Koek

  1. Krista

    Oktober 6, 2009 at 6:05 nm

    Mayonnaise????? Inni koek??? Is jy seker???

    Dit klink maklik genoeg dat PJ vir my ‘n verjaarsdagkoek kan bak! 😉

    Maar ek weet nog nie so lekker van die mayo nie? Kan mens low fat mayo gebruik?

     
  2. maxie

    Oktober 6, 2009 at 9:56 nm

    Die Engelsmanne gaan nog jubel oor die maklike reseppie….
    Ek het eenkeer vantevore ‘n koek gebak met mayonnaise in, blykbaar proe dit fantasties.
    Dankie Skorie!

     
  3. Skoor

    Oktober 7, 2009 at 8:17 vm

    Ja Krista. Mayo! Vir wat wil jy neuk met low fat? En dit na die koppie suiker… Laat ou PJ probeer. Miskien moet julle netnie vir Graatjie en die Generaal oornooi nie.

    Maxie, steek die Rooibaadjies in die werk. Laat hulle vir JOU bak en bederf. Dis reg so. Soos dit moet wees.

     
    • Krista

      Oktober 8, 2009 at 6:28 nm

      Ons mind nie vir suiker nie – ons het die energie nodig vir gym.

      Vra maar die generaal oor vet – vet maak vet!

       
  4. Pikkie

    Oktober 7, 2009 at 1:17 nm

    Blerriieeee JIPPPPIEEEE!!!! Ek moes met die laaste getrekkery my stoof inboet en sit nou met ‘n tweeplaat.. rerig… (gelukkig het Mynick lankal al begin om al wat ‘n gadget is vir my aan te skaf, so ek kom goed klaar,) dis net die bak wat ‘n pyn is… Vanaand eet my telgies koek! So waar as wragties! Dankie Skorerasie!

     
  5. Skoor

    Oktober 7, 2009 at 4:02 nm

    Aag jong, se vir jouNick hy moet solank tjoklit smelt, dan roer hy room daarby in, gooi ‘n doppie KWV 10 jaar saam, en julle gooi dit oor daai warm koek dat dit so intrek.

    Dan klop jy die res van die room styf, en julle voer mekaar ini slaapkamer. Lekker dekadent. En jy vry hom tot hy vir jou ‘n oond koop!

     
    • marie

      April 10, 2010 at 3:00 nm

      Het u dalk vir my n kaas en mieliebrood resep vir n mikrogolf

       
      • Skoor

        April 12, 2010 at 8:29 vm

        Marie dit lyk my ek is vasgevra! Ek soek nog, en belowe om jou te laat weet as ek iets vind.

         
  6. Pikkie

    Oktober 8, 2009 at 12:15 nm

    Skorie – daar verorber hierdie 4 Losmoertjies nou wragtig gisteraand daai hele koek! Sonder fancy goeters, sommer net Milo-versiersuiker!! Thoef-tjaf – koek opgevreet!

     
  7. Skoor

    Oktober 8, 2009 at 12:30 nm

    Dankie Pikkie, dis altyd lekker om jou terugvoering te kry! Sien, jy sal nog ‘n bobaas kok uitdraai. JouNick sal nog sy oe nie kan glo nie!!!

    Ek dink jy moet die naweek die room opsie probeer. Sit die klein losmoertjies vroeg in die bed 😆

     
  8. Pikkie

    Oktober 9, 2009 at 5:01 nm

    Skorie, ek moet jou vergas met my ‘Nood leer planne maak’ broodjie… Ook sommer so vir die mikrogolf

    Bestanddele:
    2 koppies bruismeel
    2 desertlepels olie
    2 eiers
    2 eetlepels suiker
    1 groot blik suikermielies
    paprika

    Metode:
    1 Berei mikrogolf-broodpan (of sommer ‘n langwerpige glasbak) 😆 voor en sprinkel paprika teen kante en op bodem.
    2 Meng bruismeel, olie, geklitste eiers en suiker.
    3 Voeg suikermielies by.
    4 Gooi in pan en sprinkel paprika bo-oor.
    5 Mikrogolf 9 minute by defrost en 6 minute by Hi.

     
  9. Skoor

    Oktober 12, 2009 at 12:17 nm

    Aag Pikkie maar jy is ‘n dol! Dankie dat jy die met ons deel. Ek gaan dit, as jy nie omgee nie, cut en paste onder ‘n nuwe pos, sodat dit op die search engines kan verskyn. Nie weggesteek by die comments nie.

     
  10. Pikkie

    Oktober 13, 2009 at 11:55 vm

    Is reg Skorie. Onthou net die broodjie is nogal soet… Met die suiker en suikermielies saam is dit amper ‘n koek… 😆

     
  11. Bea-Triche

    Augustus 21, 2010 at 3:53 nm

    Mayonaise bestaan hoofsaaklik uit eiers en olie. Dis heerlik in koek en werk uitstekend. Onthou net, plaas altyd ‘n omgekeerde glas (wynglas, drinkglas – maak nie saak nie) in die middel vd bak waarin jy die beslag gaan skep. Dit keer dat die koek rou in die middel en oorgaar aan die kante bak. Ek gebruik gekookte kondensmelk vir die vulsel. Ryk maar lekker!

     
  12. Pikkelik

    April 12, 2011 at 2:45 nm

    Het eers gou weeeeer hierdie resep kom soek. Het nou lus en weetie waar is my boek nie. Dankie Skore!

     
  13. Liz

    Augustus 12, 2011 at 4:35 nm

    ek gaan dit nou dadelik probeer. ek is regtig nie domesticated nie, as ek dit kan maak, is dit wraggies maklik.

     
  14. Skoor

    Oktober 14, 2011 at 11:59 vm

    En Liz, het dit gewerk?

     

Lewer kommentaar op Pikkie Kanselleer antwoord