Jitte, as ek iets kry wat werk, is ek so in my noppies, ek slaap sommer sleg net om die resultaat in die oggend te kan gaan bekyk.
Ek het gisteraand yoghurt gemaak. My eie. En dit het wragtag gewerk! Daarom dra ek die poging en resep op aan Muriel wat besluit het om ‘op te pak’. Uit die bloute was sy soms die vrug wat die ongegeurde yoghurt van mense se lewens kom smaak gee het. Reis veilig meisie. Olie jou wiele. Hou koers!
Die proses is verspot maklik. Neem ‘n pot, gooi ‘n liter melk in, en gee sy bodem hitte. Wanneer die eerste borreltjies wil vertel dat kookpunt naby is, sit jy vir pot eenkant. Wanneer die melk afgekoel het tot kamertemperatuur, haal jy die melkvel met een vat af, en neem jy 3 skeppe ongegeurde yoghurt met lewendige A en B kulture, skep dit in ‘n bakkie, en skep ‘n paar skeppe van die afgekoelde melk daarby.
Meng dit lekker deur, en gooi dit terug in die melkpot. Roer en meng die melk en yoghurt tot jy seker is dit is deurgewerk.
Nou…. gryp daai warmwatersak, maak dit vol warm water, en sit dit onder-in ‘n koelhouer, met die pot en sy deksel bo-op. Rits die koelhouer toe.
As jy nie ‘n koelhouer het nie, stres niet. Maak vir pot in ‘n ko’bersie toe. Laat oornag so staan, in die oggend skep jy die yoghurt in jou yskas houer, en verkoel.
Dis vet pret! Jy spaar geld, jy kan jou eie vrugte daarby insny, of dit net so oor jou muesli gooi. En wanneer daar net 3 lepels vol oor is, herhaal jy die proses met daardie laaste yoghurt.
Cool, of hoe!
Ek het gisteraand vanilla pods saam met die melk gekook. Dit is ‘n absolute agter-oor-slaan-lekkerte wat daar uitkom. Komaan….spaar geld, eksperimenteer. Jy leef net een keer!
Ciaobella Wipneus
Wipneus!
November 19, 2009 at 10:51 vm
Skorie!!!!!!!!! Jou doring ek is mos nou aangesê om leefstyl aanpassings te maak, jy weet gesond eet, oefen en al daai green living goed Ughhhh 😦
Nou hierdie resep is mos nou net wat ek nodig gehad het! Telepatie? verseker. Baie dankie, ek gaan dit nou save en veilig bêre.
Chiaobella Skoortjie.
kaneelsuiker
November 19, 2009 at 12:26 nm
Skoorel, ek kan nie glo wat ek lees nie. So maklik? Ek moet dit probeer, is maar effens skepties of myne lekker sal proe, maar sal hier kom sê sodra ek dit gedoen het. 😀
Skoor
November 19, 2009 at 12:44 nm
Ek sweer Kaneel, dis so dem maklik, ek is bang ek raak wakker uit die droom.
As jy vanilla pods soek kan ek vir jou iewers in die dorp aflaai. Laat net weet in watter area jy woon. Ek het ‘n sakkie vol in die vrieskas – klein pods, maar uit en uit die moeite werd. Ek is crazy oor die smaak.
Wipneus, vanaand moet ek 2l s’n maak, want die naweek is duik, en dis van nou af onse brekvis. Nie meer McDonalds langs op pad water toe nie…
Ek drink ‘n liter drinking yoghurt in een sluk op. Ek vrek daaroor. Te veel suiwel is ook nie goed nie, maar hel, wat is!
kaneelsuiker
November 19, 2009 at 7:00 nm
Dankie vir die aanbod, sou jou graag ontmoet, maar my ma het ‘n fles vol van die goed. Ek gaan dit sommer vanaand probeer…
Nikita
November 21, 2009 at 9:31 nm
Dankie Skoor, ek gaan dit ook probeer!
Carol Barnard
Junie 25, 2015 at 12:17 nm
Ek het dit gisteraand gemaak – die MAKLIKSTE resep ooit!!! Baie dankie!!!
Bea-Triche
Augustus 21, 2010 at 3:44 nm
Waar in die wêreld kry julle vanillapods? Ek woon in Hermanus en sukkel my gedaan om net een ou vanillapodjie te bekom!
Ek het lanklaas yoghurt gemaak en hou van jou idee vd warmwatersak en die koelhouer – sal dit probeer. Ek het altyd sommer my drukkoker gebruik en dit eers gespoel met kookwater, daarna die yoghurt (in flesse) daarin geplaas en die hele spul toegemaak met my broodkombersie. Heelwat meer moeite – sal koelsak probeer!
Skoor
Augustus 23, 2010 at 8:23 vm
Vanillapods is in alle goeie winkels – kyk ook by spesery winkels.
Die alternatief is om bietjie Oos Afrika te besoek, of ‘n trippie na Madagaskar te doen.
Ek hou pakke klein pods in die vrieskas aan. Werk soos ‘n bom.
Carol Barnard
Junie 25, 2015 at 12:18 nm
Wonderlik – werk perfek, ek het gisteraand gemaak en so bly vir hierdie maklike resep!!! Dankie!!!
Kappaloca
April 14, 2020 at 3:51 nm
Reblogged this on Good Foods 4 All to Enjoy.