RSS

Rys. Warm of Koud. Slaai

12 Jan

‘n Ekstra koppie rys hoef nie drom toe te gaan as jy slim is nie!

Tommie het via egafrikaans.co.za vir my hierdie resep aangestuur.  Ek het hom probeer, en dis ‘n wenner.  Ek het knoffel ook fyngemaak en bygevoeg.  Wow, wat ‘n heerlikheid.

Kap 2 medium uie grof, en braai in olyf olie en botter tot sag en wanneer dit net-net begin verbruin, gooi ‘n teelepel paprika en ‘n half teelepel growwe sout by.  Haal van die hitte af.

Gooi 4 koppies GAAR basmatiese rys (of ander oorskiet rys, maar jy is crazy as jy nie basmatiese rys gebruik nie!) by die uie.

Sny 2 medium tamaties in blokkies en meng deur.  ‘n Handvol fyngekapte pietersielie en nog ‘n teelepel paprika, en jy kan terugsit en knuppelpens raak.

Bedien warm of koud.  Werk uitstekend met braaivleis.  En die volgende dag is dit even better!!

 
2 Kommentaar

Posted by op Januarie 12, 2010 in Lekker maklike kos

 

2 responses to “Rys. Warm of Koud. Slaai

  1. Krista

    Januarie 12, 2010 at 8:56 nm

    Ek eet nie meer kommin (pl)tastiek rys nie – me loves Basmati!

     
  2. Skoor

    Januarie 13, 2010 at 8:32 vm

    Ag Krista, ek is so bly jy het ook die LIG gesien wat rys betref! Ek weet nie hoe enige mens Tastic in hulle se lywe kan inkry as jy eers Basmaties geproe het nie.

    Tastic proe soos my skooluitveers geproe het….net mooi na niks!

    Nou toe, maak daai reseppie en kry die dag agter die rug😆

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: