RSS

Beesvleis in die bakoond

01 Feb

Raait, my bakoond is 80% klaar, en ek kon nie ‘n dag langer as Saterdag wag om die eerste vuur te stook nie!

‘n Aartappel gereg (ala Skoorlief) en ‘n degie van Spar (jajaja) in bolletjies gerol (en vol fyn knoffel, hoe dan anders) was die eerste oefen geregte.

Gister was egter ‘n bees van ‘n ander smaak…  Ek het ‘n blok bees – daai ‘roast’ vleis wat jy in die winkel koop – in blokkies opgesny, en ‘n ontluikende jong man in die huis aangespoor om kulliner met die oggend te verkeer.  Die beesvleis blokkies, so 3cm grootte, is eers in meel gerol, en dan in ‘n emalje pot geseel en effe verbruin. 

Alles kan nie gelyktydig in die pot ingaan nie, daarom verg dit geduld en konsentrasie.  Veral as die warm olie in die pot jou al op die arms raps.  Om vleis te seel en te verbruin moet jy die bietjies-bietjies doen, anders begin dit kook ipv braai.

Wanneer al die vleis deurgewerk en gaarder as rou is, neem jy ‘n handvol piekel uitjies en gooi hulle in die pot.  Rol hulle rond sodat die buurt wonder of ‘n nuwe restaurant in die omgewing oopgemaak het.  Ons doen hierdie dinge sommer buite, so die buurt is gereeld aan’t wonder. 

Gooi ‘n halfbottel rooiwyn by die uitjies in die pot, en ‘deglaze’ die bodem van die pot.  Gooi die vleis terug by die wyn, en pak aartappels, seldery en wortels bo-op die vleis.  En vars knoffel.  Baie.

Indien jy ‘n bakoond het, druk jy die pot in die warm oond, en maak hom toe vir 3 ure.  Ek kon nie.  Ek het elke half-uur gaan loer.  Dis te lekker.  En te nuut om net so te los.  Na 3 ure neem jy ‘n pakkie tamatie pasta en laat dit in die sous drup.  Keer versigtig die inhoud om, sodat die groente ook sous kan kry.

Sout en peper na smaak.  Sit terug in die oond.  Nog ‘n uur.  Gooi 3 teelepels suiker oor, meng versigtig deur en bedien op basmatie rys.

As jy net ‘n oond met lektriek het – 180 grade celcius behoort te werk.

En enige ander groente.  Besluit wat jy wil proe.  En ertjies!

(Hierdie is spesifiek probeer met die Wosonki’s in gedagte – dis ‘n alternatief vir die ingilse potroast)

About these ads
 
14 Kommentaar

Bygedra deur op Februarie 1, 2010 in Skoor kook oor!

 

14 responses to “Beesvleis in die bakoond

  1. Lemmie

    Mei 2, 2010 at 6:31 nm

    Hoe het jy jou buite-bakoond gebou (afmetings, materiale gebruik0

    As jy die vuur gestook het en die kole uitkrap as die hout uitgebrand het, hoe weet jy die oond is warm genoeg?

    Hoe dik maak jy die wnde om genoeg hitte te stoor om kos, imnmy geval, brood, regte groot brode, te bak.

    Indie moontlik antwoord asseblief na my e-pos adres.

    Groete.

    Lemmie.

     
  2. Skoor

    Mei 5, 2010 at 12:09 nm

    Lemmie, ek praat sommer hier, want netnou wil nog mense weet.

    Ek het ‘n geboude braai struktuur gehad, wat ek nooit gebruik het nie. Ek het ‘n WELCOME DOVER deksel gekry, en die oond rondom hom beplan!

    Die oond is so ‘n meter breed, en 1.5m diep. Ek het by die skrootwerf ‘n metaal plaat vir die dak gekry, en ‘n gat ingesny vir die skoorsteen.

    Die struktuur is met ‘vuursteentjies’ gebou, ook oor die dak, en toe met klip uit die Karoo, afgerond. Buite om. Rofweg sou ek skat die wande is so 20cm dik.

    Ek maak lekker vuur, en hou sommer die vuur aan die brand agter in die oond as ek ‘n pot kos insit. Jy kan egter by winkels wat potte en kookgerei verkoop, vra vir ‘n termometer wat jy in ‘n oond kan sit, as jy die presiese hittegraad wil vasstel.

    Hoop jy bou en bak lekker!

     
  3. Hans Moerdyk

    November 15, 2010 at 6:27 nm

    Ek het my bakoond van klei gebou en bak brood, pizza, “potroast” & aartappels, heel hoender, eenpot gereg en beskuit (en uitgedroog) daarin gebak. Ek voel die temperatuur met die hand. Jy skroei net eenmaal al jou armhare af en leer gou. Die oond is 1,2 X 0,9m, groot genoeg vir 3 ronde no 12 potte of 15 “kêffie” Brode. Die wande is 220mm dik en die vloer 75mm dik. Email my vis meer inliting.

     
  4. Alida Verwoerd

    Mei 30, 2011 at 8:32 vm

    Ek het verlede jaar my bakoond spesiaal gebou vir ons jaarlikse Kragdag op Diamantvallei (allerhande alternatiewe kragprodukte-uitstalling) maar het dit nie betyds klaargekry nie! Intussen wel klaargekry en al baie brood gebak veral Italiaanse Ciabata want dit neem net ‘n halfuur dan kan ek dit ‘n paar keer doen soos vir hierdie komende Kragdag op 2 Julie 2011 Ek hou van jou idee om die vuur van agter aan die gang te hou – ek sal die opening agter groter maak (dis nou net ‘n halwe baksteen groot) en dit ook doen Kom kuier op ons Kragdag Interessant en lekker!

     
  5. Skoor

    Mei 30, 2011 at 11:24 vm

    Familie van oom Len en tannie Hester Verwoerd??

    Stuur asb daai Ciabata resep dat ek dit kan plaas met alle eer aan jou en jou bakoond!

    Diamantvallei klink myle verwyder van die Boland se Wingerde waar ek my bevind, maar mens weet nooit, eendag is ek dalk in julle omgewing en kan ek die Kragdag bywoon. Klink interessant – is daar ‘n nuusbrief of webwerf daaroor??

     
  6. Chris Schutte

    Julie 7, 2011 at 7:35 nm

    Ons het laasnaweek n skaapboudjie en ook n heel yster pampoen en n heerlik room en kaas broodjie in onse bakoond gemaak . Dit was – to die for – lekker . Het d hele dag in beslag geneem , wat dit nog lekkerder gemaak het !
    Dit was sonder twyfel d lekkerste skaapboud ooit .
    Die naweek is dit wildspotjie en n suurdeeg broodjie se beurt .

     
  7. Hanlie Ebersohn

    September 19, 2011 at 1:48 nm

    Alida, Skoor en Chris.
    Ek wil ook bitter graag ‘n bakoond bou? Kan julle help met meer spesifieke inligting?
    Dankie,
    Hanlie.

     
  8. Skoor

    Oktober 14, 2011 at 11:51 vm

    Chris, skaapboud en pampoen bly een van my mees nostalgiese lekkertes!!!

    Hanlie, epos my by skoorbek@gmail.com dat ons kan begin bou.

     
  9. Hanlie Ebersohn

    Oktober 14, 2011 at 2:50 nm

    Dankie, sal doen.

     
  10. Skoor

    November 21, 2011 at 3:05 nm

    Dankie Charl!

     
  11. Ockie

    Junie 8, 2012 at 10:17 vm

    Goeiemore al die mense, ons is oppad Zambia toe om daar op die platteland te gaan sendingwerk doen. Daar is elektiesiteit maar nie baie betroubaar nie. Ons wil ‘n bakoond daar loop bou.
    Het iemand dalk die afmetings of self ‘n mooi kieikie van ‘n outydse bakoond?

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 137 other followers

%d bloggers like this: