RSS

Brie en Bessies

29 Mar

Ek eet met my oe.

En as ‘n bessie uitdagend op ‘n stuk kaas kom flirt, is ek sommer dadelik rasend van die honger!

Gryp ‘n brie of cammembert kaas uit die yskas – so ‘n uur voor jy die gevriesde bessies uit die vrieskas haal.

Die kaas moet so drup en loop en praat met jou spoegkliere as jy dit deursny.

Neem ‘n pan, en gooi ‘n handvol bessies per eter in.  ‘n Groot lepel heuning oor die bessies, en al wat kort is die hitte wat die bessies moet ontvries en deurwarm maak.

Skep die bessies bo-op die kaas, en bedien met koue borrel-wyn.  Voorgereg, nagereg, enige gereg.  Ek is nie hier om vir jou te vertel nie, ek stuur jou net in die regte rigting…

Die bessies sal jy vind in die winkel se vrieskaste – neffens die roomyse.  En as daar nie is nie, kan jy altyd jou stem dikmaak en aandring daarop.

 
6 Kommentaar

Posted by op Maart 29, 2010 in Lekker maklike kos, Skoor kook oor!

 

6 responses to “Brie en Bessies

  1. Nikita

    April 3, 2010 at 11:58 vm

    OEeeee! Njam!! Dit lyk te heerlik! Ek gaan iemand stuur vir druiwekonfyt…sy’t ‘n boodskap gelos op my resepte-bladsy. Ek hoop jy kan haar help, Skoor! Dankie!

     
  2. Nikita

    April 29, 2010 at 9:04 nm

    Skoor, weer ‘n reseppie wat iemand soek…ek gee hom jou bloglink. Hy soek ‘n bruinpoeding wat “gou” gaan, sy ma se resep is 1uur en hy het nie daardie geduld nie.🙂

     
  3. Skoor

    April 30, 2010 at 10:42 nm

    Nee jimmil vriendin! Ek ken geen poeding wat bak in ‘n kits nie. Jy het vir die leser gejok toe jy gese het ek kan help!!!
    😆

     
  4. Nikita

    Mei 2, 2010 at 2:46 vm

    lol! Jy is mos iemand wat enigiets kan optower…wat van ‘n vinnige mikrogolf-ene…🙂

     
  5. Skoor

    Mei 4, 2010 at 8:42 vm

    😯 Nikita! Mikrogolf nogal! Ek belowe as ek iets raakloop, sal ek verseker dit plaas. Met groot fanfare. Maar ‘n 5 minute poeding proe mos nie soos ‘n behoorlik deurgebakte skepping nie?

    Nie eers met ‘n stewige brannewyn sousie en hope tuis vla nie!

     
  6. Nikita

    Mei 4, 2010 at 11:21 nm

    lol! ek moet se ek stem nogal saam met jou. Hey, moenie vla noem nie, dis een ding waaroor ek dood gaan! effe dun en warm!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: