RSS

Refried Beans – laag in GI

30 Apr

As jy genoodsaak word om die lae GI dieet te volg, wissel die bone af met bone!

Jare terug het ek refried beans gehad in ‘n restaurant, maar hulle maak dit nie meer nie.  Daarom wend ek myself tot myself, en hier volg my eie weergawe van die immergewilde refried beans.

Neem ‘n blikkie bone, red kidneys of enige ander donker boon.  Spoel die bonesous af, en verhit olyf olie in ‘n pan.  Gooi die bone in, en druk fyner met ‘n houtlepel.  ‘n Knippie chillievlokkies en ‘n fyngerasperde huisie knoffel in die pan, en roer is al wat oorbly.  Die idee van refried beans is om dit droog te kook.  Die bone teen die kant, maak ‘n droe randjie.  Dis perfek.  Roer dit in, en hou aan tot daar lekker droe stukkies tussen-in is.

Geur met sout en peper na smaak.

Eet net so, of eet dit in tacos of toegerol in ‘n wrap saam met gerasperde kaas en tamatie. 

Hierdie resep is ook beskikbaar op sommige winkels se rakke – in ‘n blikkie, teen meer as R30 stuk!  Wragtag ‘n daglig diefstal poging.  Fyn boontjies, ingevoer van oorsee.  Jy kan dit dus koop.  As jy geld het om te mors.  Tuisgemaak neem dit egter 10 minute maksimum.  Lekker eet.

 
3 Kommentaar

Posted by op April 30, 2010 in Lekker maklike kos

 

3 responses to “Refried Beans – laag in GI

  1. kaneelsuiker

    Mei 1, 2010 at 11:24 vm

    Ons praat Mexican cuisine… please sir, may I have some more!
    Refried black beans – wenner!
    Geagte lesers, julle moet luister na hierdie vrou.

     
  2. Skoor

    Mei 4, 2010 at 9:07 vm

    Kaneel, jy sal enige vrou se hart laat tjoklits pomp met so ‘n lofsang!

    Jy het seker nie Mexican Kitchen in Stellies beleef nie? Daar waar Black Bull WAS, regoor die Dros in die quad? Nou daar ne, kon jy Mexican eet en drink dat jy vlot twak gepraat het aan die einde van die aand!

    Mmmm, tamatiesmoor met eiers in… Chillipoppers met ‘n doopsous van roomkaas en bone! Ek raak sommer vroegmore heel nostalgies oor die goeie ou dae.

     
    • kaneelsuiker

      Mei 4, 2010 at 2:15 nm

      Ek het wel die Mexican Kitchen in Table View beleef. Seker dit is dieselfde franchise. Vir my 16de verjaardag het ek versoek om soontoe te gaan en my eerste Margaritas daar gedrink. Baie nostalgies…

      Toe die Kitchen toemaak, het die main chef na Buena Vista Social Café by Tyger Waterfront gegaan. Daar maak hulle Cuban cuisine, ook iets om oor huis toe te skryf. Hierdie franchise het toe uitgebrei en daar sit nou een tussen Somerset Wes en Stellenbosch langs R44. Heerlike kos/cocktails/vibes en goeie diens daar. Vir my 21ste soontoe gegaan😉

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: