RSS

Toffie Appels

16 Aug

Die kind in sommige van ons, soos XP, vra vanoggend vir ‘n toffie appel waarop ‘n stopsel uitgebyt kan word, of waarin ‘n stel valstande ewe parmantig kan agterbly!

Sit af groentewinkel toe, en koop 15 appels (want die bure se kinders gaan ook wil he as jy krul van die maagpyn en hulle dit fassinerend vind)

En natuurlik 15 stokkies.  Sosatiestokkies, roomys stokkies, enige stokkie wat daai suiker bal gaan kan regop hou in jou hand.

Was die appels, droog af, en druk die stokkies in waar die stingels op ‘n tyd was.

Neem 2 koppies suiker en 190ml water, en los die suiker daarin op.  Natuurlik in ‘n kastrol op die stoof met die plaat aan.  0.5ml sout en 125ml gouestroop daarby, en jy kan staan en roer met jou ma se houtlepel waarmee jy so lekker pak gekry het in die dae toe kinders nog kon pak kry.

Nou toets jy daai stroop as die dinge begin warm word (so by die 140 grade celcius) – gooi ‘n druppeltjie in ‘n glas water, en as die stropie kraak, is dit gereed om die appels te omhels!

Gooi ‘n skeutjie kleursel van jou keuse by, meng deur en doop die appels in die sous.  Kantel die pot dat jy maklik alles kan bedek.

Laat die ergste stroop afdrup, en sit stokkies in die lug neer op gesmeerde waspapier sodat hulle kan hard word.

Wat meer kan ek seg?  Breek ‘n tand??  Mors voort??  Ek kan nie onthou wanneer ek laas ‘n toffie appel vasgebyt het nie.  Miskien IS dit weer tyd om kind te word.

Boonop het die boere ons ondersteuning nodig – gaan dadelik en koop ‘n sakkie katballetjie appeltjies by Fruit & Veg.  Die varkkos word mos deesdae verpak en ten duurste verkoop.  Skande!  Ek gaan nie begin deur te vertel hoeveel die arme produseerder aan die einde van die dag kry vir daardie albastertjies wat die winkels ryk maak nie…

 
11 Kommentaar

Posted by op Augustus 16, 2010 in Skoor kook oor!

 

11 responses to “Toffie Appels

  1. Xena Phoenix

    Augustus 16, 2010 at 11:15 vm

    Ek het die stoof, pot, suiker en appel by die werk. Net daardie oopsie van goue stroop. Ek kon nou al ‘n toffie appel gehad het as dit nie daaroor was nie.

     
  2. anne-marie

    Augustus 16, 2010 at 1:45 nm

    Waar kan mens toffieappels koop in Sbos? Hierdie hierbo klink net na te veel werk en jy het my nou lus gemaak🙂

     
  3. Skoor

    Augustus 16, 2010 at 1:57 nm

    NeeNeeNee, nou push jy biki jou luck girl!

    Gaan probeer by Cupcake onder in Dorpstraat, anders gaan eet jy sommer net koek by Mila. Dis net so lekker!!!

    Mind you, die Spar is deesdae redelik op die ball. Bel gou Simonsrust en Die Boord s’n en vra. Miskien kan hulle jou laat eet voor die son sak!

    En die kleursel XP? Of gooi jy sommer tippex in vir ‘n wit appel😆

     
  4. Jayde

    Augustus 16, 2010 at 3:47 nm

    Kan iemand vir my die resep van die klei vir kinders kry – maar nie die sout een nie – daar is ‘n ander een wat hulle kan eet.

     
  5. Skoor

    Augustus 16, 2010 at 3:53 nm

    Nee sorry Jayde. Ek ken nie daai een nie. As jy hom kry, deel dit met my dat ek dit kan plaas?

    (Is dit nie maar gewone koekie deeg nie?)

     
  6. Chess

    Augustus 16, 2010 at 5:50 nm

    Skoor! Jy moenie ‘n mens op ‘n Maandag SO lus maak nie, dis unfair!🙂

     
  7. Remona Venter-Pieters

    April 25, 2012 at 11:05 vm

    Hoop jy kan my help, ekt toffie appels gemaak vir ‘n verjaarsdag en nou smelt die toffie af? dit was 2 dae gelede gemaak en is in verpak in selofaan

     
    • Remona Venter-Pieters

      April 25, 2012 at 11:06 vm

      Dis nogal dringend!

       
      • Charl Marais

        Oktober 17, 2012 at 10:16 vm

        Ongelukkig maak toffie appels maar so, veral as die humiditeit hoog is. Ek vind dat dit help om kleef plastiek rondom die selofaan te draai om vog uit te hou. Hou ook die appels koud want die vog binne die appel sweet uit as dit warm is en sal ook die toffie af smelt.

         
  8. Skoor

    Mei 3, 2012 at 8:18 vm

    Jammer Remona, nie altyd tyd om hier te kom loer nie. Hoop jy het reggekom.

     
  9. Charl Marais

    Oktober 17, 2012 at 10:19 vm

    Hier is ‘n resep vir die klei. Nogals lekker want dit word hard as jy dit laat uit droog, so jy kan hulle kunswerke vir jare hou as jy wil.

    Eetbare speel klei

    2 koppies koeksoda,
    1 koppie mielieblom,
    1 1/3 koppie warm water,
    koek kleursel,
    kleurlose naellak of spuitverf (optioneel).

    Meng koeksode en mielieblom in ‘n pot. voeg die water by en roer tot glad. Sit die pot op medium hitte en bring tot kookpunt. Kook terwyl dit aanhoudend geroer word tot die mengsel soos kapok aartappels (mash) lyk.

    Gooi die klei uit die pot uit op waspapier of ‘n snybord en laat afkoel tot dit nie meer die hande brand nie.

    Deel dit in stukke op en sit ‘n paar druppels koek kleursel op elk. Knie dit goed met die hande. (Handskoene help dat jy nie jou hande ook kleur nie.)

    Maak seker dat dit in ‘n lugdigte houer in die yskas gehou word.
    As die kinders iets mooi gemaak het kan dit buite gelos word om droog en hard te word en kan dan later geverf word of met vernis of kleurlose nael lak geseel word.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: