RSS

Nog ‘n hoender vir more se ete

30 Aug

Vanaand se hoender is more eers in die maag. 

Lekker vir ‘n koue ete met slaaie, of om uit te pluis vir ‘n pastei of hoender en mayo broodjies of om sommer net te kyk of die resep kan werk.

Sit jou Boerebenoudheid in jou sak, skud jou lokke reg, en begin met ‘n groot pot waarin jou heel hoender gemaklik kan le.  As jy dit pote en al insit, wees sterk.  Ek koop winkel hoender, en dink as ek sal moet begin slag, raak ek eerder ‘n plantetende dier!

Hoender in die pot?  Skeut ‘n handvol sout, skeut ‘n handvol suiker in.  Sap van ‘n suurlemoen hierby.  Nou slaan jy ‘n stuk gemmer so lank soos jou duim lekker stukkend, en ‘n hele 3 huise knoffel, ook fyngevoeter, hierby in.  ‘n Paar stukke lemongras, baie fyn geslaan, en ‘n paar naeltjies en ster anys knoesel, en jy is amper daar…

Nou vat jy kraanwater, bedek die hoender, en sit hitte onder die pot se stert.  Bring die water tot kookpunt met die deksel AF.  As die water om daai hoender dans soos dolfyne wat sardyne bestorm, dan tel jy tot by 1800 (of stel sommer net die horlosie vir 30 minute) en DAN SIT JY DIE STOOF AF, en sit die deksel OP.

Gaan klim in die bed, en more oggend haal jy vir hoender uit die koue water, sit haar in ‘n roomys bak, en in die yskas, en vanaand kom sit jy allerhande slaaisels om haar lyf neer, en bedien met ‘n growwe brood.  Of jy gaan mal en bak hoenderpastei of maak ‘n pasta met hoendervleisies (maar jy gaan al die sappige geure mis hoor)

Eet jou eerste hoender dus met so min moontlik sterk bykosse, sodat jy kan proe hoe lekker so ‘n kiep kan wees.  En sterkte met die pote as jy dit voetstoots gekook het!

Onthou dat jy die hoender se water kan gebruik as hoender aftreksel – sorg net dat jy die kruie en speserye verwyder.  En kook iets wat nie te veel gaan bodder as dit ‘n ligte tintsel van lemongrass op die tong gaan he nie!

 
3 Kommentaar

Posted by op Augustus 30, 2010 in Lekker maklike kos

 

3 responses to “Nog ‘n hoender vir more se ete

  1. Ingrid Marais

    Augustus 31, 2010 at 11:31 vm

    Great idee, raai wat eet my mense Sondag?

     
  2. Bella

    Augustus 31, 2010 at 1:12 nm

    My mense ook. Thanks ek het myne nog nooit so gaar gemaak nie. Ek weet dit gaan ñ wenner wees.

     
  3. johanna79

    September 11, 2010 at 10:43 vm

    skorie, hoe water my mond dan nou… ek werk op n hoender plaas en is besig om n hoender resepte boek saam testel, gee jy om as ek jou reseppie leen???

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: