RSS

Daai tamatieboontjies uit die Kombuis

16 Nov

Uiteindelik het ek die moed bymekaar geskraap en op die eerste warmste dag van die lente/somer oorgang in die Kaap, die bakoond opgestart om my tamatieboontjies te probeer.  Ja, ek oorweeg ook om myself te laat toets vir breinskade!

Daar is 3 maniere waaraan ek nou sommer vinnig kan dink, nee, 4, om hierdie dis gaar te maak, so luigeit sal jou enigste verskoning kan wees.  En julle wat nie kan kosmaak nie, kan tog seker blikkies oopmaak??

Week die bone wat jy wil gebruik oornag in water.  Of gebruik blikkies bone.  Een blikkie bone per eter.  Een blikkie fyn tamaties per 2 eters.  1 Pakkie tamatiepasta per 2 eters.

Neem ‘n groot wortel, en rasper haar sommer.  Klere en al.  Trek net die skoene uit en haal die pruik af.  En was die stof van haar lyf.  Neem ‘n seldery stingel en sny in klein blokkies.  Neem ‘n ui, en sny ook klein.  Gooi in ‘n pot met olyfolie op die bodem.  Gooi bo-op die bone, gevolg deur die tamaties en -pasta, asook ‘n goeie klomp knoffel.  Vars natuurlik.  Uit die huis gejaag en met ‘n mes bygekom.

Neem ‘n koppie groente aftreksel (droog of vars) en bedek die pot se inhoud. 

Druk in ‘n 180 grade celcius oond vir 2-3 ure.  Sit op die stoof en kook vir 2 ure.  Druk dit in die bakoond vir 2-3 ure.  OF…. maak dit in jou driebeenpot buite op die vuur soos met potjiekos!

Hoe dit ookal sy, kry die bone stadig gaar.  As die bone reeds gaar was, kry die tamaties gaar en die sous dikker en ryker en rooier.  Dis nogal stadige kos met min moeite!  Kyk net dat die pot nie brand op die stoof nie.

Net voor dit afgehaal moet word, gooi jy ‘n handvol vars tiemie in, geur met sout en peper, en natuurlik ‘n teelepel suiker om die tamaties se zing net terug te klits in sy kassie.

Eet dit net so.  Of met parmesaan kaas oor (dis verspot lekker).  Of as die bone al die aftreksel en souse opgeslurp het, en daar is lekker min sous, maar baie geur, kan jy dit op mash of pasta bedien.  Of met braaivleis.  Die opsies is eindeloos.  Moet ek dit alles uitspel?

Die brawes onder ons…gooi ‘n birdseye chilli reg aan die begin by.  Moet hom nie weer soek nie – jy sal hom nie kry nie.

Die is nogal lae GI, en dis net proteiene, vir dies wat op daardie dieet is.

ONTHOU:  ‘n BEHOORLIKE TAMATIE DIS, SE TAMATIES MOET SOMMER KOOK SODAT DIE GEURE KAN ONTWIKKEL SOOS ‘n DONKER MISTERIEUSE ROOIWYN.  TJOEF-TJAF WERK NIE VIR ‘n TAMATIESOUS WAARMEE JY WIL IMPRESS NIE!  En jy hoef nie altyd geblikte tamaties te gebruik nie.  Vars tamaties werk net so goed.

 
10 Kommentaar

Posted by op November 16, 2010 in Lekker maklike kos

 

10 responses to “Daai tamatieboontjies uit die Kombuis

  1. Bella

    November 17, 2010 at 9:14 vm

    Sit en giggel ek hier oor die wortel wat nie ontklee moet word nie , behalwe die skoene en pruik.

     
  2. Nikita

    November 29, 2010 at 9:24 nm

    Skoor, ek stuur iemand van my af na jou – die vrou is op soek na ‘n resep om aartappels in te lê en hoe om vye te droog. Ek hoop sy kom terug om die boodskap te lees wat ek vir haar los.🙂

     
  3. Skoor

    November 30, 2010 at 8:38 vm

    O jissie Nikita, ek het nog nooit van ingemaakte ertappels verneem nie. En nog minder van vye droog. Daai is nou ‘n taai toffie!

    Bly jy het die koek opgespoor.

     
    • Nikita

      November 30, 2010 at 8:59 vm

      Hi Skoor, dankie. Hier by ons kry jy aartappels geblik, maar ek het geen idee van ‘n resep nie – ook nie voorheen geweet jy kan dit doen nie.🙂

       
  4. Nikita

    Desember 1, 2010 at 10:53 nm

    Skoor, het jy ‘n eier-vrye koekie resep? – Die soetkoekies wat ek met die kinders wil maak moet eiervry wees. As ek dit wil maak en nie eiers mag gebruik nie, wat stel jy voor in die plek van eiers? – lank terug het ek ‘n vriendin gehad wie se man erg [soos in erg] allergies was vir eiers en sy het ‘n eierlose pannekoekresep gehad [ sy oë het toegeswel as daar net eiers in iets gebruik was, al was hy nie naby toe dit gebak was nie]. Die kinders vir wie ek skoolhou, eet mos nie vleis-en verwante produkte nie. Nou sit ek met my hande in my hare – help seblief. [as jy kan] anders is ek verplig om iets anders te maak. Dankie!

     
  5. Ralda

    Mei 9, 2011 at 9:51 vm

    Hi Skoor,
    Weet jy dalk hoe om pepperdews in te lê?

     
  6. Skoor

    Mei 9, 2011 at 10:33 vm

    Natuurlik Ralda! Junie 2009 is ‘n resep geplaas. Kyk hier regs bo op die blad is ‘n SOEK blokkie…. tik daar peppadews en jy sal reguit na die resep vlieg.

    Soek jy my adres vir die sample?
    😆

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: